• Reeds bestelde skoolbaadjies (soft shell) is tans by die borduurder.
  • Die laaste bestelling vir winterdrag moet nou geplaas word. Indien jy nog moet bestel, volg asb die skakel om aanlyn te bestel.
  • Die aanvullende oranje wedstrydhempbestellings en sportkouse moet nou gemaak word om betyds vir wintersport te wees.
    • Netbaldogters vanaf o.7 gaan die moulose hemde benodig.
    • Hokkiespelers vanaf o.9’s gaan wedstryde speel. Onthou wedstrydkouse. Die kortmouhemp is vir seuns, mouloos vir dogters.
    • Eerste spanne (gr. 6 en 7) word gewoonlik geborg.
    • Sysakkies is tans beskikbaar.
    • Volg die skakel vir aanlyn sportklerebestellings.

Indien jy onseker is van groottes, kom asseblief na die Klerebank voor skool op Maandae en Woensdae of na skool op Dinsdae en Donderdae. Jy kan ook die grootte skat en aanlyn bestel, by die huis aanpas en terugstuur vir omruiling.

Inligting oor winterdrag is op die skool se webtuiste uiteengesit.

Daar is nie ‘n oorgangsdatum van somersdrag na winterdrag soos in die verlede nie. Ons is steeds bewus dat leerders baie deurmekaar aantrek aangesien ons in ‘n oorgangsfase is. 2024 sal egter wel baie meer formeel bestuur word en duidelike riglyne sal betyds gekommunikeer word.

Neem asb. kennis dat die huidige donkerblou skoolrompe steeds gedra mag word. Geruite rompe is nog nie beskikbaar nie.