Is jy dalk Kaapstad se volgende Braaikampioen en sit jy op hete kole om te spog met jou braaivernuf?

Skryf dan in vir die Kaperjolle se eksklusiewe braaikompetisie! Stel jou wêreldkennis ten toon deur ‘n maaltyd in ‘n spesifieke land se styl oor die kole te berei.

Vyftien gedugte spanne gaan meeding om ons top koskenner-beoordelaars te beïndruk en sodoende weg te stap met gesogte pryse. Hou die nuusbrief dop vir inskrywings!

Terwyl die potte prut en die spitte draai, gaan daar ook pannekoeke, boereworsrolletjies en pizzas te koop wees. Die snoepie sal lekkernye verkoop asook koeldranke en roomys.

Die kinders gaan groot pret hê met verskeie speletjies wat aangebied word.

Sien uit om almal daar te sien!