Skrywer: Suzaan Burger

Kooroptrede Milnerton

Albei ons kore neem op 21 Augustus deel aan die Weskus Koorfees. Dit vind by Woodbridge Primary School in Milnerton plaas. Koorlede sal inligting oor die aand kry. Kaartjies is van môre (Vrydag) af op die Karri app te koop teen R50 pp. Ons skool het net ‘n beperkte aantal kaartjies, so bespreek...

Lees Verder

Liewe Aarde

Baie geluk aan ons Jannies van die week, John Gilmer (Graad 3S) en Sadie Gilmer (Graad 1K). Dankie dat julle so getrou herwin! Geniet die R100 geskenkbewys van Col’Cacchio. Herwinningswenk: “Die Wes-Kaapse regering gaan alle organiese afval teen 2027 verban”. Wanneer organiese afval in ons rommel afbreek, word kweekhuisgasse vrygestel. Dit dra by tot aardverwarming. Dis belangrik dat ons die organiese afval in ons vullisdromme verminder: begin ‘n komposhoop vir alle organiese afval soos vrugte- en groenteskille, teesakkies en eierdoppe. Fyn geskeurde koerantpapier en tuinafval soos blare en grassnysels kan hierby ingemeng word. Stad Kaapstad het ‘n program waar inwoners gratis komposdromme kan kry – kliek HIER vir die skakel na hul blad. In woonstelle kan ‘n Bokashi-blik hiervoor gebruik word, of ‘n Yolo...

Lees Verder

Hoërskoolnuus

Lené Vorster, ‘n graad 9-leerder aan Hoërskool Jan van Riebeeck, is aangewys as die nasionale wenner van die Taalbond se Tweetaligheidseksamen in die junior afdeling. Dit is werklik ‘n besonderse prestasie! Sy volg in die voetspore van Theodore Pauw (matriek 2018) wat in 2018 die senior afdeling gewen het. Hulle is natuurlik albei oud-leerders van ons...

Lees Verder

Solosang medaljes

Baie geluk aan die volgende 2 leerders wat medaljes by die Eisteddfod verower het vir solosang. Hulle sal dit later die jaar ontvang: Sofia Newton: Sang: Dogters 8 jaar EN Sang Afrikaanse woorde Sebastian Boshoff: Seuns 11 jaar Ons is baie trots op...

Lees Verder

Nuusbrief van 26 Julie 2019

  Laerskool Jan van Riebeeck Nuus Liewe Ouers, Datums Vrydag, 26 Julie 2019 Landloop: Circuit Champs (Sun Valley Primary School, Brigantine Ave, Sun Valley) Saterdag, 27 Julie 2019 Eisteddfod Blokfluit Maandag, 29 Julie 2019 Beheerraadvergadering Dinsdag, 30 Julie 2019 Hannes Muller (Terreinbestuurder) verjaar Woensdag, 31 Julie 2019 Netbal: Liga vs. Edgemead (Weg) (Edgemead Primary School, Denison Way, Edgemead) Woensdag, 31 Julie 2019 Liewe Aarde: Herwinning sivvies Woensdag, 31 Julie 2019 Rugby: Liga vs. Prestwich (Tuis) (Conradieveld) Donderdag, 1 Augustus 2019 Koorfees @ Hoërskool Jan van Riebeeck Vrydag, 2 Augustus 2019 Skaak: Ligawedstryde vs. Observatory Vrydag, 2 Augustus 2019 Toets: Gr.4 – 7 Wiskunde Vrydag, 2 Augustus 2019 Landloop: Zonal Champs (The Club House at Claremont Cricket Club, Constantia Sports Complex, Constantia Main Rd, Constantia) Saterdag, 3 Augustus 2019 Netbal: Kenridge Ontwikkelingstoernooi O/10 & O/11, WEG Saterdag, 3 Augustus 2019 Sporttoernooi: Curro Hermanus sportfees, WEG Saterdag, 3 Augustus 2019 Eisteddfod Klavier Woensdag, 7 Augustus 2019 Rugby: Liga vs. Sunningdale (WEG) (Sunningdale Primary School, Sunningdale Dr & Tryall Road, Sunningdale) Woensdag, 7 Augustus 2019 Netbal: Liga Curro Durbanville (Laerskool Jan Van Riebeeck, 52 Kloof St, CBD, Cape Town, 8000, South Africa) Donderdag, 8 Augustus 2019 Wiskunde Kamp Vrydag, 9 Augustus 2019 Nasionale Vrouedag Vrydag, 9 Augustus 2019 Vakansiedag Vrydag, 9 Augustus 2019 Wiskunde Kamp Regstelling: Deon Pieterse se verjaarsdagdatum was verkeerd op die kalender. Hy verjaar NIE die 27ste Julie nie....

Lees Verder

Liewe Aarde

Baie geluk aan Lumarie Fourie (Graad 5), ons Jannie van die week, wat so getrou herwin het. Geniet die Col’Cacchios R100 geskenkbewys. Hier is die die drie maklikste items wat ons almal kan vervang om minder plastiek te gebruik in plastiek-vrye Julie… en sommer vir ewig!: Plastieksakke: onthou jou eie herbruikbare sakke wanneer jy gaan inkopies doen Plastiekbottels: gebruik jou eie glas of metaal waterbottel Strooitjies: sê nee vir strooitjies, of vra vir...

Lees Verder

Kooroptrede

Onthou asb. dat albei kore volgende Donderdag, 1 Augustus om 19:00 by die Hoërskool Jan van Riebeeck se Koorfees deelneem. Alle koorlede moet om 18:00 in netjiese winterdrag by die Hoërskool wees. Kaartjies is teen R50 by die Hoërskool of deur QUICKET te...

Lees Verder

Bring & Raai Vasvra

Baie dankie aan almal wat Vrydagaand die ‘Bring & Raai Vasvra’ bygewoon het. Dit was ‘n reuse sukses en ons het R30 315.68 ingesamel!Groot dankie aan Karien Zulch en haar helpers wat alles gereël en georganiseer het !Alle verlore goedere is in die kratte langs die Graad 1O trap of breekware in die Snoepie. Gaan haal dit asseblief so gou moontlik af. ‘n Spesiale dank aan mnr. Oosthuizen wat die verwelkoming en geskiedenis hanteer het, mnr. Leon Hanekom vir die opstel van die klank en De Jongh en Zelda Borchardt wat die Quizmeester en Ouditeur was. Die Breinbrekers (onderwysers) wen die geesbeker vir beste kostuums en sportmangees. Die Vasvra-wenners vir 2019: Eerste plek: Watsenaam – Kaptein: Mari Stiemie, Spanlede: Chrisjan Stimie, Ben Strauss, Nicole Strauss, Jaco Fourie, Tash Fourie, Hannes Moore & Theresa Moore. Tweede plek: E=MCHammer – Kaptein Christelle Pansegrouw (wenners van 2018) Derde plek: The ‘A’ Team – Kaptein Charlotte Marais. Sien julle weer in 2020! Vriendelike Groete OOV...

Lees Verder

Nuusbrief van 19 Julie 2019

  Laerskool Jan van Riebeeck Nuus Liewe Ouers, Datums Vrydag, 19 Julie 2019 Quiz-aand Vrydag, 19 Julie 2019 Gr.7 Lead4Life Vrydag, 19 Julie 2019 Landloop: Wedloop 8 (Zwaanswyk Academy, 338 Main Rd, Retreat) Saterdag, 20 Julie 2019 Toernooi: Fanie Theron Mini Rugby & Netbal: O/7 – O/9, WEG (Fanie Theron Primary School, Krige St & Bosman St, Kraaifontein) Saterdag, 20 Julie 2019 Skaak: Distrikproewe O/13 gemengde span (Star College, Tarentaal road, Bridgetown) Maandag, 22 Julie 2019 Ischke Felix (Juffrou) verjaar Woensdag, 24 Julie 2019 Rugby: Ligawedstryde vs. Milnerton O/11 – O/13 (TUIS) Woensdag, 24 Julie 2019 Rugby: Ligawedstryde vs. Milnerton O/7 – O/9 (WEG) Woensdag, 24 Julie 2019 Netbal: Liga wedstryde Vrydag, 26 Julie 2019 Toets: Gr.5 & 7 Engels Vrydag, 26 Julie 2019 Toets: Gr.4 & 6 Afrikaans Vrydag, 26 Julie 2019 Landloop: Circuit Champs (Sun Valley Primary School, Brigantine Ave, Sun Valley) Vrydag, 26 Julie 2019 Sivvies Saterdag, 27 Julie 2019 Eisteddfod Blokfluit Saterdag, 27 Julie 2019 Deon Pieterse (Onderwyser) verjaar Maandag, 29 Julie 2019 Beheerraadvergadering Dinsdag, 30 Julie 2019 Hannes Muller (Terreinbestuurder) verjaar Woensdag, 31 Julie 2019 Rugby: Liga vs. Prestwich (Tuis) (Conradieveld) Woensdag, 31 Julie 2019 Liewe Aarde: Herwinning sivvies Woensdag, 31 Julie 2019 Netbal: Liga vs. Edgemead (Weg) (Edgemead Primary School, Denison Way, Edgemead) Donderdag, 1 Augustus 2019 Koorfees @ Hoërskool Jan van Riebeeck Vrydag, 2 Augustus 2019 Landloop: Zonal Champs (The Club House...

Lees Verder

Mandela-dag

Hierdie Mandela-dag, 18 Julie 2019, het Jan van Riebeeck se leerders ons waarde van “Omgee”, ten volle uitgeleef. Ons skool het ‘n helpende hand na Prestwich Primary uitgereik, deur hul voedingskema se voorraad aan te vul. Prestwich het ‘n baie groot groep leerders, wat hul enigste ete van die dag by die skool ontvang. Elke graad het gepoog om 67 van ‘n spesifieke item in te samel en te skenk in die plek van hul 67 minute. Ons het verseker ons doelwit bereik. Ons kan met trots sê dat ons Jannies hande gevat het en ‘n reuse verskil gemaak het! Prestwich se kombuiskaste is nou propvol en die kosvoorraad behoort hul te dra tot aan die einde van die jaar. Baie dankie vir elkeen se spesiale bydrae!’n Baie groot dankie aan juf Lize-Mari Schultz en Stephanie Le Roux wat die projek geïnisieer en bestuur...

Lees Verder

Liewe Aarde

Baie geluk aan Ameli Snyman (Gr.5), ons Jannie van die week, wat so getrou herwin het. Geniet die Col’Cacchios R100 geskenkbewys. Het julle geweet Julie is “Plastiekvrye Julie”? Dit is ‘n wêreldwye aksie om miljoene te mobiliseer om nee dankie te sê vir enkelgebruik plastiek. Sluit aan by miljoene wêreldwyd wat nee dankie sê vir enkelgebruik plastiek. Dit is nog betyds om nie net vir Julie nie, maar ‘n lewenslange leuse te volg van “verminder, herwin en herbruik”. Volg die SKAKEL om aan te...

Lees Verder

Trotse Jannie

Naam en van: Dawn Venter Graad: 4vdV Waar bly jy?: Middestad, Kaapstad Gunsteling vak: Ek geniet dit om te sien hoe ‘n saadjie ontkiem en ‘n plant groei, daarom is NW my gunsteling vak. Ek is ‘n trotse Jannie, want ek blink uit in perdry. Ek ry al perd vanaf graad R en ek en Mr Softy, my gunsteling perd, het selfs al...

Lees Verder

Jana Brink besoek VSA Balletskool

Jana Brink het tydens die vakansie die American Academy of Ballet se Summer School in New York bygewoon. Sy het ‘n beurs ontvang op grond van haar eksamens en die oudisie-optredes wat verlede jaar in die Artscape Teater plaasgevind het. Jana was een van 95 dogters van regoor die wêreld wat elke dag 6 ure lank gefokusde ballet gedoen het, waartydens aandag gegee is aan presiese tegnieke. Dit was ‘n wonderlike ervaring vir haar en het nie net uitstaande ondervinding in ballet nie, maar ook ‘n kulturele leerskool. Baie geluk Jana en baie dankie aan juffrou Barbara Schreuder wat dit alles moontlik gemaak...

Lees Verder

Junior- en seniorkoor

Albei kore tree op Donderdag 1 Augustus om 19:00 by die Hoërskool Jan van Riebeeck se Koorfees op. Kaartjies vir die aand is vanaf 17 Julie teen R50 pp op Quicket of by Hoërskool JvR te koop. Koorlede kry briewe met reëlings. Almal moet om 18:00 by die Hoërskool wees. Netjiese winterskooldrag word gedra. Die Kaapstad Jeugkoor en 3 ander kore tree ook...

Lees Verder

Bekerwenners

Alle bekers wat by die prysuitdeling, atletiek en swem gegee is, moet nou terugkom skool toe. Bekers moet soos volg gegraveer word: 1) Prysuitdeling-bekers: 2018 en leerder se noemnaam en van, bv. 2018 Jan du Toit 2) Atletiek-bekers: 2019 (l.w. NIE 2018 NIE!) en leerder se noemnaam en van, bv. 2019 Jan du Toit 3) Swem-bekers: 2019 en die leerder se noemnaam en van, bv. 2019 Jan du Toit • Ouers is verantwoordelik vir gravering en graveringskoste. • Gravering kan by Premier Shoes, Kloofstraat 155 gedoen word. Alle bekers moet terug in die biblioteek wees (nie by klasonderwyser of sekretaresse nie, asb.) teen Donderdag, 15 Augustus. NAVRAE:...

Lees Verder

Nuusbrief van 12 Julie 2019

  Laerskool Jan van Riebeeck Nuus Liewe Ouers, Datums Vrydag, 12 Julie 2019 Landloop: Wedloop 7 Dinsdag, 16 Julie 2019 Akademiese komitee vergadering 17:30 Woensdag, 17 Julie 2019 Amesa 2de Rondte. Gr.4-7 Woensdag, 17 Julie 2019 Netbal: Liga wedstryde Woensdag, 17 Julie 2019 Rugby: Liga vs. Century City (weg) Donderdag, 18 Julie 2019 Gr.6 Lead4Life Donderdag, 18 Julie 2019 Madiba-dag Donderdag, 18 Julie 2019 Toets: Gr.7 Afrikaans Vrydag, 19 Julie 2019 Gr.7 Lead4Life Vrydag, 19 Julie 2019 Quiz-aand Vrydag, 19 Julie 2019 Landloop: Wedloop 8 (Zwaanswyk Academy, 338 Main Rd, Retreat) Vrydag, 19 Julie 2019 Toets: Gr. 4 & 6 Engels Vrydag, 19 Julie 2019 Toets: Gr.5 Afrikaans Saterdag, 20 Julie 2019 Toernooi: Fanie Theron Mini Rugby & Netbal: O/7 – O/9, WEG (Fanie Theron Primary School, Krige St & Bosman St, Kraaifontein) Saterdag, 20 Julie 2019 Skaak: Distrikproewe O/13 gemengde span (Star College, Tarentaal road, Bridgetown) Maandag, 22 Julie 2019 Ischke Felix (Juffrou) verjaar Woensdag, 24 Julie 2019 Rugby & Netbal: Liga wedstryde Vrydag, 26 Julie 2019 Landloop: Circuit Champs (Sun Valley Primary School, Brigantine Ave, Sun Valley) Vrydag, 26 Julie 2019 Toets: Gr.5 & 7 Engels Vrydag, 26 Julie 2019 Toets: Gr.4 & 6 Afrikaans Vrydag, 26 Julie 2019 Sivvies Saterdag, 27 Julie 2019 Eisteddfod Blokfluit Saterdag, 27 Julie 2019 Deon Pieterse (Onderwyser) verjaar >> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK << UIT DIE HOOF SE KANTOOR Ons hoop...

Lees Verder