Die Kaperjolle was ‘n dag waarna ons almal uitgesien het. Teen Vrydag het almal asem opgehou, want die Suid-Ooster wou maar net nie gaan lê het nie. Dit was egter steeds ‘n ongelooflike Kaperjolle Saterdag vir ons onderwysers, ouers en Jannies. Ons kon nie vir n beter dag gevra het nie !

Baie dankie aan elke liewe persoon wat deel was van die dag se groot sukses. Dankie vir al ons potjiekoskompetisie deelnemers, ons ouers wat ekstra potjies gemaak het, bydraes en skenkings gegee het, uitgehelp het met die diensbeurte, en dan aan almal, oud en jonk, wat saamgekuier het.

‘n Spesiale woord van dank aan ons beoordelaars, ‘Erick & Daneel Duo’ vir hulle musiek, Lloyd van Dogzcool vir die hondevertoning en ons pannekoek-, aartappel-draaistokkies- en koffieverskaffers. Baie dankie ook aan Hannes Muller en sy span vir die terrein opstel en skoonmaak, Suzaan Burger en Lou van Dyk vir die kommunikasie en Marili Basson wat na die finansiële kant omgesien het.

Daar het ‘n paar items agtergebly op die veld wat by Ontvangs ingehandig is. Ons sien uit na volgende jaar se Kaperjolle!
Laerskool Jan van Riebeeck OOV