Ons is vreeslik opgewonde oor Jaco Jacobs wat ons op Maandag, 22 Mei, kom besoek. Die praatjie sal om 12:45 plaasvind en van Jaco se boeke sal na die tyd te koop wees. Indien leerders belangstel om ‘n boek te koop, moet hulle asseblief Maandag kontant saambring. Boekpryse wissel tussen R50 (boeke vir jonger leerders) en R250. Ons kwartaallikse boekverkope sal dan ook op die 25ste en 26ste Mei (volgende Donderdag en Vrydag) in die biblioteek plaasvind. Sien julle daar!

Kliek HIER vir die volledige pryslys.