Baie geluk aan Ameli Snyman wat Jannie van die week is. Dankie dat jy so gereeld herwin. Geniet die R100 Col’Cacchios geskenbewys.

Liewe Aarde wil weereens dringend die nuus versprei dat nr 1 plastiekhouers (PET) waarin aarbeie, druiwe, tamaties en ander delikate vrugte, asook vleis, verkoop word, geensins in Suid-Afrika herwin word nie. Dit gaan reguit landvul toe, in alle provinsies. (sien foto) Alleenlik nr 1 (PET) bottels word herwin.
Liewe Aarde het saam met PlasticsSA gaan ondersoek instel by Kraaifontein Material Recovery Facility waar alle huishoudelike herwinbare materiaal gesorteer word, en gesien hoe die ander plastieksoorte, karton en tetra-houers in massiewe bale gepak word, gereed vir herwinning.
Die nr 1 PET bakkies word egter saam met al die ander onherwinbare materiaal in groot houers op trokke na Vissershok landvul gestuur, waar dit vir die volgende duisend jaar (of meer) metaangasse vrystel!

Dink dus twee keer voor jy vrugte koop in hierdie enkelgebruik-plastiek, want dit word nie herwin nie. PE houers is ’n baie gevaarlike materiaal vir ons omgewing.