Bernard Lombaard is, ná proewe verlede naweek, weer gekies vir die Westelike Provinsie se GojuKai-karatespan.

Bernard het in graad 3 begin met Goju Kai-karate en was reeds verlede jaar ‘n lid van die Suid-Afrikaanse GojuKai-karatespan. Hy het in Oktober 2017 in Vancouver, Kanada aan die Goju Kai-Wêreldbyeenkoms, wat elke 4 jaar gehou word, deelgeneem. (Divan Rossouw, wat toe nog in ons skool was, was ook deel van die span.)

Die Suid-Afrikaanse Goju Kai-karate kampioenskappe word vanjaar in September in die Wes-Kaap gehou. Bernard sal aan hierdie toernooi as lid van die WP-span deelneem en sal aan beide kumite en kata deelneem. Kumite is gevegte tussen 2 deelnemers, en kata is ‘n spesiale volgorde van spesifieke bewegings, wat gevegte simuleer. Dit moet baie presies uitgevoer word. Baie geluk en sterkte met die voorbereiding Bernard!