Sien hier onder die proses wat met verlore goedere by die skool gevolg word. Die skool kan ongelukkig nie vir swak-, verkeerdelik of ongemerkte items verantwoordelik gehou word nie. Ons poog wel om gemerkte verlore goedere, so spoedig moontlik aan hul eienaars terug te besorg.

Proses:

  1. In die eerste periode op ‘n Woensdag en Donderdag word gemerkte verlore items (wat op die tafel beland het) aan leerders terugbesorg.
  2. Alle items wat nie gemerk is nie, word in die kaste gepak.
  3. Aan die einde van die kwartaal, word alle swak / verkeerdelik gemerkte / ongemerkte items wat in die kaste is, by die verlore goedere-uitstalling beskikbaar gestel.
  4. Alle items wat nie op die dag van die uitstalling geëis word nie, word geskenk.

Ongelukkig hoop verlore goedere vanaf Donderdagoggende na Woensdagoggende op. Indien die verlore item nie in die kaste of op die verlore goedere tafel is nie, is ouers welkom om ‘n e-pos na biblioteek@jvrprim.co.za te stuur.