Week 5 is die eerste vol akademiese week in ‘n lang tyd met al die lekker langnaweke agter die rug. Week 5 is weereens ook gekenmerk met ‘n uiters besige sportprogram. Soos ek verlede week in nuusbrief nr. 4 genoem het, het ons Jannies in week 4 (vanaf Woensdag, 03 Mei, tot Saterdag, 06 Mei,) 456 keer aan wintersportwedstryde en -toernooie deelgeneem. Die hoogtepunt van die week se sportuitslae tot en met saktyd is verseker die 7 – 5 wen van ons o.13A-rugbyspan op Woensdag, 10 Mei, tuis teen die o.13A-span van Laerskool Kenridge. Welgedaan aan die seuns en die afrigters mnre. Erick en André. Baie geluk ook aan ons netbalspanne wat week in week uit uitstekend presteer. Doen jouself ‘n guns en kom kyk gerus na die wedstryde van die o.12A- en o.13A-netbalspanne. Ek is baie trots met die wyse waarop ons leerders en hul afrigters hulself op en van die sportveld handhaaf. Graag wil ek van die geleentheid gebruik maak om die Hoërskool Jan van Riebeeck wat hul massa-reünienaweek wat vanaf 5 – 7 Mei aangebied het, hartlik geluk te wens met ‘n puik georganiseerde geleentheid. Baie dankie aan mnr. Pieter Rademeyer en sy span wat ons by hul sportnaweek betrek het. Ons netbalspanne (o.7 – o.13) het weereens puik gevaar. Ons o.11-rugbyspan het ongelukkig teen Hoërskool Vredenburg verloor, maar ons o.13A-span was op die dag net...
Lees Verder