Ons wil graag ‘n kort stap inwerk so voor die eksamen vir die meerderheid leerders begin. Die roete wat ons beoog om te stap, begin in Houtbaai en ons sal slegs rondom 2 ure stap – kort genoeg vir leerders wat graag die res van die dag wil gebruik om te leer. Voltooi asb. die vorm indien julle belangstel om saam te stap.

  • Tyd: 09:00 – ongeveer 11:00
  • Beginpunt: Houtbaai, af by Suikerbossie, draai regs na Sandy Bay parkeerarea
  • Moeilikheidsgraad: Maklik tot Gemiddeld
  • Bring saam: Eetgoed, water, hoed, stapskoene