Lené Vorster, ‘n graad 9-leerder aan Hoërskool Jan van Riebeeck, is aangewys as die nasionale wenner van die Taalbond se Tweetaligheidseksamen in die junior afdeling. Dit is werklik ‘n besonderse prestasie! Sy volg in die voetspore van Theodore Pauw (matriek 2018) wat in 2018 die senior afdeling gewen het. Hulle is natuurlik albei oud-leerders van ons skool!!