Albei ons kore neem op 21 Augustus deel aan die Weskus Koorfees. Dit vind by Woodbridge Primary School in Milnerton plaas. Koorlede sal inligting oor die aand kry. Kaartjies is van môre (Vrydag) af op die Karri app te koop teen R50 pp. Ons skool het net ‘n beperkte aantal kaartjies, so bespreek vroegtydig.