Laerskool Jan van Riebeeck Nuus

Liewe Ouers,

Datums

Vrydag, 26 Julie 2019 Landloop: Circuit Champs (Sun Valley Primary School, Brigantine Ave, Sun Valley)

Saterdag, 27 Julie 2019 Eisteddfod Blokfluit

Maandag, 29 Julie 2019 Beheerraadvergadering

Dinsdag, 30 Julie 2019 Hannes Muller (Terreinbestuurder) verjaar

Woensdag, 31 Julie 2019 Netbal: Liga vs. Edgemead (Weg) (Edgemead Primary School, Denison Way, Edgemead)

Woensdag, 31 Julie 2019 Liewe Aarde: Herwinning sivvies

Woensdag, 31 Julie 2019 Rugby: Liga vs. Prestwich (Tuis) (Conradieveld)

Donderdag, 1 Augustus 2019 Koorfees @ Hoërskool Jan van Riebeeck

Vrydag, 2 Augustus 2019 Skaak: Ligawedstryde vs. Observatory

Vrydag, 2 Augustus 2019 Toets: Gr.4 – 7 Wiskunde

Vrydag, 2 Augustus 2019 Landloop: Zonal Champs (The Club House at Claremont Cricket Club, Constantia Sports Complex, Constantia Main Rd, Constantia)

Saterdag, 3 Augustus 2019 Netbal: Kenridge Ontwikkelingstoernooi O/10 & O/11, WEG

Saterdag, 3 Augustus 2019 Sporttoernooi: Curro Hermanus sportfees, WEG

Saterdag, 3 Augustus 2019 Eisteddfod Klavier

Woensdag, 7 Augustus 2019 Rugby: Liga vs. Sunningdale (WEG) (Sunningdale Primary School, Sunningdale Dr & Tryall Road, Sunningdale)

Woensdag, 7 Augustus 2019 Netbal: Liga Curro Durbanville (Laerskool Jan Van Riebeeck, 52 Kloof St, CBD, Cape Town, 8000, South Africa)

Donderdag, 8 Augustus 2019 Wiskunde Kamp

Vrydag, 9 Augustus 2019 Nasionale Vrouedag

Vrydag, 9 Augustus 2019 Vakansiedag

Vrydag, 9 Augustus 2019 Wiskunde Kamp

Regstelling: Deon Pieterse se verjaarsdagdatum was verkeerd op die kalender. Hy verjaar NIE die 27ste Julie nie.

>> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK <<

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Op- en aflaai van leerders:

Daar is steeds ouers of persone wat op verkeerde plekke die leerders op- en aflaai en daar is persone wat soms op die bus se parkeerplek stilhou. Sommige persone parkeer op plekke wat ‘n groot verkeersknoop veroorsaak!



Daar is ook persone wat op die teerblad parkeer en hul motor verlaat… dalk om met iemand anders te gaan gesels of gou iets te gaan koop, maar dit is tot groot frustrasie van baie ouers. Ek het selfs ‘n foto gekry van so ‘n “onwettige” geparkeerde motor en is gevra dat ek dit in die nuusbrief moet plaas … dalk sal dit help as ons in die toekoms sulke foto’s plaas!

As almal by die reëls hou, sal die verkeer beslis beter vloei.

---

NUUTSTE NUUS

Onthou asb. dat albei kore volgende Donderdag, 1 Augustus om 19:00 by die Hoërskool Jan van Riebeeck se Koorfees deelneem. Alle koorlede moet om 18:00 in netjiese winterdrag by die Hoërskool wees. Kaartjies is teen R50 by die Hoërskool of deur QUICKET te koop.

isiXhosa: week 12

Vanjaar mik ons dat alle Jannies (en ouers wat wil) 100 isiXhosa woorde leer! Kliek HIER om die vorige weke se woorde te sien. Hier is hierdie week se woorde:

---

VERDERE NUUS

AKADEMIE

Saterdag neem vier van ons graad 7 leerders saam met 16 ander leerders deel aan die Cum Laude Wiskundekompetisie by Hoërskool Brackenfell. Dit is slegs die top 20 leerders in die Wes-Kaap wat die geleentheid kry om aan dié rondte deel te neem.

Ons wil vir Jana van Rooyen, Dawid Adler, Thornley Webber en Alet Hitge alle sterkte toewens. Dit is alreeds ‘n besondere prestasie om in die top 20 van die provinsie te wees. Ons hoop julle geniet elke oomblik daarvan.

Met 9 van ons leerders wat uistekend presteer het by die Wes-Kaapse Horizon Wiskundekompetisie, was die reis vir Peet Karsten nog nie verby nie. Hy was uitgenooi verlede Vrydag om die Nasionale Prysuitdeling van die kompetisie by te woon.

Meer as 50 000 leerders het landwyd aan die kompetisie deelgeneem. Peet het algeheel 3de in die Wes-Kaap geëindig en geen idee gehad wat sy plek sou wees by die nasionale kompetisie nie. Ons kan met trots aankondig dat Peet algeheel 6de in die land geëindig het. Dit is ‘n ongelooflike prestasie! Ons is almal uiters trots op jou Peet, wel gedaan!

blindevink

Definisie: Klein, oopgevlekte stukkie sagte vleis met ‘n vulsel binne-in.

Sin: Ek hoop ons eet vanaand blindevinke vir aandete.

Wenner: Leah Maritz (Gr.5M)

---

ALGEMEEN

Baie geluk aan Lumarie Fourie (Graad 5), ons Jannie van die week, wat so getrou herwin het. Geniet die Col’Cacchios R100 geskenkbewys.

Hier is die die drie maklikste items wat ons almal kan vervang om minder plastiek te gebruik in plastiek-vrye Julie… en sommer vir ewig!:

• Plastieksakke: onthou jou eie herbruikbare sakke wanneer jy gaan inkopies doen

• Plastiekbottels: gebruik jou eie glas of metaal waterbottel

• Strooitjies: sê nee vir strooitjies, of vra vir papierstrooitjies

Baie dankie aan almal wat Vrydagaand die ‘Bring & Raai Vasvra’ bygewoon het. Dit was ‘n reuse sukses en ons het R30 315.68 ingesamel!Groot dankie aan Karien Zulch en haar helpers wat alles gereël en georganiseer het !Alle verlore goedere is in die kratte langs die Graad 1O trap of breekware in die Snoepie. Gaan haal dit asseblief so gou moontlik af.

‘n Spesiale dank aan mnr. Oosthuizen wat die verwelkoming en geskiedenis hanteer het, mnr. Leon Hanekom vir die opstel van die klank en De Jongh en Zelda Borchardt wat die Quizmeester en Ouditeur was.

Die Breinbrekers (onderwysers) wen die geesbeker vir beste kostuums en sportmangees.

Die Vasvra-wenners vir 2019:

• Eerste plek: Watsenaam – Kaptein: Mari Stiemie, Spanlede: Chrisjan Stimie, Ben Strauss, Nicole Strauss, Jaco Fourie, Tash Fourie, Hannes Moore & Theresa Moore.

• Tweede plek: E=MCHammer – Kaptein Christelle Pansegrouw (wenners van 2018)

• Derde plek: The ‘A’ Team – Kaptein Charlotte Marais.

Sien julle weer in 2020!

Vriendelike Groete

OOV 2019

SPORT

Ons atlete het Vrydag, 19 Julie, in yskoue weer by Laerskool Zwaanswyk aan ‘n landloopwedloop deelgeneem. Hier volg die uitslae:

o/7: Samuel Groenewald-19de; Nicolas Marais-29ste

o/8: Delmar Benecke-5de; Jana Olivier-7de; Lili Ann Blomerus-10de

o/9: Marais Groenewald-18de; Andre Marais-??; Samuel Wolff- 39ste

o/11: Leah Maritz-42ste

o/12: *Scarlett van der Merwe-2de….uitstekend Scarlett !!

Ons O/13 gemengde skaakspan het op Saterdag, 20 Julie, aan die Distrik uitspeel rondte vir skole deelgeneem en het deurgedring na die Wes-Kaap rondte wat oor die naweek van 31 Aug – 2 Sep gaan plaasvind. Baie geluk aan die volgende leerders wat die skool verteenwoordig het:

Bernard Lombaard

Petrus Bosman

Jan Karsten

Liezel Snijders

Carla Snijders

Keegan Schoeman

Daniel Wasserman

Ons O/7 tot O/9 rugby- en netbalspanne het op Saterdag, 20 Julie, aan Fanie Theron se Mini-Sporttoernooi deelgeneem. Dit was ‘n heerlike dag met lekker weer en goeie sportman(vrou)gees. Ons deel graag die uitslae:

O/7 A rugby: wen 6 – 2 vs. Destinatus, verloor 0-3 vs. Fanie Theron, wen 6-1 vs. Goodwood Park

O/7 B rugby: verloor 1 – 6 vs. Simonsberg; wen 5-1 vs.Fanie Theron

O/8 rugby: wen 2-0 vs. Goodwood Park; verloor 0 – 3 vs. Fanie Theron; wen 13-0 vs. Reddam House Durbanville

O/9 rugby: wen 3-0 vs. Destinatus; wen 5-0 vs. Bellville-Noord; verloor 0-1 vs.Fanie Theron

Ons maak as ‘n reël nie die tellings van die O/7 en O/8 spanne bekend nie omdat die fokus vir hierdie groepe op deelname val.

O/7 A & B netbal: Ongelukkig het hulle al hul wedstryde verloor, maar vir baie spelers in hierdie spanne was dit hul eerste wedstryde. Die dogters het hul soos dames gedra en ons skool se naam hoog gehou met hul pragtige maniere.

O/8 A & B netbal: Beide spanne wen al hul wedstryde vir die dag.

O/9 A netbal: wen 9-0 vs. Simonsberg; wen 10-0 vs. Destinatus; wen 8-0 vs. Reddam House Durbanville

O/9 B netbal: wen 5-0 vs. Simonsberg; wen 2-1 vs. Fanie Theron

Baie dankie aan almal wat die spelers op die dag kom ondersteun het. Dit was ‘n heerlike toernooi!

Ons netbalspanne het Woensdag, 24 Julie, teen Laerskool Table View wedstryde gespeel. Die reën het mooi gewag dat ons klaar speel. Die uitslae is soos volg:

O/9 A 4 – 2 (wen) vs. Table View

O/9 B (verloor) vs. Table B

O/10 A 4 – 3 (wen) Table View A

O/10 B 4 – 8 (verloor) vs. Table View B

O/11 A 16 – 2 (wen) vs. Table View A

O/11 B 5 – 1 (wen) vs. Table View B

O/12 A 0 – 18 (verloor) vs. Table View B

O/12 B 0 – 9 (verloor) vs. Table View B

O/13 A 21 – 11 (wen) vs. Table View A

O/13 B 5 – 6 (verloor) vs. Table View B

Ons O/11 en O/13 rugbyspanne het Woensdag, 24 Julie, teen Laerskool Milnerton op die Conradieveld gespeel. Die weer het mooi saamgespeel vir die O/11 wedstryd, maar die O/13 span het omtrent geswem. Die manne en afrigters het nie vir die water geskrik nie en pragtige rugby gespeel.

Die uitslae:

O/11 A 34 – 0 (wen) vs. Milnerton

O/13 A 42-10 (wen) vs. Milnerton A

Ons moes ongelukkig die O/7 tot O/9 wedstryde uitstel omdat hulle (Minerton) veld nie die water genoeg dreineer het nie. Ons sal binnekort ‘n nuwe datum vir ouers stuur.

---

Kliek HIER vir advertensies van die week

” If you talk to a man in a language he understands, that goes to his head. If you talk to him in his language, that goes to his heart.”

– Nelson Mandela

Vriendelike groete

J.H. Oosthuizen

SKOOLHOOF

Laerskool Jan van Riebeeck
Kloofstraat 52, Tuine, Kaapstad, 8001
021 423 4209