Skrywer: Suzaan Burger

Skooldrag op koeler dae

Met die koeler weer van hierdie week wil ons almal op hoogte van die winterdrag se vordering hou. Die volgende skooldrag is vir hierdie jaar se koeler dae aanvaarbaar: Graad 1-3: Geen vaste datum vir winterdrag nie – leerder/ouer besluit self Kortmou/langmou golfer (albei lyk dieselfde) Skort/sportkortbroek Sweetpaktop en -broek (moet tydens LO-dae en sportdae, sportwedstryde gedra word) Soft Shell-baadjie – nie verpligtend nie, maar lekker warm om bo-oor sweetpaktop aan te trek. Wit sokkies en tekkies of kaalvoet Graad 4-7 (Dogters): *Die onderstaande drag is vir hierdie jaar aanvaarbaar totdat al die klere aan almal beskikbaar is. LO-drag sal vanaf 2024 slegs op LO-dae gedra word. Kortmou/langmou golfer (albei lyk dieselfde) Donkerblou netjiese (formele) rompie met lang donkerblou sokkies (met wit strepies)/swart kouse en skoolskoene OF Skort Donkerblou kortbroek/ donkerblou langbroek met lang donkerblou sokkies (met wit strepies)/swart kouse en skoolskoene Sweetpaktop en -broek (moet tydens LO-dae en sportdae, sportwedstryde gedra word) met wit sokkies en tekkies Soft Shell-baadjie Gr. 7-oopknooptrui Graad 4-7 (Seuns): *Die onderstaande drag is vir hierdie jaar aanvaarbaar totdat al die klere aan almal beskikbaar is. LO-drag sal vanaf 2024 slegs op LO-dae gedra word. Kortmou/langmou golfer (albei lyk dieselfde) Sportkortbroek Donkerblou kortbroek/khaki langbroek met lang donkerblou sokkies (met wit strepies) en skoolskoene Sweetpaktop en -broek (moet tydens LO-dae en sportdae, sportwedstryde gedra word) met wit sokkies en tekkies Soft Shell-baadjie Gr. 7-oopknooptrui Uitstaande...

Lees Verder

Ouerinligtingsessie: Skooler en Teams Gr. 4 – 7

Woon gerus Maandag, 13 Maart, om 18:00 ‘n inligtingsessie oor die gebruik van Skooler in die skoolsaal by. Die volgende word gedemonstreer: Hoe om Skooler te gebruik. Hoe om in Teams in te teken. Hoe om Teams te gebruik. Indien jy belangstel om die inligtingsessie by te woon, maak asb. die boodskap in Skooler oop en vul asb. die aangehegte vorm in sodat ons ‘n aanduiding het hoeveel ouers dit moontlik gaan...

Lees Verder

o.9 Krieket: Seisoen eindig op hoogtepunt

Die o.9-krieketspelers het 23 Januarie met ‘n fantastiese seisoen afgeskop.  Die spelers het uitstekend gevaar en dit was lekker om te sien hoe hulle deur die seisoen ontwikkel het. Ons wil graag dankie sê aan Coach Henk van Sports hub en Coach Patrick van Groenpunt Krieketklub vir hulle harde werk deur hierdie seisoen. Die o.9’s het ‘n totaal van sewe wedstryde gespeel en aan twee toernooie deelgeneem. Ons wil ook dankie sê aan al die ouers wat ons so getrou ondersteun het. Op 7 Maart het ons die seisoen op ‘n hoogtepunt by die Kampsbaai krieketveld afgesluit. Ons het albei ons wedstryde gewen. Ons sien uit na kwartaal...

Lees Verder

Skooler: SPORT-kontakgroepe

Ons wil ‘n beroep op ouers doen om in Skooler te gaan kyk of al die sportgroepe waaraan kinders behoort onder Messages gelys is. Maak Skooler oop. Gaan na Messages en kliek op die pyltjie aan die regterkant van die balkie. Gaan kyk of al die nodige sporgroepe daar gelys is. Indien jy meer as een kind in die skool het, doen dieselfde op hul profiel(e). Indien al die groepe nie gelys is nie (bv. jou kind neem aan hokkie deel, maar jy sien nie enige hokkiegroepe nie), stuur ‘n boodskap op die Algemene groep op Skooler of ‘n e-pos aan suzaan@jvrprim.co.za met jou kind se naam, van, graad en watter sportsoort hy/sy aan deelneem wat nie in jou kontakgroepe verskyn nie. Indien jy sportgroepe sien waaraan jou kind nie meer deelneem nie, kan jy my ook kontak om die groep af te haal van jul...

Lees Verder

Dramatye aanpassing

Liewe Drama-Ouers Die wintersport begin eerskomende Maandag, dus sal ons weer die drama-tye aanpas. Die verandering in tye sal slegs op Maandae wees. Nuwe tye op Maandae: Gr.1-3   14:30 – 15:30 Gr.4-7   15:30 – 16:30 Die maats wat nie aan wintersport deelneem nie, is welkom om by my in die saal vanaf 14:00 te wag. Baie dankie! Groete,...

Lees Verder

Klerebank: Nuutste inligting rakende skooldrag

Reeds bestelde skoolbaadjies (soft shell) is tans by die borduurder. Die laaste bestelling vir winterdrag moet nou geplaas word. Indien jy nog moet bestel, volg asb die skakel om aanlyn te bestel. Die aanvullende oranje wedstrydhempbestellings en sportkouse moet nou gemaak word om betyds vir wintersport te wees. Netbaldogters vanaf o.7 gaan die moulose hemde benodig. Hokkiespelers vanaf o.9’s gaan wedstryde speel. Onthou wedstrydkouse. Die kortmouhemp is vir seuns, mouloos vir dogters. Eerste spanne (gr. 6 en 7) word gewoonlik geborg. Sysakkies is tans beskikbaar. Volg die skakel vir aanlyn sportklerebestellings. Indien jy onseker is van groottes, kom asseblief na die Klerebank voor skool op Maandae en Woensdae of na skool op Dinsdae en Donderdae. Jy kan ook die grootte skat en aanlyn bestel, by die huis aanpas en terugstuur vir omruiling. Inligting oor winterdrag is op die skool se webtuiste uiteengesit. Daar is nie ‘n oorgangsdatum van somersdrag na winterdrag soos in die verlede nie. Ons is steeds bewus dat leerders baie deurmekaar aantrek aangesien ons in ‘n oorgangsfase is. 2024 sal egter wel baie meer formeel bestuur word en duidelike riglyne sal betyds gekommunikeer word. Neem asb. kennis dat die huidige donkerblou skoolrompe steeds gedra mag word. Geruite rompe is nog nie beskikbaar...

Lees Verder

Eisteddfod: Spraak

Die Spraak Eisteddfod is weer op ons. Die inskrywings is R90 per item en sal op die Karri-toep gelaai word. Gr. 1 en 2 kan aan voordrag deelneem. Gr. 3 kan aan voordrag en onvoorbereide lees deelneem. Gr. 4 – 7 kan aan onvoorbereide lees, voordrag en prosa deelneem. Indien jy jou kind wil inskryf, stuur ‘n e-pos of WhatsApp aan Jana met die volgende inligting: Die leerder se naam en van, graad en items waaraan hy/sy wil deelneem. E-pos: jana@jvrprim.co.za, WhatsApp: 072 014 8234. Baie dankie, Jana...

Lees Verder

Skooler & Teams: Vrae en Antwoorde-blad

Op die skool se webtuiste onder die myJvR tab, is daar ‘n Vrae en Antwoorde-blad waar ons wenke en instruksies vir ouers gee wat hulp met iets nodig het waaroor ons gereeld vrae ontvang. Ons het ‘n Teams en Skooler bladsy geskep met al die wenke wat tot dusver in die nuusbrief verskyn het. Ons sal nog wenke en instruksies byvoeg soos nodig. Gaan loer gerus na die bladsy indien jy hulp het met iets spesifieks in Teams of Skooler benodig. SKOOLER & TEAMS VRAE EN...

Lees Verder

Skooler: PDF oopmaak op selfoon

Indien jou selfoon sukkel om ‘n PDF in Skooler oop te maak, of dit maak oop, maar jy kan dit nie aflaai, print of aanstuur nie, sien gerus die volgende stappe: I.p.v. om die Skooler-toep oop te maak, maak jou webleser (web browser) op jou selfoon oop. Tik skooler.com as webadres in. Kliek op die Home | Parent blok. Teken in met jou Skoolerprofiel in die web-weergawe van Skooler. Nou kan jy die web-weergawe van Skooler gebruik en die PDF’s of ander dokumente aflaai. Voeg die web-weergawe van Skooler by op jou selfoon se Home Screen. Android: Kliek op die 3 kolletjies bo-aan die skerm en kies Add to Home Screen. iPhone: Kliek op die Share ikoon onderaan en kies die Add to Home Screen opsie. Die Skooler ikoon vir die web-weergawe behoort nou op jou selfoon se Home Screen te lê. Gebruik dit as ‘n alternatief om PDF’s te kan oopmaak of...

Lees Verder

Geagte Ouers / Voogde

Ek klink seker soos ‘n platespeler wat vasgehaak het, maar tyd en die lewe gaan so vinnig verby. Hier staan ons weereens aan die begin van die derde nuwe maand van die jaar. Maart het skielik opgedaag soos ‘n ongenooide gas. Vir my is 2023 die spreekwoordelike hoëspoedtrein wat eenvoudig nie by enige stasie wil stil hou nie. Ek besef onwillekeurig dat tyd en die lewe verby snel en dat dit onafwendbaar is. Dinge gebeur en dinge verander vinnig en ons moet aanpas of die lewe los ons agter. Ons besef elke dag hoe kortstondig die lewe is. Elke dag is ‘n geskenk en dit is dus belangrik om in die oomblik en met dankbaarheid te lewe. As jy iets wil doen, doen dit vandag! As jy kwaad is vir iemand, maak dit onmiddellik reg. Die lewe is kort en ons moenie tyd mors nie. Ons argumenteer ook dikwels dat ons net eenvoudig nie tyd het nie totdat die lewe onverwags ingryp. Maak dus tyd om saam met jul geliefdes te spandeer en hulle te waardeer! Baie dankie aan al ons ouers/voogde en leerders wat Vrydagaand, 23 Februarie, die klasbraai bygewoon het. Die weer het perfek saamgespeel om die aand nog meer spesiaal te maak. Dit was heerlik om saam met ons ouers/voogde en leerders te sosialiseer. Dit was ook ons gr. 1-ouers se eerste amptelike klasbraai en opvallend...

Lees Verder

Eisteddfod: Solosang

Eisteddfod solosang is weer om die draai. Neem asseblief kennis dat die musiekpersoneel sifting van belangstellende leerders sal doen en die finale kandidate sal identifiseer. Ouers sal in kennis gestel word van leerders se deelname asook die kostes daaraan verbonde. Afrigting van individuele deelnemers geskied na gelang van beskikbare oefentye op roosters. Baie dankie vir julle dringende...

Lees Verder

Bedankingsbrief van Raché

Liewe Ouers/Voogde Ek is dankbaar vir hierdie geleentheid om my opregte dank en waardering aan die talle ouers oor te dra wat hul harte en hande teenoor my oopgemaak het tydens die heengaan van Calvin. Die oproepe, boodskappe van medelye, e-posse, blomme en leessof het my pyn, hartseer en verlies meer draaglik gemaak. Al hierdie omgee het my die waarheid van die gesegde dat gedeelde smart, halwe smart is, laat ervaar. Die voorbereide etes was so welkom en het werklik ‘n groot las van my skouers gehaal. Dit het liggaam en siel aanmekaar gehou. Jan van Riebeeck is voorwaar geseënd met sulke omgee-ouers. Nogmaals baie dankie Liefde,...

Lees Verder

Lion’s Club Paaseierskenkings

Ons wil baie graag weer vanjaar Kaapstad se Lion’s Club help om paaseiers vir minderbevoorregte kinders in te samel. Dit sal wonderlik wees as elke leerder minstens een paaseier vir ons kan bring en dit in die emmer wat in Adri se kantoor staan, kan plaas. Hulle verkies die eiers wat die malvalekker aan die binnekant van die sjokolade het. Dit kom ook in ‘n string van vier of in verpakkings van 24 en meer. Ons wil vra dat die paaseiers voor of op Vrydag, 17 Maart, skool toe gebring...

Lees Verder

Junior (gr. 1-3) Swemgala: 10 Maart 2023

Algemene reëlings: Ons gaan MASSA DEELNAME aanmoedig. Dit beteken dat daar nie voor die tyd enige inskrywings gaan plaasvind nie. Leerders neem op die dag aan die items van hul keuse deel. Dit gaan beteken dat hulle mooi sal moet luister wanneer ‘n item aangekondig / uitgeroep word. Alle swemmers MOET ‘n swempet dra. Indien hulle nie ‘n swempet het nie, gaan hulle nie mag deelneem nie. Deelnemers kom die dag met hul LO-klere en swembroek skool toe. Pak asb. droë onderklere in. Indien ‘n kind nie deelneem nie, mag hy/sy nie gewone klere dra nie. Leerders wat nie deelneem nie, moet LO-klere dra. Geen kind mag om die swembad hardloop nie en mag slegs die swembadarea verlaat as hul badkamer toe moet gaan. Vryslag, borslag, vlinderslag en individuele wisselslag begin met ‘n duikslag in die swembad. Rugslag begin in die swembad. Aan die einde van ‘n item moet swemmers in die swembad bly totdat die afsitter die teken (‘n blaas van die fluitjie) gee dat hulle mag uitklim. Vir borsslag en vlinderslag moet swemmers aan die einde van die item met beide hande raak. Volgorde vir individuele wisselslag: 1. Vlinderslag, 2. Rugslag, 3. Borsslag, 4. Vryslag Volgorde vir wisselslag AFLOS: 1. Rugslag, 2. Borsslag, 3. Vlinderslag, 4. Vryslag [Vir die o.9 wisselslag AFLOS gaan ons die vlinderslag met Vryslag vervang] GEEN kos en koeldrank by die swembad nie,...

Lees Verder

Delmar presteer in Tweekamp

Delmar het weereens ‘n pragtige prestasie behaal! Hy het Sondag aan die WP-tweekampbyeenkoms deelgeneem en ‘n goue medalje vir seuns 0.13 verower. Hy verkry ook sy WP-kleure in tweekamp. Die WP-span gaan op 1 April aan die SA-tweekampbyeenkoms te Stellenbosch deelneem. Baie geluk met hierdie uitmuntende...

Lees Verder