Ons wil ‘n beroep op ouers doen om in Skooler te gaan kyk of al die sportgroepe waaraan kinders behoort onder Messages gelys is.

  1. Maak Skooler oop.
  2. Gaan na Messages en kliek op die pyltjie aan die regterkant van die balkie.
  3. Gaan kyk of al die nodige sporgroepe daar gelys is.
  4. Indien jy meer as een kind in die skool het, doen dieselfde op hul profiel(e).
  5. Indien al die groepe nie gelys is nie (bv. jou kind neem aan hokkie deel, maar jy sien nie enige hokkiegroepe nie), stuur ‘n boodskap op die Algemene groep op Skooler of ‘n e-pos aan suzaan@jvrprim.co.za met jou kind se naam, van, graad en watter sportsoort hy/sy aan deelneem wat nie in jou kontakgroepe verskyn nie.
  6. Indien jy sportgroepe sien waaraan jou kind nie meer deelneem nie, kan jy my ook kontak om die groep af te haal van jul profiel.