FOTO’S van hierdie kunswerke is te sien op die foto-carousel by KUNS.

Die gr. 1’s
het interaktiewe kunswerkies gemaak : ons het gleuwe in die papier gesny sodat ‘n “bal” geplak op ‘n sosatie-stokkie kan beweeg tussen die netbalspeler en doel of twee figuurtjies ‘n bal vir mekaar kan gooi. ‘n Strook stewige papier waarop ‘n sokkerbal geteken is, beweeg tussen twee gleuwe sodat die bal beweeg tussen die spelers.
Die gr.2’s het akrobate en ander sportfiguurtjies geteken (voor en agter) wat in stringe aan mekaar gelas en opgehang is. ( Soos julle sal sien het Spiderman, Captain Underpants en Lionel Messi ook ingesluip tussen die akrobate!) Ons het sommer nog ‘n projek laat saamval met die sporttema, nl. “Griekse potte/erdewerk” waartydens ons gesels het oor die oorsprong van die Olimpiese Spele.
Die gr 5’s het die kartondele van menslike figure aanmekaar gesit met papierhegters. Hulle moes op ‘n begin posisie vir die figuur besluit, dit afteken (trace) en dan daaropvolgende bewegings uitbeeld.
Groepsprojekte deur gr 6’se ( met behulp van ‘n paar helpers uit ander grade). Die meeste van die projekte was tegnologie gebaseerd (bv. kruk-asse). Draadfiguur -mobiele, werkende sokkertafel, atletiekbaan met bewegende atlete, ballerina-tolle, gewigopteller, “touspringer” en meer.