Baie geluk aan ons Jannies van die week, John Gilmer (Graad 3S) en Sadie Gilmer (Graad 1K). Dankie dat julle so getrou herwin! Geniet die R100 geskenkbewys van Col’Cacchio.

Herwinningswenk: “Die Wes-Kaapse regering gaan alle organiese afval teen 2027 verban”. Wanneer organiese afval in ons rommel afbreek, word kweekhuisgasse vrygestel. Dit dra by tot aardverwarming. Dis belangrik dat ons die organiese afval in ons vullisdromme verminder: begin ‘n komposhoop vir alle organiese afval soos vrugte- en groenteskille, teesakkies en eierdoppe. Fyn geskeurde koerantpapier en tuinafval soos blare en grassnysels kan hierby ingemeng word. Stad Kaapstad het ‘n program waar inwoners gratis komposdromme kan kry – kliek HIER vir die skakel na hul blad. In woonstelle kan ‘n Bokashi-blik hiervoor gebruik word, of ‘n Yolo kompostuimelaar.