Wiskunde
Hoërskool Jan van Riebeeck se Wiskunde-ster, Emil van der Walt, is pas opgeneem in die SA-Wiskundespan wat van 7-14 Julie in Roemenië aan die Internasionale Wiskunde Olimpiade gaan deelneem.
Die span bestaan uit slegs 6 lede. Dis ‘n fantastiese prestasie.
Emil is ‘n oud-JVR laerskoolleerder.

 

 


Netbal

Vier van ons leerders is verkies tot WP-netbalspanne:
Kayla Redgard (o.15), Lydia-Marie Erasmus (o.17), Lihle Godongwana (o.19) en Amy Atkins (o.19).
Hulle neem almal eerskomende naweek aan die Weskaap-proewe in Hermanus deel.

Amy (links) is deel van die SA-skolespan wat later vanjaar in Australië gaan deelneem.