Die wenklas van ons Eco-brick kompetisie was Graad 5 Stofberg. Baie geluk julle! Hulle kon Woensdag 2 Mei almal sivvies dra en ontvang ook elkeen ‘n Cadbury Fairtrade sjokolade.
Fairtrade is ‘n etiket wat aandui dat landbou-produkte op ‘n etiese manier geproduseer is, bv. dat daar nie kinders op die plase werk nie en dat werkers onder veilige werksomstandighede werk. Dit beteken ook dat die boere wat die gewasse kweek, ‘n regverdige prys ontvang. Cadbury’s koop die kakao en suiker wat gebruik word om die sjokoladestafie te maak, by Fairtrade gesertifiseerde boere, daarom kan hulle die Fairtrade merk op die sjokolade gebruik. As ons Fairtrade produkte koop, maak ons ‘n bydrae tot armoede verligting regoor die wêreld.
Ons wil graag aan die Lombaard gesin (Alexa, Juliette en Bernard) baie geluk en baie dankie sê – hulle het 27 eco-bricks volgemaak! Dankie ook aan Juffrou Baird wat al die Gr 6 en 7 leerders betrek het deur vir hulle eco-bricks as NWT opdrag te gee.
Ons Jannie van die Week is Pierre-Jaque Smit in Graad 2. Dankie dat jy so fluks herwin – geniet die R100 Col’Caccios geskenbewys.