Laerskool Jan van Riebeeck Nuus

Liewe Ouers,

Datums

Vrydag, 11 Mei 2018 Gr.4: Studiemetodes

Vrydag, 11 Mei 2018 Skaak 2 Highlands

Saterdag, 12 Mei 2018 Sporttoernooi (Fanie Theron)

Saterdag, 12 Mei 2018 Rugby @ Fanie Theron (slegs 0/11) WEG

Dinsdag, 15 Mei 2018 Eisteddfod solosang

Woensdag, 16 Mei 2018 Rugby @ Milnerton TUIS

Woensdag, 16 Mei 2018 Netballiga Tableview

Woensdag, 16 Mei 2018 Eisteddfod solosang

Vrydag, 18 Mei 2018 Eisteddfod solosang

Vrydag, 18 Mei 2018 Eisteddfod voordrag

Saterdag, 19 Mei 2018 Dapper Stappers

Saterdag, 19 Mei 2018 Eisteddfod voordrag

Sondag, 20 Mei 2018 Anike (assistent) verjaar

Woensdag, 23 Mei 2018 Rugby @ Milnerton (TUIS)

Woensdag, 23 Mei 2018 Gr. 6: Wemmershoek-kamp

Woensdag, 23 Mei 2018 Netballiga Goodwood Park

Woensdag, 23 Mei 2018 Blikkie&Broodjiedag: Gr 5S

Vrydag, 25 Mei 2018 Sivvies

Vrydag, 25 Mei 2018 Semi-Finaal Redenaars

Vrydag, 25 Mei 2018 Skaak @ St.Cyprians

Saterdag, 26 Mei 2018 Sportdag

Saterdag, 26 Mei 2018 Rugby @ Goudini (FD Conradie te Goudini)

Sondag, 27 Mei 2018 Deon (onderwyser) verjaar

Dinsdag, 29 Mei 2018 Izél en JC (juffrouens) verjaar

Woensdag, 30 Mei 2018 Rugby @ Sunningdale (WEG)

Woensdag, 30 Mei 2018 Netballiga Curro Century City

Donderdag, 31 Mei 2018 Charlene (juffrou) verjaar

Donderdag, 31 Mei 2018 Ellerton Primary Entrepeneursdag

Vrydag, 1 Junie 2018 Skaak @ Weizmann

Saterdag, 2 Junie 2018 JvR se veilingsdinee

Maandag, 4 Junie 2018 Gr. 7 Eksamen begin

Dinsdag, 5 Junie 2018 Saal: Leerlingraad

Woensdag, 6 Junie 2018 Gr.4-7 Eksamen begin

Woensdag, 6 Junie 2018 Blikkie&Broodjiedag: Gr 5VDB

Donderdag, 7 Junie 2018 Seniorkoor-onderhoude met KYKnet

Vrydag, 8 Junie 2018 Skaak @ Deutsche Schule

Saterdag, 9 Junie 2018 Seniorkoor KYKnet-opname



>> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK <<

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Skooldrag

Baie van ons leerders kom nie met die korrekte winterdrag skool toe nie. U as ouers moet asseblief toesien dat die leerders die korrekte skooldrag skool toe dra .

Sportdrag

Ons skool het pragtige sportdrag, maar dit lyk baie sleg as een of twee spelers nie die korrekte sportdrag dra nie. Die afrigters het ook opdrag gekry om nie spelers op die veld of baan toe te laat wat nie die korrekte sportdrag aan het nie. Ons wil trots wees op ons kinders en natuurlik op ons skool!

ALGEMEEN

Ons nuwe bus, die Steyntjie, is vandag met groot opwinding bekendgestel. Die bus is vernoem na mnr. Steyn wat die skool se bus al vir 20 jaar lank ry. Die nuwe bus het sitplekgordels vir al die sitplekke en is vrolik versier met ons skool se naam en leuse.

Baie dankie aan almal wat die aankoop van die bus moontlik gemaak het.

Die wenklas van ons Eco-brick kompetisie was Graad 5 Stofberg. Baie geluk julle! Hulle kon Woensdag 2 Mei almal sivvies dra en ontvang ook elkeen ‘n Cadbury Fairtrade sjokolade.

Fairtrade is ‘n etiket wat aandui dat landbou-produkte op ‘n etiese manier geproduseer is, bv. dat daar nie kinders op die plase werk nie en dat werkers onder veilige werksomstandighede werk. Dit beteken ook dat die boere wat die gewasse kweek, ‘n regverdige prys ontvang. Cadbury’s koop die kakao en suiker wat gebruik word om die sjokoladestafie te maak, by Fairtrade gesertifiseerde boere, daarom kan hulle die Fairtrade merk op die sjokolade gebruik. As ons Fairtrade produkte koop, maak ons ‘n bydrae tot armoede verligting regoor die wêreld.



Ons wil graag aan die Lombaard gesin (Alexa, Juliette en Bernard) baie geluk en baie dankie sê – hulle het 27 eco-bricks volgemaak! Dankie ook aan Juffrou Baird wat al die Gr 6 en 7 leerders betrek het deur vir hulle eco-bricks as NWT opdrag te gee.

Ons Jannie van die Week is Pierre-Jaque Smit in Graad 2. Dankie dat jy so fluks herwin – geniet die R100 Col’Caccios geskenbewys.

Parkfields Primary in Hanover Park, het op 26 April Wêreld Boekedag gevier met koorsang, voordrag en boekvoorlesings.



Ons ouers en leerders het wonderlik gereageer op ‘n beroep om boeke te skenk vir hierdie behoeftige skool.



Ons kon 13 bokse Afrikaanse en Engelse boeke aan die Parkfields oorhandig. Baie dankie vir hierdie pragtige gebaar.

AKADEMIE

Dit is heerlik om te sien hoe baie ekstra wiskunde ons leerders by die huis doen. Daar is besonder baie leerders wat na ure aan die Mathletics program deelneem. Dit help ons leerders om beter te presteer. Die top 3 leerders wat die meeste punte verlede week op Mathletics verower het is:

Daniel van Reenen – 7023 punte

Milan Eygenberger – 3924 punte

Alexander de Jong – 3120 punte

Baie geluk Daniel, jy is die Mathlete van die week!

Veertien van ons leerders neem eerskomende Saterdag deel aan die tweede ronde van die Horizon Wiskundekompetisie. Hierdie kompetisie word slegs in Engels aangebied. Die leerders het alreeds puik presteer om te kwalifiseer vir die tweede ronde.

Die leerders wat deelneem is :

Graad 5: Stella Malan en Armand Meyer Graad 6: Alexander Newton, Daniel Loots, Anna van Biljon, Dawid Adler en Peet Karsten Graad 7: Benjamin Pienaar, Stef Mostert, Ethan Brits, Henry Malan, Gerard Snijders, Chris Scott en Christiaan Stimie. Ons wil vir elke leerder sterkte toewens en hou vir elkeen duimvas!

Alle leerders vanaf graad 4-7 skryf vandag die eerste rondte van die SAMF-Wiskundekompetisie. Leerders wat meer as 50% in die eerste rondte kry, gaan deur na die tweede rondte. Sodra alle vraestelle klaar gemerk is, sal ons die leerders bekend maak wat na die volgende rondte toe deurdring. Sterkte aan almal.

---

KULTUUR

Die Sang Eisteddfod vind volgende week by Rustenburg Laerskool in Rondebosch plaas: 15, 16 en 18 Mei.

Leerders wat ingeskryf is, het reeds briefies met inligting ontvang.

Liewe Jannies en Ouers

Ons jaarlikse Eisteddfod vind volgende naweek plaas en ons kan nie meer wag nie! Ons glo al die Jannies is al hard aan die oefen en reg om ons asems weg te slaan met hul talente. Net ‘n paar finale reëlings:

Alle ouers en toeskouers moet agter op die veld parkeer.Daar sal op verskeie punte aansteekborde met aanwysings na die lokale wees, sowel as programme met die tye. Alle leerders moet asseblief betyds vir hul items opdaag. Leerders het reeds in die eerste week van Kwartaal 2 hul lokaal, dag, tyd en beoordelaar ontvang. Indien u kind dit misplaas het, kontak gerus vir juf. Schultz per e-pos lizemari@jvrprim.co.za

Die Gr.6 leerders wie se gedig en lees op dieselfde tyd was, se lees skuif na 14:30 in Lokaal F by Deon Lotz. Dankie vir almal se harde werk.

Onthou om voor of op Maandag, 4 Junie vir Jannies Talent in te skryf!

Kostes beloop R100 per leerder en R150 per groep.

Vorms is by juf. Groenewald beskikbaar.

SPORT

Peet het die langnaweek deelgeneem aan die SA Interpro byeenkoms in Bloemfontein as deel van die WP span. Die WP span het algeheel tweede geeïndig (hulle het net-net teen Boland in die finaal verloor).

Peet het al sy enkelwedstryde gewen en dus ‘n baie goeie toernooi gehad, maar ongelukkig nie die SA-span gehaal nie. Dit is nog steeds ‘n ongelooflike prestasie om die Interpro span te haal – wel gedaan Peet!

Peet staan in die agterste ry heel regs.

Ons skaakspelers het die skaakseisoen behoorlik afgeskop met ‘n 7-0 oorwinning teen Laerskool Kampsbaai op Vrydag 4 Mei.

Ons is so trots op Emma Snijders (Gr. 1 DJ) wat bereid was om in te staan op die laaste oomblik. Sy het teen ‘n heelwat ouer teenstander gespeel en gewen!!

Die rugbyseisoen het Woensdag 9 Mei afgeskop. Al ons spanne vanaf 07 – 0/13 was in aksie en ons spelers het spoggerig gelyk in hulle rugbytruie.

Al ons spanne het pragtig gespeel en nie een span het verloor nie. Hier is die uitslae:

0/7 wen 15-5

0/8 wen 20-5

0/9 wen 30-5

0/11 wen 22-0

0/13 wen 14-12

Dit is ‘n uitstekende begin vir die seisoen. Ons wens vir elke span alle sterkte toe vir die wedstryde wat voorlê.

Volgende week speel ons tuis teen Milnerton. Hulle het ongelukkig net 0/9 – 0/13 spanne. Ons sal ons bes probeer om vir die 0/7-0/8 spanne ook ‘n wedstryd te reël. Alle inligting rakende die wedstryd sal d.m.v. google forms, aan alle ouers wie se kinders speel, gestuur word.

Netbalwedstryde teen Milnerton

Ons eerste ligawedstryde het Woensdag, 9 Mei, teen Laerskool Milnerton begin. Ten spyte daarvan dat nie al ons netbalspanne gespeel het nie, was dit vir ons ‘n lekker begin.

O/9 Oranje 15 – 3 (wen)

O/10A 14 – 5 (wen)

O/11A 5 – 2 (wen)

O/12A 18 – 0 (wen)

O/13A 10 – 9 (wen)

Ons speel volgende Woensdag, 16 Mei, tuis teen Table View. Die meeste van ons spanne behoort te speel. Voltooi asb die vorms sodra u dit ontvang.

---

Kliek HIER vir advertensies van die week

When nothing is certain, anything is possible.

– Margaret Drabble

Vriendelike groete

J.H. Oosthuizen

SKOOLHOOF

Laerskool Jan van Riebeeck
Kloofstraat 52, Tuine, Kaapstad, 8001
021 423 4209