Laerskool Jan van Riebeeck Nuus

Liewe Ouers,

Datums

Vrydag, 5 April 2019 Warren Stoman (Onderwyser) verjaar

Vrydag, 5 April 2019 Marianna Oosthuizen (Juffrou) verjaar

Saterdag, 6 April 2019 Netbal & Rugby: Winterfold toerspan, TUIS

Maandag, 8 April 2019 GEEN Buitemuurse aktiwiteite

Maandag, 8 April 2019 Jana Nel (Drama) verjaar

Maandag, 8 April 2019 Portefeuljedag/ouerbespreking Gr.3 – 7 (15:00-19:00)

Dinsdag, 9 April 2019 Akademiese vergadering 17:30

Dinsdag, 9 April 2019 Netbal: O/11 – O/13 Inter-sone proewe

Woensdag, 10 April 2019 Rose Chikwata (Nasorg) verjaar

Woensdag, 10 April 2019 Algemene Kennis toets Gr.4-7

Donderdag, 11 April 2019 Rugby: O/12 & O/13 proewe rondte 1

Donderdag, 11 April 2019 Gr.4 – 7 Inligtingsessie: Joan Cambell 18:00 – 19:30

Vrydag, 12 April 2019 Toets: Gr.5 & 7 Engels

Vrydag, 12 April 2019 Toets: Gr.4 & 6 Afrikaans

Vrydag, 12 April 2019 Gr.4 & 5 Woolworths educational program

Saterdag, 13 April 2019 Sportdag Kaperjolle 14:00 (by LJvR)

Maandag, 15 April 2019 Netbal: O/11-O/13 Distrikproewe

Maandag, 15 April 2019 Redenaars eerste uitdunrondes

Dinsdag, 16 April 2019 Redenaars Eerste ronde – Brackenfell

Woensdag, 17 April 2019 Sonja Heroldt Gr.R – 3

Donderdag, 18 April 2019 Mardry Kraftt Wright (Juffrou) verjaar

Vrydag, 19 April 2019 Goeie Vrydag

>> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK <<

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Ons hoop almal is lekker uitgerus en is reg vir kwartaal 2! Ons is ook baie bly dat juffrou Heidre Ehlers weer terug is by ons.

Winterdrag:

Tot die einde van April kan leerders kies om op warm dae ons skool se somerdrag te dra en op koue dae mag hulle die korrekte winterdrag dra, maar vanaf Donderdag 2 Mei, is winterdrag verpligtend.

Paaseiers:

Ons wil baie graag weer vanjaar vir Kaapstad se Lions Club help om paaseiers in te samel vir minder bevoorregte kinders. Dit sal wonderlik wees as elke leerder minstens een paaseier vir ons kan bring en dit in die emmer wat in Adri se kantoor staan, kan plaas. Hulle verkies die eiers wat die malvalekker aan die binnekant van die sjokolade het. Dit kom ook in ‘n string van vier of in verpakkings van 24 en meer voor. Ons wil vra dat die paaseiers voor of op Vrydag 12 April, skool toe gebring word.

---

NUUTSTE NUUS

Portefeuljedag/Ouergespreksgeleentheid:

Graad 4 -7-ouers word aangemoedig om afsprake van 15 minute elk op Maandag, 8 April 2019, tussen 15:00 – 19:00 by Adri Marais (skoolsekretaresse) te maak, indien jy met ‘n spesifieke onderwyser wil gesels.

Inligtingsessie:

Op Donderdag, 11 April 2019, om 18:00 sal dr. Joan Campbell die graad 4-7-ouers rakende seksuele gedrag by kinders van hierdie ouderdomsgroep toespreek. Dit sal in die skoolsaal plaasvind.

Ons neem hierdie jaar weer aan die Wow-Spelkompetisie deel. Ons gr.6- en 7’s (slegs Eerste Addisionele Taal) gaan ook hierdie jaar vir die eerste keer aan die Engelse kompetisie deelneem. Binne die eerste twee weke van volgende kwartaal gaan die beste spellers in elke graad gekies word om ons skool by die kringkompetisie te verteenwoordig. Die kinders moet die woorde kan skryf en klank. Die datums is as volg:

Kringkompetisie -15 Augustus

Distrikkompetisie – 24 Augustus

Provinsiale Kompetisie – 7 September

Nasionale Kompetisie – 19 Oktober

Volg die SKAKEL vir die spellyste en addisionele inligting oor die kompetisie. Lekker spel!

Kaperjolle is om die draai en ons wil graag belangrike reëlings deurgee vir die dag.

1. Kaartjies is beskikbaar op die Karri toep en ek wil julle aanmoedig om so gou moontlik julle aankope te doen om beplanning vir die dag te vergemaklik. As jy nie die Karri toep kan of wil gebruik nie, kan jy HIER kliek om kaartjies te koop. Ons sal baie graag genoeg tente, tafels, kos en ander lekkernye wil hê. Daarvoor het ons egter getalle nodig. Indien jy sukkel met die Karri toep of enige vrae het, kontak gerus vir Martie (084 601 5640 of martie@avconeng.com) of Ria (082 320 3288 of ria.hertzog@gmail.com).

2. Vele hande maak ligte werk. Soos julle almal weet, maak ons staat op ouers se hulp met diensbeurte op die dag. Vul asb. so gou moontlik jou naam by een van die stalletjies in. Elke graad is verantwoordelik vir ‘n sekere area, maar diensbeurte is nie beperk tot daardie graad se ouers nie. Kliek HIER om jou naam in te vul.

3. Die dag vind plaas op die skoolterrein en skop om 14:00 af. Die enigste toegang gaan by die Nuwe Kerkstraat ingang wees (inry hek vir ouers). Alle ander hekke gaan gesluit wees op die dag vir sekuriteitsredes. Toegang met motors sal beperk word tot deelnemers aan die Oor-die-Kole kompetisie en persone wat aflewerings moet doen. Dit moet asb. voor 2pm geskied.

4. Na vele gesprekke en kopkrap het ons besluit om slegs nie-alkoholiese drankies te verkoop. Daar sal ys, glase, ysbakke en ‘n verskeidenheid van nie-alkoholiese drankies te koop wees. Bring gerus jou EIE wyn, bier of ander drank saam om te geniet op die dag. Bespreek asb. vroegtydig jou tafel op die Karri toep om seker te maak jy kan lekker sit en kuier en jy kan jou wyn heel aand koud hou.

5. Is jy dalk Kaapstad se volgende Braaikampioen? Tyd raak min om nog in te skryf vir die Oor-die-Kole kompetisie. Kliek HIER om in te skryf.

6. Ouers se kuierarea gaan op die veld wees. Daar gaan heerlike musiek wees met ‘n rock-groep wat van 15:00 tot 18:00 gaan speel. Die deelnemers aan die Oor-die-Kole kompetisie gaan dit ook op die veld uitspook en julle kan uitsien na ‘n klomp bekende beoordelaars.

7. Pannekoek, sosaties, boereworsrolle, pizza, koeldrank, koffie en ander snoepie-items sal onder die afdakkies langs die tennisbane verkoop word. Daar sal ook ‘n inligtingstafel wees waar jy kan kies by watter land jy die aand gaan eet. Oor-die-Kole etes sal gereed wees tussen 18:00 en 19:00.

8. Die kinderaktiwiteite begin in die vierkant van 14:00 tot 17:00. Julle kan uitsien na heerlike speletjies, gesigverf, tombola verkope en ‘n skattejag. Alle speletjies kos R5 of jy kan speel soveel jy wil met die middag combo. Bring asb. genoeg R5 munte saam as jy nie ‘n combo koop nie.

9. Van 17:00 verskuif die aksie na die saal. Daar kan kinders van alle ouderdomme deelneem aan Emoji bingo, “Minute to Win It” aksie, Wii toernooie en ‘n fliek sal later vertoon word. Daar is ‘n paar verskillende Combo’s beskikbaar op die Karri toep wat jou toelaat om vooraf te betaal en kinders die gerief gee om nie by elke stasie te moet betaal nie en onbeperkte pret verseker.

---

VERDERE NUUS

SPORT

Twee van ons leerders het gedurende die vakansie aan die geslote SA Junior skaakkampioenskappe deelgeneem. Hierdie is ‘n jaarlikse toernooi waar die top spelers in elke ouderdomsgroep meeding om SA kleure.

Carla Snijders het 3/9 behaal in die Meisies o/12 groep. Sy het algeheel 19de geëindig. Petrus Bosman het 4.5/9 behaal in die Seuns o/10 groep en het algeheel 19de geëindig. Baie geluk julle!

Dit was die eerste keer in Laerskool Jan van Riebeeck se geskiedenis dat ‘n skolespan gekwalifiseer het om aan die SA-byeenkoms te kan deelneem. Dit was ‘n groot prestasie, aangesien slegs twee skole per provinsie, kan kwalifiseer.

Tydens die seisoen het ons atlete alles gegee en ons het elke keer net agter Durbanville geeïndig. Dit het beteken dat ons en Laerskool Durbanville vir WP verteenwoordig het by SA’s. Verlede Vrydag was die openingseremonie. Alle provinsies het om die baan gestap, spanfoto’s is geneem en die byeenkoms is geopen. Saterdagoggend om 07:00 het alle verrigtinge by die Nelson Madela Universiteit in Port Elizabeth begin. Dit was ook die eerste keer dat enige van ons atlete aan so ‘n groot byeenkoms deelgeneem het. Stef Mostert, John Willcox, Mia Nortjé, Isabella van der Walt, Mari Swanepoel, Alexander Benecke, Lourens van der Walt, Sophia Liebenberg, Cara Swanepoel, Ruald Naudé en Delmar Benecke was reg vir die dag en ons atlete het alles gegee.



Na die hardloop het alle atlete na Newtonpark vertrek vir die swem. Hier het ons atlete uitstekend gevaar. Na afloop van die swem het niemand geweet wat die finale uitslae is nie en ons moes wag vir die prysuitdeling later die aand. Al ons atlete het uitstekend gedoen. Alexander Benecke was 5de uit 85 deelnemers en Stef Mostert was algeheel 3de en het sodoende ook die bronsmedalje gewen. Nadat alle medaljes uitgedeel is, was dit tyd om uit te vind watter skole die beste gevaar het. Die top 5 skole in Suid-Afrika was: 1. Paarl Gim 2. Laerskool Oranje 3. Curro Nelspruit 4. Laerskool Jan van Riebeeck 5. Laerskool Durbanville

Dit was so naby of ons het vir Curro gewen, maar om 4de beste in die land te wees is ‘n besondere prestasie vir ‘n eerste keer wat ons deelgeneem het. Ons is uiters trots op elke atleet wat die hele seisoen net hulle beste gegee het en ons skool se naam uiters hoog gehou het. Wel gedaan. Baie dankie aan elke ouer wat die lang pad saam met hulle kinders aangedurf het en ‘n spesiale woord van dank aan mnr. Hanekom wat die leerders vergesel het na Port Elizabeth en tydens die seisoen afgerig het.Voorwaar ‘n prestasie om op BAIE TROTS te wees !!

---

Kliek HIER vir advertensies van die week

“Efforts and courage are not enough without purpose and direction.”

-JFK

Vriendelike groete

J.H. Oosthuizen

SKOOLHOOF

Laerskool Jan van Riebeeck
Kloofstraat 52, Tuine, Kaapstad, 8001
021 423 4209