Die o.9-krieketspelers het 23 Januarie met ‘n fantastiese seisoen afgeskop.  Die spelers het uitstekend gevaar en dit was lekker om te sien hoe hulle deur die seisoen ontwikkel het. Ons wil graag dankie sê aan Coach Henk van Sports hub en Coach Patrick van Groenpunt Krieketklub vir hulle harde werk deur hierdie seisoen. Die o.9’s het ‘n totaal van sewe wedstryde gespeel en aan twee toernooie deelgeneem. Ons wil ook dankie sê aan al die ouers wat ons so getrou ondersteun het. Op 7 Maart het ons die seisoen op ‘n hoogtepunt by die Kampsbaai krieketveld afgesluit. Ons het albei ons wedstryde gewen. Ons sien uit na kwartaal 4!