Skrywer: Suzaan Burger

Nuusbrief van 5 April 2019

  Laerskool Jan van Riebeeck Nuus Liewe Ouers, Datums Vrydag, 5 April 2019 Warren Stoman (Onderwyser) verjaar Vrydag, 5 April 2019 Marianna Oosthuizen (Juffrou) verjaar Saterdag, 6 April 2019 Netbal & Rugby: Winterfold toerspan, TUIS Maandag, 8 April 2019 GEEN Buitemuurse aktiwiteite Maandag, 8 April 2019 Jana Nel (Drama) verjaar Maandag, 8 April 2019 Portefeuljedag/ouerbespreking Gr.3 – 7 (15:00-19:00) Dinsdag, 9 April 2019 Akademiese vergadering 17:30 Dinsdag, 9 April 2019 Netbal: O/11 – O/13 Inter-sone proewe Woensdag, 10 April 2019 Rose Chikwata (Nasorg) verjaar Woensdag, 10 April 2019 Algemene Kennis toets Gr.4-7 Donderdag, 11 April 2019 Rugby: O/12 & O/13 proewe rondte 1 Donderdag, 11 April 2019 Gr.4 – 7 Inligtingsessie: Joan Cambell 18:00 – 19:30 Vrydag, 12 April 2019 Toets: Gr.5 & 7 Engels Vrydag, 12 April 2019 Toets: Gr.4 & 6 Afrikaans Vrydag, 12 April 2019 Gr.4 & 5 Woolworths educational program Saterdag, 13 April 2019 Sportdag Kaperjolle 14:00 (by LJvR) Maandag, 15 April 2019 Netbal: O/11-O/13 Distrikproewe Maandag, 15 April 2019 Redenaars eerste uitdunrondes Dinsdag, 16 April 2019 Redenaars Eerste ronde – Brackenfell Woensdag, 17 April 2019 Sonja Heroldt Gr.R – 3 Donderdag, 18 April 2019 Mardry Kraftt Wright (Juffrou) verjaar Vrydag, 19 April 2019 Goeie Vrydag >> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK << UIT DIE HOOF SE KANTOOR Ons hoop almal is lekker uitgerus en is reg vir kwartaal 2! Ons is ook baie bly dat...

Lees Verder

Kaperjolle, 13 April 2019

Kaperjolle is om die draai en ons wil graag belangrike reëlings deurgee vir die dag. 1. Kaartjies is beskikbaar op die Karri toep en ek wil julle aanmoedig om so gou moontlik julle aankope te doen om beplanning vir die dag te vergemaklik. Ons sal baie graag genoeg tente, tafels, kos en ander lekkernye wil hê. Daarvoor het ons egter getalle nodig. Indien jy sukkel met die Karri toep of enige vrae het, kontak gerus vir Martie (084 601 5640 of martie@avconeng.com) of Ria (082 320 3288 of ria.hertzog@gmail.com). 2. Vele hande maak ligte werk. Soos julle almal weet, maak ons staat op ouers se hulp met diensbeurte op die dag. Vul asb. so gou moontlik jou naam by een van die stalletjies in. Elke graad is verantwoordelik vir ‘n sekere area, maar diensbeurte is nie beperk tot daardie graad se ouers nie. Kliek HIER om jou naam in te vul. 3. Die dag vind plaas op die skoolterrein en skop om 14:00 af. Die enigste toegang gaan by die Nuwe Kerkstraat ingang wees (inry hek vir ouers). Alle ander hekke gaan gesluit wees op die dag vir sekuriteitsredes. Toegang met motors sal beperk word tot deelnemers aan die Oor-die-Kole kompetisie en persone wat aflewerings moet doen. Dit moet asb. voor 2pm geskied. 4. Na vele gesprekke en kopkrap het ons besluit om slegs nie-alkoholiese drankies te verkoop. Daar...

Lees Verder

3D Printing Demo-sessie, 3 April

CRITINK se 3D ontwerp en 3D printing werksessies skop weer amptelik af met die tweede termyn en studente word uitgenooi om ‘n gratis demo-sessie by te woon op Woensdag, 3 April. Daar sal twee sessies wees in die rekenaarlokaal vir twee ouderdomsgroepe onderskeidelik. Gr. 2-3 (13:50 – 14:50) Gr. 4-7 (15:00 – 16:00) Voltooi gerus die vorm om ‘n student te registreer vir een van die demo-sessies. **Daar is slegs 8 sitplekke per sessie beskikbaar om die werksessie gefokus en effektief te...

Lees Verder

Nuusbrief van 15 Maart 2019

  Laerskool Jan van Riebeeck Nuus Liewe Ouers, Datums Vrydag, 15 Maart 2019 Skool sluit om 10:30 Vrydag, 15 Maart 2019 Gratis sivvies Donderdag, 21 Maart 2019 Menseregtedag Vrydag, 29 Maart 2019 Tweekamp: SA kampioenskappe Dinsdag, 2 April 2019 Skole heropen >> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK << UIT DIE HOOF SE KANTOOR Geniet die vakansie en kom veilig terug! NUUTSTE NUUS Snoepie diensbeurte Kliek HIER om jou snoepie diensbeurt vir die tweede kwartaal in te vul. Veiling 2019 Dit is weer veilingtyd! Ons is baie opgewonde oor die opkomende veiling op 1 Junie 2019. Sedert 2017 word die veiling deur die Laerskool Jan van Riebeeck Opvoedingstrust aangebied. Die trust samel fondse in vir die uitsluitlike voordeel van die skool en is daarop toegespits om die skool uit te bou en verbeter en nie die dag-tot-dag uitgawes te dek nie. Die trust het onder meer met verlede jaar se veilingopbrengs die volgende projekte aangepak. Sommige is reeds afgehandel en ander sal voor die komende veiling afgehandel wees: Reeds afgehandelde projekte 1. Verhitting van die swembad – R250 000 2. 2 x beurse vir diversiteitsleerders 3. 5 x matriekbeurse vir HL assistente 4. 1 x beurs vir HL assistent onderwyssertfikikaat 5. 1 x finale jaar diversiteitsbeurs vir onderwyseres 6. iMadiba installasie 7. Aankoop van hokkietoerusting Reeds goedgekeur en word voor die komende veiling voltooi: 1. Plavei van HL parkeerarea insluitend fietsbaan...

Lees Verder

Kaperjol-plakkaatkompetisie

Baie dankie aan almal wat so geesdriftig deelgeneem het aan die kompetisie! Ons het pragtige werke ontvang; 98 inskrywings in totaal. Die vyf beoordeelaars het die top 20 uitgekies en toe as volg besluit: 1ste plek: Ruben Oosthuizen Gr.3 2de plekke: Nina Houlihan Gr.6, Linden Murray Gr.5, Liza Hitge Gr.4, Mila Gouws Gr.4 en Simon van Dyk Gr.4 3de plekke: Ella Grey Gr.1, Annalene Viljoen Gr.1, Amelie van der Walt Gr.1, Stella Pansegrouw Gr.1, Alexander Weideman Gr.1, Katryn Silvis Gr.1, Ruben Eksteen Gr.2, Mira Swanepoel Gr.3, Willem Burger Gr.3, Lara Basson Gr.4, Anna Dawes Gr.4, Milla Joubert Gr.4, Cara Swanepoel Gr.4 en Nell von Lieres...

Lees Verder

Liewe Aarde

Baie geluk aan Lukas en Daniel Welgemoed wat laas week Jannies van die week was. Geluk aan Emma en Anna van Biljon wat hierdie week is. Dankie dat julle so getrou herwin. Hou so aan! Geniet die R100 Col’Cacchios geskenkbewys. Ons hoop julle is steeds bewus van plastiek wat nie herwin word nie – soos strooitjies en PET 1 houers. Maak eco-bricks vol met hierdie plastiek. Sê nee vir gewone plastiek strooitjies. Ons beveel bamboes strooitjies aan: bamboes is liggewig en duursaam. Jy kan die strooitjies weer en weer gebruik as jy dit oppas. Wanneer dit tyd is om die strooitjies te vervang, kan jy dit knip en by jou kompos gooi – dit is...

Lees Verder

Kaperjolle 13 April 2019

Met die vakansie wat voorlê is almal verlig die eerste kwartaal is verby. Ons skop die tweede kwartaal af met ‘n heerlike kuierdag vir alle ouderdomme. Kry solank alles in plek om ‘n sorgvrye dag te kan geniet. 1. Daar sal verskeie items op die Karri toep vooraf gekoop kan word om vir ons as OOV ‘n beter aanduiding te gee van getalle en om rye te beperk op die dag by die kaartjieverkope. 2. Die dag vind op Laerskool Jan van Riebeeck se skoolterrein plaas. Die skool is besig om die Conradieveld te rehabiliteer en ons wil nie al die harde werk van die afgelope paar maande in een dag ongedaan maak nie. 3. Toegang gaan slegs geskied by die Nuwe Kerkstraat ingang (by die inry hek). Alle ander hekke gaan gesluit wees op die dag vir sekuriteitsredes. 4. Is jy dalk Kaapstad se volgende Braaikampioen en sit jy op hete kole om te spog met jou braaivernuf? Skryf dan in vir die Kaperjolle se eksklusiewe Oor-die-Kole kompetisie! Stel jou wêreldkennis ten toon deur ‘n maaltyd in ‘n spesifieke land se styl oor die kole voor te berei. Kliek HIER om in te skryf vir die koskompetisie. 5. Ouers se kuierarea gaan op die veld wees. Daar gaan heerlike musiek, tente met tafels en ‘n ‘virgin’ kroeg wees. Die deelnemers aan die Oor-die-Kole koskompetisie gaan dit ook op...

Lees Verder

Nuusbrief van 8 Maart 2019

  Laerskool Jan van Riebeeck Nuus Liewe Ouers, Datums Vrydag, 8 Maart 2019 Somersokkie Gr.5 – 7 Vrydag, 8 Maart 2019 NG Groote Kerk Kamp Gr.3 – 7 Vrydag, 8 Maart 2019 Gr.1 Uitstappie 08:00 – 11:00 Vrydag, 8 Maart 2019 Atletiek: SA kampioenskappe, WEG Saterdag, 9 Maart 2019 Marike Badenhorst (Sielkundige) verjaar Maandag, 11 Maart 2019 Gr.6 Lead4Life Conradieveld Maandag, 11 Maart 2019 Gr.7 Ek, Ons, Wêreld Maandag, 11 Maart 2019 O/13 Netbalproewe Dinsdag, 12 Maart 2019 Gr.6 Ek, Ons, Wêreld Woensdag, 13 Maart 2019 Musiekkonsert Gr.2 – 08:15, Gr.3 – 09:15 Donderdag, 14 Maart 2019 Gratis sivvies Donderdag, 14 Maart 2019 Markdag vanaf 11:45 – 12:30 Donderdag, 14 Maart 2019 Skool sluit 12:45 Gr.1 – 3, 13:00 Gr.4 – 7 Vrydag, 15 Maart 2019 Skool sluit om 10:30 Vrydag, 15 Maart 2019 Gratis sivvies Donderdag, 21 Maart 2019 Menseregtedag >> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK << UIT DIE HOOF SE KANTOOR Nasorghoof: Veronica Shepherd, wat ons skool se nasorghoof was, het ongelukkig as gevolg van mediese redes bedank. Ons het vir Madri Greyling, wat ook ‘n graad 1-mamma van ons skool is, in haar plek aangestel. Madri, wat ‘n onderwyseres is en ondervinding het van graad R, 3 en 4 klasse, was ook al hoof van ‘n nasorgsentrum. Madri sal op Dinsdag 2 April begin. Sy is ‘n baie kreatiewe persoon en het sommer baie planne om die...

Lees Verder

Dapper Stappers Beaverlac

Die Dapper Stappers het verlede naweek, 22 Februarie, by Beaverlac gaan kamp. Baie dankie aan al die ouers en leerders wat saamgegaan het en vir die lekker gees en gesellige kampvuur kuiers! Kyk gerus na die VIDEO op die Dapper Stappers blad van ons webtuiste wat een van ons leerders, Owen van der Linde, gemaak het na die...

Lees Verder

Interne redenaarskompetisie 2019

Baie dankie aan al die leerders wat hierdie week aan die interne redenaarskompetisie deelgeneem het. Baie geluk aan die volgende leerders wat aan ATKV se eerste rondte gaan deelneem in April: Gr. 3: Liam Joubert en Emma van Biljon Gr. 4 – 5: Mieke Hertzog, Carla Snijders, Héloïse Strauss, Francois Joubert en Mia Symington (Reserwe) Gr. 6 – 7: Stella Malan, Armand Meyer, Liezel Snijders, Mari Swanepoel en Cayle Stoltz (Reserwe) Ons is trots op...

Lees Verder

Plakkate vir Kaperjolle

Daar heers groot opwinding oor die Kaperjolle Plakkate. Kliek HIER om weer na die reëls te kyk. Ons sien uit om almal se kunswerke te sien! Onthou die afsnydatum is Donderdag 7 Maart.

Lees Verder

Kaperjolle koskompetisie: Saterdag, 13 April 2019

Is jy dalk Kaapstad se volgende Braaikampioen en sit jy op hete kole om te spog met jou braaivernuf? Skryf dan in vir die Kaperjolle se eksklusiewe braaikompetisie! Stel jou wêreldkennis ten toon deur ‘n maaltyd in ‘n spesifieke land se styl oor die kole te berei. Vyftien gedugte spanne gaan meeding om ons top koskenner-beoordelaars te beïndruk en sodoende weg te stap met gesogte pryse. Hou die nuusbrief dop vir inskrywings! Terwyl die potte prut en die spitte draai, gaan daar ook pannekoeke, boereworsrolletjies en pizzas te koop wees. Die snoepie sal lekkernye verkoop asook koeldranke en roomys. Die kinders gaan groot pret hê met verskeie speletjies wat aangebied word. Sien uit om almal daar te...

Lees Verder

Skooldasse

Indien daar ouers is wat ekstra skooldasse het, sal ons dit baie waardeer as julle dit vir die kleredepot sal skenk of leen tot die nuwe dasse gearriveer het. Heelwat van ons nuwe ouers het laat weet dat hul kind/ers nie dasse vir die winter het nie en dat daar tans geen dasse in voorraad is nie. Eda is nie seker presies wanneer die dasse wat sy bestel het, hier sal wees nie. Ons hoop julle kan...

Lees Verder