Die potjiekos kompetisie gaan die oggend afskop en ons beplan om vanaf 14:00 die kos te bedien. Skryf in vir die kompetisie deur die Google Form in te vul. Die ete-kaartjies is beskikbaar teen R100.00 vir volwassenes en R60 vir kinders. Die ete-kaartjies sluit ook nagereg in wat as vingerhappies bedien sal word.

Terwyl die potjies prut, gaan daar ook pannekoeke, gedraaide aartappelstokkies, ysies en boereworsrolletjies te koop wees. Dié van ons wat van ietsie soets hou, kan gerus ‘n draai maak by die koektafel. Daar gaan ook koffie, water, koeldrank, wyn en bier te koop wees. Hiervoor sal daar boekies met kaartjies verkoop word teen R100 per boekie.

Betalings vir die etekaartjies kan deur die:
Karri-toepassing (app) gedoen word of
Elektronies in die skool se rekening inbetaal word met die verwysing KOS/Naam/Klas of
Kontant skool toe gestuur word in ‘n koevert. Dui asseblief op die koevert aan : naam en van, klas, hoeveelheid ete-kaartjies en bedrag wat ingesluit is.

Die ete-kaartjies sal gedurende die eerste week van die 4de kwartaal uitgereik word.
Ons hoop dat julle almal die dag saam met ons sal kom geniet!!!