Ons eerste ligawedstryde het Woensdag, 9 Mei, teen Laerskool Milnerton begin. Ten spyte daarvan dat nie al ons netbalspanne gespeel het nie, was dit vir ons ‘n lekker begin.
O/9 Oranje 15 – 3 (wen)
O/10A 14 – 5 (wen)
O/11A 5 – 2 (wen)
O/12A 18 – 0 (wen)
O/13A 10 – 9 (wen)
Ons speel volgende Woensdag, 16 Mei, tuis teen Table View. Die meeste van ons spanne behoort te speel, so voltooi asb die vorms sodra u dit ontvang.