Vandag heers daar groot opwinding by die skool, aangesien skole vandag in die Wes-Kaap vir ‘n kort, maar welverdiende vakansie sluit. Kwartaal 1 was propvol verskeie sport-, kultuur- en pretaktiwiteite geskeduleer. Vir die eerste keer in 2 jaar kon ons Jannies weer aan somersportwedstryde, byeenkomste, galas en konserte deelneem waar ouers, voogde, oumas en oupas teenwoordig kon wees. Ons kernbesigheid, naamlik Akademie, het beslis nie stil gestaan nie en daar is sommer hard in die klasse gewerk om die nodige doelwitte vir die kwartaal te bereik. Vandag ontvang al ons leerders ‘n rapport waarin daar erkenning vir hul harde werk en toewyding gegee word. Graag wil ek al die Jannies en die opvoeders wat onderskeidelik so getrou en hard gewerk het, hartlik gelukwens met die puik akademiese uitslae. Ek is so trots en ‘n dankbare skoolhoof van die puik skool! Laat my dan ook toe om die volgende Gr.7-leerders (alfabeties) hartlik geluk te wens met die aankondiging van die Top Tien Akademiese Presteerders vir kwartaal 1 tydens vanoggend se saalbyeenkoms: Lara Basson Lea Basson Liza Hitge Adelé Holtzhausen Luja Marx Kate Mouton Elsabé Scholtz Cara Swanepoel Nell von Lieres Owen Wiese Ahoewel die laaste week van die kwartaal slegs 4 dae lank was, het daar die volgende klompie pretaktiwiteite plaasgevind: Op Dinsdag, 22 Maart 2022, het die grondslagfase leerders ons heerlik in die saal tydens die Gr. 1 –...
Lees Verder