Baie dankie vir almal se ondersteuning gedurende die wedstryde teen Laerskool Table View. Ons het heerlike weer gehad en dit was nog lekkerder vir al ons spelers omdat die meeste van die spanne kon speel. Die uitslae is soos volg:
O/9 A 8 – 2 (wen)
O/9 B 0 – 6 (verloor)
O/10 A 6 – 4 (wen)
O/10 B 5 – 8 (verloor)
O/11 A 5 – 5 (gelyk)
O/11 B 3 – 3 (gelyk)
O/12 A 19 – 7 (wen)
O/12 B 6 – 1 (wen)
O/13 A 8 – 9 (verloor)
O/13 B 9 – 7 (verloor)
Ons herinner almal daaraan dat ons nie die O/7 en O/8 uitslae publiseer nie, want die fokus van hierdie wedstryde is deelname en spelers wissel ook gereeld posisies.
Ons speel volgende week teen Laerskool Goodwood Park tuis. Hulle behoort ook vir die meeste van ons spanne opponente te stuur. Die e-pos vir hierdie wedstryde sal binnekort gestuur word.