Skoolfoto’s
Die laaste dag vir fotobestellings is volgende Vrydag, 26 Oktober. Indien jy die bestellingskoevert verloor het, gaan asb. na die fotograaf se WEBTUISTE (Lunchbox Photography) en bestel die foto’s direk daarop.
Lees VerderDie laaste dag vir fotobestellings is volgende Vrydag, 26 Oktober. Indien jy die bestellingskoevert verloor het, gaan asb. na die fotograaf se WEBTUISTE (Lunchbox Photography) en bestel die foto’s direk daarop.
Lees VerderEmil van der Walt (graad 11) en Carla van der Merwe op die rooitapyt by die Bokkie-toekennings wat laasnaweek by Grand West gehou is. Emil was een van 4 leerders landwyd wat voor die skare van 5 000 verskyn het as genomineerde in die “Skole Uitblinker van die Jaar”-kategorie. Hy maak ons...
Lees VerderDie Kaperjolle was ‘n dag waarna ons almal uitgesien het. Teen Vrydag het almal asem opgehou, want die Suid-Ooster wou maar net nie gaan lê het nie. Dit was egter steeds ‘n ongelooflike Kaperjolle Saterdag vir ons onderwysers, ouers en Jannies. Ons kon nie vir n beter dag gevra het nie ! Baie dankie aan elke liewe persoon wat deel was van die dag se groot sukses. Dankie vir al ons potjiekoskompetisie deelnemers, ons ouers wat ekstra potjies gemaak het, bydraes en skenkings gegee het, uitgehelp het met die diensbeurte, en dan aan almal, oud en jonk, wat saamgekuier het. ‘n Spesiale woord van dank aan ons beoordelaars, ‘Erick & Daneel Duo’ vir hulle musiek, Lloyd van Dogzcool vir die hondevertoning en ons pannekoek-, aartappel-draaistokkies- en koffieverskaffers. Baie dankie ook aan Hannes Muller en sy span vir die terrein opstel en skoonmaak, Suzaan Burger en Lou van Dyk vir die kommunikasie en Marili Basson wat na die finansiële kant omgesien het. Daar het ‘n paar items agtergebly op die veld wat by Ontvangs ingehandig is. Ons sien uit na volgende jaar se Kaperjolle! Laerskool Jan van Riebeeck...
Lees VerderLaerskool Jan van Riebeeck Nuus Liewe Ouers, Datums Vrydag, 12 Oktober 2018 Gr.6:Lead4Life KLUBHUIS Vrydag, 12 Oktober 2018 Witrokdag, Hoërskool Saterdag, 13 Oktober 2018 Tweekamp Liga 2 BY HOëR-EN LAERSKOOL JVR Saterdag, 13 Oktober 2018 Swem: Distrik pre-proewe Saterdag, 13 Oktober 2018 Kaperjolle CONRADIEVELD Maandag, 15 Oktober 2018 Gr.7K: Geskiedenisuitstappie Dinsdag, 16 Oktober 2018 Krieket: 0/9 Wedstryd GROENPUNT Woensdag, 17 Oktober 2018 Tennis: Ligawedstryde Woensdag, 17 Oktober 2018 Krieket: 0/11 Wedstryd Woensdag, 17 Oktober 2018 Swemgala TABLE VIEW Donderdag, 18 Oktober 2018 Kooroptrede met Laurika Rauch Donderdag, 18 Oktober 2018 GEEN Sportoefening nie (skool sluit om 13:00) Vrydag, 19 Oktober 2018 Allways:Gr.6-dogters PRAATJIE IN DIE SAAL Vrydag, 19 Oktober 2018 Ouer & Kindkamp CONRADIEVELD Saterdag, 20 Oktober 2018 WOW Spelfees: Nasionaal Maandag, 22 Oktober 2018 Gr.7H: Gesk.uitstappie Dinsdag, 23 Oktober 2018 Krieket: 0/9 Wedstryd GROENPUNT Woensdag, 24 Oktober 2018 Krieket: 0/11 Wedstryd Woensdag, 24 Oktober 2018 TENNIS:Liga wedstryd GEMENG A,B,C- & SEUNSSPAN Donderdag, 25 Oktober 2018 GEEN sportoefening behalwe krieketwedstryd Donderdag, 25 Oktober 2018 Krieket: 0/13 Wedstryd Donderdag, 25 Oktober 2018 Skool sluit vroeër Saterdag, 27 Oktober 2018 Groote Kerk kermis Maandag, 29 Oktober 2018 Gr.7VR: Geskiedenisuitstappie Dinsdag, 30 Oktober 2018 Krieket: 0/9 Wedstryd GROENPUNT Dinsdag, 30 Oktober 2018 Huppelland braai Woensdag, 31 Oktober 2018 Liewe Aarde sivvies Woensdag, 31 Oktober 2018 Krieket: 0/11 Wedstryd Woensdag, 31 Oktober 2018 Tennis: Ligawedstryd Dondedrag. 1 November 2018 Krieket:0/13 wedstryd Saterdag,...
Lees VerderTwee van ons oud-leerders, albei tans in Rondebosch Boys High, is as prefekte vir 2019 verkies. Josquin du Toit is as onderhoofseun aangewys en George du Plooy is as leerlingraadslid verkies. Baie geluk, ons is trots op...
Lees VerderDie kamp vir ouers en kind/ers is ‘n jaarlikse gebeurtenis en beloof om hope plesier op te lewer. Braaidromme en hout word voorsien. U is welkom om u eie braaidrom en hout saam te bring. Onthou ook om asseblief ‘n koplampie of flitslig saam te bring. Daar sal ontspanning vir die kinders wees en dit sal so vanaf 17:00 tot 21:30 plaasvind. Kostes: R70 per kind Betaling: Verkieslik geen kontant. EFT of gebruik die Karri-app asb. Die kamp vind plaas op die Conradieveld en almal is welkom vanaf 17:00. Die oorslaap met ‘n tent/tentjie saam met u kind(ers) is opsioneel. Gewoonlik is daar heelwat van die ouers wat oorslaap en dan die Saterdagoggend oppak en terug huis toe vertrek.. Ons sien daarna uit om julle daar te sien! Kontak vir Deon Pieterse (deon@jvrprim.co.za) as julle enige navrae...
Lees VerderDie verlore klere en goedere bly maar ‘n kopseer en ‘n uitdaging by ons skool. Die aantal truie, baadjies, hemde, sportklere en sportstoerusting wat elke week opgetel en gebêre word in die kratte en kaste, word net al meer. Daar raak ook al hoe meer klere en items weg alhoewel dit duidelik gemerk is. Ons het ‘n paar weke terug op die nuusbrief die proses vir verlore goedere weer verduidelik. Die proses alleen gaan nie die probleem oplos nie. Kom ons kyk hoe ons VERLORE kan omswaai in Verantwoordelikheid, Eerlikheid, Respek, Liefde, Omgee, Regverdigheid, Etiket *Verantwoordelikheid: Maak asseblief seker dat alle klere, sakke, tasse en sportstoerusting duidelik gemerk is. Etikette kan ook bestel word by die Klerebank. *Eerlikheid: Besorg asseblief enige klere, sakke, tasse en sportstoerusting wat nie aan u kind / kinders behoort nie, terug by die skool. *Respek: Ons ouers gaan groot onkostes aan om klere en items vir hulle kind / kinders aan te skaf. Kom ons respekteer ons eie eiendom asook die eiendom van ander. *Liefde en Omgee: Talle ouers en kinders word direk benadeel as eiendom verlore raak. Ure en partykeer baie dae word daar herhaaldelik deur al die kaste en kratte gegaan op soek. Dit veroorsaak onnodig ongelukkigheid en stres vir die ouers en kinders. *Regverdigheid: Dit is regverdig teenoor alle kinders dat hulle warm skool toe kom met die regte klere aan...
Lees VerderDaar heers reeds groot opwinding oor die Kaperjolle wat op die 13de Oktober 2018 op die Conradieveld gehou gaan word. Daar is speletjies vir ons kinders wat groot pret gaan wees en sluit onder andere sakresies, ballongooi, aartappelresies en toutrek in. Dan nooi ons almal na die hondevertoning uit wat van 10:00 – 11:00 gaan plaasvind. Die hondevertoning word vir ons gehou deur DOGZCOOL. Die vertoning is wêreldklasvermaak en waarborg pret en plesier vir almal. Ons sien uit daarna om julle almal Saterdag te...
Lees VerderDie Gr.7’s van 2013 het Dinsdag, 9 Oktober, ons saalbyeenkoms bygewoon. Hulle begin binnekort met hul eindeksamen. Ons wens hulle alle sterkte toe!
Lees VerderSoos u alreeds verneem het, is u en u gesin hartlik uitgenooi na die Kaperjolle, Laerskool Jan van Riebeeck se sosiale funksie, die 13de Oktober 2018 op die Conradieveld. Die Kaperjolle gaan ‘n dag wees waar ons baie lekker saam gaan kuier. Ons wil graag alle ouers by die dag insluit. Ons kort hulp met die verkoop van die wyn en bier, koeldranke en water, kolwyntjies, braai van wors en worsrolletjie verkope, die kaartjie verkope en dan laastens die speletjies wat ons wil aanbied vir die kinders. Hierdie is ook ‘n baie spesiale versoek aan al die pa’s. Dit sal wonderlik wees as ons pa’s sal kan help met die verkope van die wyn en bier asook die braai van die wors vir die worsrolletjie verkope. Dan kort ons ook kolwyntjies vir die dag se verkope en sal enige skenkings waardeer. Indien u sou belangstel om te help met óf diensbeurte vir die verkope en die aanbied van die speletjies, óf skenkings, gebruik asseblief die skakel om die vorm in te vul: Kaperjolle – Diensbeurte en skenkings Sien ook die volgende belangrike skakels om in te skryf vir die potjiekoskompetisie en om musiekversoeke in te stuur: Kaperjolle potjiekoskompetisie, Kaperjolle...
Lees VerderDie buitemuurse aktiwiteite foto’s wat onlangs geneem is, kan reeds bestel word. Voorbeelde van die foto’s is oorkant juf. Marli Klynsmith se klas opgesit. Dit is ook beskikbaar op die fotograaf se webtuiste, Lunchbox Photography. Volg die skakel om die foto’s te sien: FOTO’S Foto’s kan deur die skool bestel word. Leerders sal ‘n koevertjie in hul rapport kry waarop foto’s bestel kan word. Maak seker jy skryf die korrekte fotokode van die foto’s wat jy wil bestel op die fotokoevert. Plaas die korrekte bedrag geld in die koevert en stuur dit terug skool toe. Indien jy die koevert verloor, kan jy direk deur die Lunchbox webtuiste...
Lees VerderLaerskool Jan van Riebeeck Nuus Liewe Ouers, Datums Vrydag, 28 September 2018 Sivvies Vrydag, 28 September 2018 Skool sluit om 10:30 Saterdag, 6 Oktober 2018 Marinda Brink (Juffrou) verjaar Dinsdag, 9 Oktober 2018 Bibi Stoffberg (Juffrou) verjaar Dinsdag, 9 Oktober 2018 Suzaan Burger (Assistent) verjaar Dinsdag, 9 Oktober 2018 Christopher Banda (terrein) verjaar Dinsdag, 9 Oktober 2018 Skool heropen Woensdag, 10 Oktober 2018 Buitemuurse program begin Vrydag, 12 Oktober 2018 Gr.6:Lead4Life CONRADIEVELD Saterdag, 13 Oktober 2018 Tweekamp Liga 2 JVR Saterdag, 13 Oktober 2018 Swem: Distrik pre-proewe Saterdag, 13 Oktober 2018 Kaperjolle CONRADIEVELD Maandag, 15 Oktober 2018 Gr.7K: Gesk.uitstappie Woensdag, 17 Oktober 2018 Tennis: Ligawedstryde Woensdag, 17 Oktober 2018 Krieket: 0/11 Wedstryd Woensdag, 17 Oktober 2018 Swemgala by Table View Donderdag, 18 Oktober 2018 Kooroptrede met Laurika Rauch Donderdag, 18 Oktober 2018 GEEN Sportoefening nie Vrydag, 19 Oktober 2018 Ouer & Kindkamp CONRADIEVELD Saterdag, 20 Oktober 2018 WOW Spelfees: Nasionaal Maandag, 22 Oktober 2018 Gr.7H: Gesk.uitstappie Woensdag,24 Oktober 2018 0/11 Krieketwedstryd Woensdag,24 Oktober 2018 Tennis Ligawedstryd Donderdag, 25 Oktober 2018: 0/13 Krieketwedstryd Maandag, 29 Oktober 2018 Gr.7VR: Gesk.uitstappie Maandag, 29 Oktober 2018 GEEN Sportoefening behalwe krieketwedstryd >> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK << UIT DIE HOOF SE KANTOOR Begrotingsvergadering: Woensdag 7 Nov.Ons skool se begrotingsvergadering sal wees op Woensdag 7 November om 19:00 en dit sal weer in die biblioteek plaasvind. Vakansie Ons hoop almal het ‘n lekker vakansie...
Lees VerderOns skop die vierde kwartaal af met ‘n groot kuier, heerlike ete en speletjies pret. Dit gebeur op die 13de Oktober 2018 op die Conradieveld waar ons die Kaperjolle gaan hou. Ons sien baie uit daarna om ‘n heelike oggend vol pret saam met ons onderwysers, ouers, vriende en kinders te spandeer. Die inskrywingsfooie vir die potjiekoskompetisie is R400 per potjie. Gebruik asseblief die skakel na die Googlevorm waarop u kan aandui dat u belangstel om in te skryf. Inskrywingbetalings kan elektronies in die skool se rekening inbetaal word of kan in ‘n koevert saam met die inskrywingsvorm na die klasonderwysers gestuur word. Die verwysing wat gebruik moet word vir elektroniese betalings is POT/Naam. GOOGLE VORM: Potjiekoskompetisie inskrywings Ons sien daarna uit om julle heerlike potjies te proe...
Lees VerderDie potjiekos kompetisie gaan die oggend afskop en ons beplan om vanaf 14:00 die kos te bedien. Skryf in vir die kompetisie deur die Google Form in te vul. Die ete-kaartjies is beskikbaar teen R100.00 vir volwassenes en R60 vir kinders. Die ete-kaartjies sluit ook nagereg in wat as vingerhappies bedien sal word. Terwyl die potjies prut, gaan daar ook pannekoeke, gedraaide aartappelstokkies, ysies en boereworsrolletjies te koop wees. Dié van ons wat van ietsie soets hou, kan gerus ‘n draai maak by die koektafel. Daar gaan ook koffie, water, koeldrank, wyn en bier te koop wees. Hiervoor sal daar boekies met kaartjies verkoop word teen R100 per boekie. Betalings vir die etekaartjies kan deur die: Karri-toepassing (app) gedoen word of Elektronies in die skool se rekening inbetaal word met die verwysing KOS/Naam/Klas of Kontant skool toe gestuur word in ‘n koevert. Dui asseblief op die koevert aan : naam en van, klas, hoeveelheid ete-kaartjies en bedrag wat ingesluit is. Die ete-kaartjies sal gedurende die eerste week van die 4de kwartaal uitgereik word. Ons hoop dat julle almal die dag saam met ons sal kom...
Lees VerderFOTO’S van hierdie kunswerke is te sien op die foto-carousel by KUNS. Die gr. 1’s het interaktiewe kunswerkies gemaak : ons het gleuwe in die papier gesny sodat ‘n “bal” geplak op ‘n sosatie-stokkie kan beweeg tussen die netbalspeler en doel of twee figuurtjies ‘n bal vir mekaar kan gooi. ‘n Strook stewige papier waarop ‘n sokkerbal geteken is, beweeg tussen twee gleuwe sodat die bal beweeg tussen die spelers. Die gr.2’s het akrobate en ander sportfiguurtjies geteken (voor en agter) wat in stringe aan mekaar gelas en opgehang is. ( Soos julle sal sien het Spiderman, Captain Underpants en Lionel Messi ook ingesluip tussen die akrobate!) Ons het sommer nog ‘n projek laat saamval met die sporttema, nl. “Griekse potte/erdewerk” waartydens ons gesels het oor die oorsprong van die Olimpiese Spele. Die gr 5’s het die kartondele van menslike figure aanmekaar gesit met papierhegters. Hulle moes op ‘n begin posisie vir die figuur besluit, dit afteken (trace) en dan daaropvolgende bewegings uitbeeld. Groepsprojekte deur gr 6’se ( met behulp van ‘n paar helpers uit ander grade). Die meeste van die projekte was tegnologie gebaseerd (bv. kruk-asse). Draadfiguur -mobiele, werkende sokkertafel, atletiekbaan met bewegende atlete, ballerina-tolle, gewigopteller, “touspringer” en...
Lees VerderDaar heers reeds groot opwinding oor die Kaperjolle wat op die 13de Oktober 2018 gehou gaan word. Sonder musiek is Kaperjolle nie Kaperjolle nie!! Kom luister saam met ons na ‘Erick & Daneel Duo’ wat musiek gaan maak, al die pad van Stellenbosch af. Daar is ook geleentheid vir spesiale versoeke wat tussen die optredes gespeel gaan word vanaf ‘n liedjielys. Ouers, onderwysers en kinders is almal baie welkom om versoeke te rig. Indien u ‘n liedjie van u keuse op die dag wil hoor , vul asseblief die vorm in....
Lees VerderDie skrywer, Troula Goosen ,het ons Graad 3-7 leerders hierdie week besoek. Sy het leerders vertel waar haar stories vandaan kom en almal lus gemaak vir skryf en lees. Sy is nie net die skrywer van Raaiselklip, Maanligmeermin en ses stories in Skool is ‘n Riller nie, maar ook ‘n uitstekende voorleser. Baie dankie Troula Goosen en NB-uitgewers vir die...
Lees VerderBaie geluk aan Ameli Snyman wat Jannie van die week is. Dankie dat jy so gereeld herwin. Geniet die R100 Col’Cacchios geskenbewys. Liewe Aarde wil weereens dringend die nuus versprei dat nr 1 plastiekhouers (PET) waarin aarbeie, druiwe, tamaties en ander delikate vrugte, asook vleis, verkoop word, geensins in Suid-Afrika herwin word nie. Dit gaan reguit landvul toe, in alle provinsies. (sien foto) Alleenlik nr 1 (PET) bottels word herwin. Liewe Aarde het saam met PlasticsSA gaan ondersoek instel by Kraaifontein Material Recovery Facility waar alle huishoudelike herwinbare materiaal gesorteer word, en gesien hoe die ander plastieksoorte, karton en tetra-houers in massiewe bale gepak word, gereed vir herwinning. Die nr 1 PET bakkies word egter saam met al die ander onherwinbare materiaal in groot houers op trokke na Vissershok landvul gestuur, waar dit vir die volgende duisend jaar (of meer) metaangasse vrystel! Dink dus twee keer voor jy vrugte koop in hierdie enkelgebruik-plastiek, want dit word nie herwin nie. PE houers is ’n baie gevaarlike materiaal vir ons...
Lees Verderkasarm Wenner: Kaylin Grobler (Gr.6B) Definisie: ‘n baie groot huis Sin: Die ryk vrou woon in ‘n kasarm van ‘n huis.
Lees VerderDie Dapper Stappers-span het Saterdag die Kromrivierroete in Du Toitskloofpas gestap. Dit was ‘n pragtige dag en die roete was vol uitdagings en rivierkruisings. Na ons byna ‘n tekkie verloor het, ‘n paar keer in die water beland het en almal se tekkies sopnat was, het ons by ‘n pragtige waterval middagete geniet. Dankie aan almal wat saam gestap...
Lees Verder