Emil van der Walt (graad 11) en Carla van der Merwe op die rooitapyt by die Bokkie-toekennings wat laasnaweek by Grand West gehou is. Emil was een van 4 leerders landwyd wat voor die skare van 5 000 verskyn het as genomineerde in die “Skole Uitblinker van die Jaar”-kategorie. Hy maak ons trots!