Skrywer: Suzaan Burger

Verlore goedere 2

Die volgende items is by die kantoor ingehandig. Dit sal wonderlik wees indien ons die eienaars kan opspoor. Kliek HIER vir die items wat verlede week in die nuusbrief verskyn het. Sommige daarvan is nog onopgeëis.

Lees Verder

Mandela-dag 2020

Baie dankie vir skenkings van kruideniersware wat ons al ontvang het vir Mandela-dag. Ons herinner julle net weer aan die spesifieke kruideniersware wat elke graad voor verantwoordelik is: Graad 00 & 0: Potlode/Uitveërs Graad R: Koekies/Beskuit Graad 1: Koffie/Tee Graad 2: Vetkoekmengsel Graad 3: Warm-sjokolade Graad 4: Handeroom Graad 5: Vinolia seep Graad 6: Pannekoekmengsel Graad 7: Malva-lekkers Baie dankie vir julle samewerking rakende die projek en dit sal baie waardeer word as leerders voor Donderdag, 16 Julie die kruideniersware skool toe kan bring. Vriendelike groete,...

Lees Verder

Liewe Aarde

Die Liewe Aarde depot is weer oop vir herwinning. Alle JvR gesinnne kan hier herwin. Ouers het tans toegang tot die depot slegs tydens aflaai en oplaai. Die herwinning van papier en karton is ook weer oop!! Onthou asb. om slegs riffel-karton in die kartonhouer te sit. Alle gladde karton kan in die papier igloe gegooi word. Die wit papier word apart herwin in die wieldromme – ons kry heelwat meer vergoeding vir wit papier. Dankie vir almal se...

Lees Verder

Rooster vanaf Maandag, 6 Julie 2020

Om akademiese kontrole te vergemaklik, gaan ons vanaf Maandag, 6 Julie, die skoolrooster se dae herhaal. ‘n Klas gaan dus oor twee dae dieselfde periodes hê. Hier volg die datums, groepe wat skool toe kom en die dagrooster wat gevolg sal word. Die rooster sal ook op die webtuiste beskikbaar wees: Kliek op die COVID-19 blok op die tuisblad vir die volgende twee weke se rooster en al die nuutste inligting rakende...

Lees Verder

Jannies Welwillendheidprojekte vir 2020

Die grendeltyd het ons almal forseer om kreatief te dink en ons komitee het dit goed gedink om ons fokus aan te pas en ons uitreike na ons eie gemeenskap te neem. Wat ‘n voorreg om die Welwillendheidprojekte vir die kwartaal aan julle bekend te stel. Gedurende die grendeltyd is 15 Jannie-gesinne van kospakkies voorsien. Ons is baie dankbaar teenoor Alive Foundation, wat aan die bestuur van die projek is. 1. Skoolklere skenkings: Ons is besig met ‘n projek waar ons tweedehandse winterskoolklere inneem en dan gee aan ons leerders wat nog ‘n stel benodig. Ons moedig alle ouers en leerders aan om enige skoolklere, veral sweetpakke, wat te klein of nie meer gebruik word nie, vir die registeronderwysers te stuur. 2. Vir Madibadag, 18 Julie, reik ons na Prestwich Laerskool uit en benodig ons die volgende skryfbehoeftes: Gr.00 & Gr.0: Bloupenne, uitveërs en HB gryspotlode. 3. Ons gaan ook uitreik na ons eie gemeenskap met die nodige kospakkies. Ons benodig die volgende produkte vir die projek: Gr.R: Koekies/Beskuit Gr.1: Ricoffy Koffie/Tee (Gewone/Rooibos) Gr.2: Eureka Mills: Vetkoekmengsel Gr.3: Nestle Hot Chocolate Gr.6: Pannekoekmengsel Gr.7: Malvalekkers Meer inligting sal in die klasse en op Google Classroom bekend gemaak word. 4. Ons het ook Ellerton Laerskool se biblioteekboeke wat ons in kwartaal 1 ingesamel het, geskenk. 5. Spekboompies vir Boomplantdag in Kwartaal 3 word benodig en wil ons Jannies aanmoedig om...

Lees Verder

Infasering Intersenfase

Beste gr.4-7 Ouer(s)/Voog(de) Ons is baie opgewonde om ons gr.4-6 leerders eersdaags terug by die skool te verwelkom. Die brief sal al die reëlings deeglik uiteensit en hopelik al julle vrae beantwoord. 1. Skoolkwartale: Kwartaal 2: 1 Junie – 7 Augustus (10 weke) Kwartaal 3: 12 Augustus – 23 September (6 weke) Kwartaal 4: 5 Oktober – 15 Desember (10 weke) 2. Oriënteringsdae: Tydens hierdie dae word al die maatreëls met die leerders bespreek. Klasruilings (onderwysers wissel) vind plaas sodra oriëntasie afgehandel is. Leerders pak dus hul tas vir die betrokke dag se periodes. Die rooster bly dieselfde. Gr.6 (Hele groep) – Vrydag, 26 Junie (7:45 – 14:10) Gr.4 (Oranje) – Woensdag, 1 Julie (7:45 – 14:10) Gr.4 (Blou) – Donderdag, 2 Julie (7:45 – 14:10) Gr.5 (Hele groep) – Vrydag, 3 Julie (7:45 – 14:10) 3. Graadgroepe terug by die skool: Vanaf die volgende datums kom die helfte van ons leerders elke dag skool toe. Ons het besluit om die kleurgroepe te gebruik om die logistiek vir families te vergemaklik. Die Blouspan (gr.6e) kom die eerste week Maandag, Woensdag en Vrydag skool toe en die Oranjespan Dinsdag en Donderdag. Die volgende week (wanneer gr.4+5 terugkeer) ruil dit weer om sodat alle leerders oor ‘n tweeweeksiklus alle periodes het. Die Oranjespan se gr.4+5’s kom dus tydens hulle eerste week terug Maandag, Woensdag en Vrydag en die Blouspan Dinsdag en...

Lees Verder

Covid-aksieplan – infasering van leerders

Beste Ouers en Voogde Goeie nuus! Ons het goedkeuring gekry by die WKOD (Wes-Kaapse Onderwysdepartement) vir ’n unieke terugkeerplan vir ons skool. Ons is baie opgewonde oor die vooruitsig dat ons leerders eersdaags kan terugkeer skool toe. Die graad 7’s is reeds ten volle by die skool ingeskakel en die kinders geniet dit terdeë om terug te wees. Wees asseblief verseker dat ‘n hoë akademiese standaard gehandhaaf sal word. Ons wil so gou moontlik ons leerders aan die volledige skoolprogram blootstel deur ons normale skoolrooster te volg. Deel 1 Covid-oriëntering van leerders Om terugkeer skool toe te vergemaklik sal elke graad ’n oriënteringsdag bywoon die week voordat die graad ingefaseer word. Die graadvoog/klasonderwyser sal ’n program sirkuleer wat aankoms- en vertrektye, dae van klasbywoning en ander kwessies verduidelik. Die beweging van leerders en kontak tydens pouses word versigtig beplan deur onder andere klasruiling te beperk. Datums: graad R, 1, 3 en 6 se oriëntering Week: 22 – 26 Junie 2020 – ORIëNTERING (Skool begin 29 Junie 2020) HUPPELLAND Gr.R – Donderdag, 25 Junie (9:00 – 12:00) LAERSKOOL Gr.1 – Maandag, 22 Junie (9:00 – 13:00) – Blou Gr.1 – Dinsdag, 23 Junie (9:00 – 13:00) – Oranje Gr.3 – Donderdag, 25 Junie (9:00 – 13:00) Gr.6 – Vrydag, 26 Junie (7:45 – 14:10) Datums: graad 00, 0, 2, 4 en 5 se oriëntering Week: 29 Junie – 3 Julie...

Lees Verder

Prosedure: Reaksies op die COVID-19 virus binne die skoolgemeenskap

Die beleid verduidelik hoe die leierskap van Laerskool Jan van Riebeeck sal reageer indien ons bewus word van enigeen in ons skoolgemeenskap (personeel, leerders, ouers/voogde) wat in aanraking kom met die virus in verskillende scenarios. Die beleid sal voortdurend aangepas word om te strook met die bepalings van die WKOD en ander relevante wetgewing. Dit word van alle lede van ons skoolgemeenskap verwag om nie die skool te betree indien hulle nie gesond voel nie en nasionale kwarantynriglyne te volg indien hulle infeksie vermoed. 1. DEFINISIES 1.1 “direkte aanraking” beteken onbeskermde kontak byvoorbeeld ‘n handdruk of omhelsing 1.2 “terloopse aanraking” beteken teenwoordig wees in ‘n vertrek met die positiewe persoon 1.3 “noue aanraking” beteken persone wat ‘n tuiste deel 2. STAPPE Die volgende stappe moet gevolg word wanneer personeel, leerders of besoekers positief toets, of in aanraking was met iemand wat positief getoets is. 2.1 Stappe wanneer ʼn leerder positief toets vir Covid-19 2.1.1 Die skoolhoof moet onmiddellik die bevestigde geval by die kringbestuurder/distriksdirekteur aanmeld, asook bevestig: 2.1.1.1 wanneer die leerder by die skool was vir die laaste keer; 2.1.1.2 met wie die leerder in direkte aanraking was; en 2.1.1.3 met wie die leerder in noue aanraking was. 2.1.2 Die skoolhoof en distriksamptenare sal die geval assesseer en die distriksamptenare sal die stappe wat gedoen moet word bevestig aan die skool. 2.1.3 Die Departement van Gesondheid is verantwoordelik vir...

Lees Verder

Uit die hoof se kantoor

Liewe ouers Ons Gr.7-leerders is nou al amper twee weke by die skool en dit gaan eintlik baie goed. Die gemiddelde bywoningsyfer is ongeveer 95%. Ons gaan by die department van onderwys aansoek doen om die teruglatingstye te vervroeg sodat al ons leerders vroeër by die skool kan wees. Sodra ons hiervoor goedkeuring gekry het, sal ons dit aan julle bekendmaak. Die nuwe datums vir die res van die jaar is ook nog nie amptelik nie, maar dit gaan volgens die SAOU (Suid-Afrikaanse Onderwysunie) soos volg wees: Kwartaal 2: 1 Junie – 7 Augustus Kwartaal 3: 12 Augustus – 23 September Kwartaal 4: 5 Oktober – 15 Desember Die voorlopige datums vir die leerders se terugkeer na skole is soos volg: 1 Junie: Gr.7 6 Julie: Gr.00, 0, R, 1, 2, 3 & 6 3 Augustus: Gr.4 & 5 Die skool se bestuur en personeel neem die risiko’s wat die Koronavirus meebring baie ernstig op. Sanitasieprosesse is nou van so ’n aard dat ons gerus voel dat ons infeksieverspreiding so goed moontlik beperk. Die beleid neem verskeie scenario’s in ag. In kort, die skool sal nie sluit indien ’n leerder of personeellid positief toets of ander aanraking met die virus gehad het nie. Raadpleeg gerus die dokument vir al die prosesse en stappe wat geneem sal word in enige so ’n geval. Kliek hier vir die prosedure: Reaksie op...

Lees Verder

Uit die hoof se kantoor

Liewe Ouers Ongeveer 90% van ons graad 7 leerders is terug by die skool en ons is baie trots om te kan sê dat alles op die eerste dag glad en sonder enige voorvalle verloop het. Ons skool het al die nodige toerusting betyds vanaf die WKOD ontvang en ons het ook baie ekstras self aangekoop. Ons onderwysers is goed voorbereid en ingelig oor hoe ons ons leerders moet ondersteun en oriënteer. Ons skool is ook goed ingerig en deeglike beplanning is gedoen. Ons is ook baie trots op ons graad 7’s wat so goed saamwerk! Die nuutste dokument wat ons ontvang het, is die datums wat leerders na die skole moet terugkeer soos volg: Maandag 1 Junie : Gr. 7 & 12 Maandag 6 Julie : Gr. 00, 0, R, 1, 2, 3, 6, 10 & 11 Maandag 3 Augustus: Gr. 4, 5, 8 & 9 Dit lyk vir ons of die kwartaal op Vrydag 24 Julie gaan sluit en die 3de kwartaal weer op Maandag 3 Augustus gaan begin. Dit is egter nie amptelik nie. Skole mag egter met die nodige toestemming van die dept. van onderwys, afwyk van hierdie voorgestelde datums. Ons beheerliggaam sal eersdaags vergader en besluit hoe ons skool die terugkeer van ons leerders sal behartig. Sodra ons duidelikheid hieroor het, sal ons dit met al ons ouers, Huppelland ingesluit, kommunikeer. Ons sal ook...

Lees Verder

Uit Adri se dagboek (JvR sekretaresse)

Laerskool JvR Covid-19 Voorbereiding vir 1 Junie ’20 Mnr. Oosthuizen is ALTYD op sy pos en kan enige vraag van wie ookal, oor wat ookal, hoe ookal en wanneer ookal binne 0.06 sekondes beantwoord. In my boek, baie beter as minister Angie M… Leon en Jodene is beslis meer binnegoed as bek en hul interpretasie, verwerking en voorbereiding t.o.v. die virusmaatreëls laat mens se oë net nog groter agter die stomme maskers rek, om die virus se verspreiding oral in die skool sover moontlik te beperk. Lucia en Benita is bek, binnegoed, brein en boek as enige iemand raad, hulp of bystand soek. Sonder dat jy hoef te smeek of te soek! Razelle en Michelle kopiëer, lamineer en plak aanwysings dat Covid-19 sy spoeg maar liewers buite die skoolterrein moet sluk of laat spat. Hannes en oom Steyn huiwer nie om die laaste spuitkan, spyker en wieldop in te kap of te trap, om ons almal klopdisselboom te laat funksioneer, sommer so in die verbygaan of op ‘n drafstap. Al die terrein- en skoonmaakpersoneel pleister, poets en toets onverpoos (soms met toegewasemde brille en maskergrille) en dr. André laat die vraelys klink na ‘n gesang terwyl hy korrel tussen jou oë en mens se koors laat daal met ‘n stewige, vrolike halleluja. Marili maak dat ons ligte aanbly en fone lui, nie een van ons sonder ‘n salaris sit...

Lees Verder

Uit die hoof se kantoor

Liewe ouers, leerders en personeel A. Terug skool toe! 1. Ons hoop al ons leerders geniet hierdie week om lekker te ontspan en uit te rus! Ons sien ook baie uit om Maandag al ons graad 7’s te verwelkom. 2. Ons weet ongelukkig steeds nie wanneer die res van die leerders, insluitend Huppelland, kan terugkom nie. Ons is deurentyds in kommunikasie met die Departement van Onderwys en sal julle in kennis stel sodra dit bevestig word. Voorlopige aanduidings is dat ons teen middel Junie duidelikheid behoort te kry. 3. Kliek hier vir belangrike inligting vir ons graad 7 leerders en ouers. Die res van julle kan dit solank deurgaan en julle kinders begin voorberei. Ons sal ook vir julle ‘n video aanstuur om te wys wat die prosedure is wanneer leerders by die skool aankom. Ons skool se uitvoerende span het bitter hard gewerk om alles in plek te kry en ons sê vir hulle baie dankie. Dit is vir ons almal onbekend en ons leer soos wat ons aangaan, so wees asseblief geduldig. 4. Daar sal geen buitemuurs plaasvind vir die afsienbare toekoms nie. 5. Nasorg: Daar sal nie eerskomende Maandag nasorg wees vir enige leerders nie. Daar sal in volgende week ‘n besluit geneem word aangaande verdere nasorg. B. Volgehoue aanlyn-studies 1. Die res van ons grade gaan voort met ons uitstekende afstandonderrigprogram vanaf Maandag. Wees gerus...

Lees Verder

Jannies omgee-projek

Laerskool Jan van Riebeeck en Huppelland is ‘n gemeenskap wat omgee. Met die afskop van aanlynonderrig het die skool finansieel voorsiening gemaak vir data sodat alle leerders gelyke toegang tot hulpbronne het. Ons wil verseker geen leerders, ongeag hul omstandighede, se akademie ly daaronder nie. Die Covid19-pandemie het egter veroorsaak dat van ons ouers en voogde, sonder enige waarskuwing, hul inkomste verloor het. Ons het koppe bymekaar gesit en besluit om ‘n volhoubare plan saam te stel sodat gesinne wat hulp kort, twee-weekliks ‘n ruim kosskenking via die skool kry. Die skenking is vir vier gesinslede met gesonde kos en resepvoorstelle. Ons loods die projek in samewerking met die Alive Foundation: ‘n onafhanklike nie-winsgewende organisasie met hope ervaring. Die stigterslid van die Alive Foundation is Stephanie le Roux, ook ‘n ouer in ons midde, wat reeds ‘n pad saam met ons stap en al vir jare omgeewerk in ons gemeenskap doen. Enige ouers wat produkte vir die kospakkies wil skenk of enige ander items wat van nut kan wees, kan Stephanie le Roux direk kontak by 083 261 8961. Ouers wat eerder donasies wil maak, kan dit direk in Alive Foundation se rekening betaal: ALIVE FOUNDATION, FNB, takkode: 250 655, Rekeningnommer: 62357447541 (tjekrekening) Marietjie de Kock (remediërende onderwys) bestuur welwillendheid op die personeel as jy met haar wil kontak maak. Sy werk nou saam met die Alive Foundation. Marietjie...

Lees Verder

Afweek vir leerders: 25 – 29 Mei

Beste Ouer(s)/Voog(de) Ons vermoed dat die skool eers teen die einde van Julie gaan sluit en die vakansie slegs ‘n week gaan wees. Ons het die normale kurrikulum gevolg en danksy ons goeie afstand-onderrig program is ons presies waar ons moet wees. Daarom het ons besluit dat ons leerders ‘n blaaskans verdien voor die eerste graad (Gr.7’s) terugkeer skool toe op Maandag, 1 Junie. Die leerders van Huppelland en die Laerskool gaan gevolglik volgende week (25 – 29 Mei) geen werk ontvang nie. Gebruik dus hierdie tydjie om lekker uit te rus! Ons weet ongelukkig steeds nie wanneer die res van die leerders moet terugkeer skool toe...

Lees Verder

Terugvoer oor vraelys wat leerders ingevul het

Beste Ouer(s)/Voog(de) Baie dankie aan al ons leerders en ouers wat verlede week die vraelys oor afstand-onderrig ingevul het. Die vorm is deur 93 Gr.1-3 leerders en 170 Gr.4-7 leerders voltooi. Sommige huisgesinne kon slegs een vorm voltooi. Daar was enkele versoeke dat alle klasse op Zoom aangebied moet word. As jy gaan kyk na die toegang tot toestelle en data in ons skoolgemeenskap, is dit prakties onmoontlik. Ons is oortuig dat ons huidige program perfek is vir ‘n laerskool. Die onderwysers gaan wel poog om binnekort ‘n weeklikse sosiale- en motiveringsvergadering met hul registerklasse te hou. Ons is ‘n Google-skool en gaan Google Meet gebruik aangesien dit die veiligste platform vir kinders is. Die terugvoer in die kommentaar-afdeling was geweldig positief. Dit is duidelik dat ons leerders hulle maats, onderwysers en skool mis en baie dankbaar is vir die moeite wat die onderwysers doen. Die data word verder in graadverband verwerk en aanpassings sal gemaak word waar nodig. Dankie vir julle volgehoue ondersteuning! Vind aangeheg ‘n opsomming van die data wat ons versamel het. Vraelys...

Lees Verder