Belangrike kennisgewing
Beste Ouers Die koranavirus het nou behoorlik sy intrek geneem by ons skoolgemeenskap. Die hoeveelheid infeksies, virus-blootstellings asook mense in kwarantyn het drasties onder ons gesinne en personeel gestyg. As jy die hele jaar in ag neem, kan onsself seker gelukkig ag dat ons nou eers met die dilemma sit op so ‘n skaal. Almal se veiligheid is uiteraard die grootste prioriteit. Die volgende planne is goedgekeur deur die Beheerraad: 1. Die skool sluit amptelik môre Donderdag, 10 Desember, om 11 uur, maar ons wil jou graag aanmoedig om van môre af eerder jou kinders tuis te hou. 2. Sover moontlik is rapporte vandag uitgedeel sodat julle nie hoef terug te keer skool toe nie. 3. Rapporte kan tot en met Vrydag 11 uur by die skool opgelaai word by Adri in die kantoor. Parkeer asseblief op die sportveld – geen ingang van Kloofstraat nie. 4. Ouers wat staatgemaak het op volgende week se sorg by die skool, kan vir ons ‘n e-pos stuur na nasorg@jvrprim.co.za. Skoolsorg sal beskikbaar gemaak word teen geen koste tot en met Dinsdag, 15 Desember, om 12:00. Ons is uiteraard baie hartseer oor ons Graad 7’s wie se prysuitdeling Maandag by die Conradieveld sou plaasvind. Ook die tradisionele swembadspring is nou in die wiele gery. Ons gaan nog ons koppe bymekaar sit en sal met Graad 7-ouers apart hieroor kommunikeer. Ons wil as ’n...
Lees Verder