Skrywer: Suzaan Burger

Jannies Talent 2023

Jannies Talent is om die draai! Hou asb. 30 Augustus oop vir die “glansryke” aand! Leerders wat ingeskryf het, sal volgende week geroep word om vir oudisies te kom. Ouers sal binnekort in kennis gestel word wanneer hulle kaartjies op die Karri-toep kan koop. Kaartjies sal R100 vir volwassenes en R50 vir kinders wees. Kom geniet die heerlike...

Lees Verder

Klavier Eisteddfod

Neem asb. kennis dat die klavier Eisteddfod in Augustus plaasvind. Daar is amper elke Saterdag ‘n groep wat speel. Maak dus vroegtydig seker dat dit nie met sportaangeleenthede bots nie. Eisteddfodtye kan nie geskuif word...

Lees Verder

Eisteddfod: Literatuurstudie-uitslae

Veertig van ons graad 4 – 7-leerders het hierdie jaar aan die Eisteddfod se Literatuurstudie-afdeling deelgeneem. Die leerders moes binne twee ure ‘n onderwerp kies en ‘n kreatiewe storie opdis wat vir beoordeling gestuur is. Baie geluk aan die volgende leerders wat uitstekend gevaar het!  Gr. 4 Lof: Jenna Erasmus, Quinn du Toit en Alienor Coetzer-Dereymaeker Gr. 5 Lof+: Annalene Viljoen en Jack Dawes Hoogste Lof: Amelie van der Walt en Katryn Silvis Gr. 6 Lof: Ané Swanepoel, Lukas Welgemoed en Isabella Marais Lof+: Bernardo Oosthuizen Lof++: Daniella Boshoff, Conrad Slabbert, Leah de Kock en Willem Vorster Gr. 7 Lof: Gemma de Vries, Pierre-Jaque Smit, Annabel Koen, Lida-Mari Bosman en Sofia Newton Lof+: Katia van Wyk Ons is veral trots op Katryn Silvis (gr. 5) en Amelie van der Walt (gr. 5) wat Hoogste Lof ontvang het. Amelie het ‘n silwermedalje losgeskryf en sal dit tydens die Eisteddfod se spesiale prysuitdeling ontvang. Een ding is seker… die Jannies kán...

Lees Verder

Eisteddfod Sang: Uitslae

Baie geluk aan Abigail Fourie wat ‘n medalje vir Sang by die Kaapse Afrikaanse Eisteddfod gewen het. Ons is trots op haar! Sy het ook tot by die finale rondte van Sound of Music deurgedring. Dit was ‘n wonderlike ervaring vir haar...

Lees Verder

Klerebank: Bestellings

Dankie dat jy aan die klerebankopname aan die einde van verlede kwartaal deelgeneem het. Bestel asb. nou DRINGEND die klere wat jy aangedui het wat nog gekoop moet word. Bestel gerus sweetpakke aangesien ons dit ook aangepas het. Die winter gaan nog ‘n rukkie met ons wees. Ons vestig graag aandag daarop dat die nuwe skooldrag vir alle leerders vanaf Januarie 2024 verpligtend sal wees. Laaste bestellings om vir Jan. 2024 gereed te wees, sal op die laatste teen 31 Augustus bestel moet word. Die bestellings moet aanlyn by die Klerebank gemaak word: Treadle...

Lees Verder

Nasorg kwartaalafsluiting: 21 Junie 2023

Die nasorgleerders het op Woensdag, 21 Junie, baie pret by hul kwartaalafsluiting gehad. Twee groot springkastele is in die saal opgerig en leerders het die hele middag gehad om lekker te speel en te spring. Na al die reënweer en binne pouses die afgelope week, het almal dit ekstra baie geniet! Baie dankie aan Madri vir die inisiatief en dat jy en jou span uit jul pad gaan om dit vir ons Jannies wat in die middae by die skool bly, lekker te...

Lees Verder

Geagte Ouers / Voogde – 23 Junie 2023

So breek die einde van ‘n lang en besige, maar opwindende kwartaal aan. Vandag ontvang elke leerder sy/haar rapport om erkenning te ontvang vir hul harde werk, toewyding en deursettingsvermoë die afgelope kwartaal. Ek wil graag die leerders gelukwens en komplimenteer met hul spograpporte. Ons is saam met julle as ouers/voogde baie trots op jul kinders se akademiese vordering en –prestasies. Geniet nou die welverdiende vakansie om sommer alles te doen wat jy die afgelope tyd as gevolg van die eksamen nie voor tyd gehad het nie. Ons sporttoerspanne het op Maandag, 19 Junie, so net na 08:00 op ‘n luukse bus na die Suid-Kaap vir ‘n weeklange sporttoer vertrek. Die eerste stop en wedstryde het op dieselfde dag teen LS Swellendam geskied waar die hokkiespanne hul eerste toerwedstryde gespeel het. Die o.13A-seunshokkiespan het ongelukkig 1 – 2 verloor, maar die o.13A-dogterspan het daarvoor opgemaak en 1 – 0 gewen. Die toer het dus op ‘n goeie noot afgeskop en nie eers die gure weer kon hul geesdrif demp nie. Laat my asseblief toe om ons personeel hartlik te bedank vir hul harde werk en toewyding die afgelope kwartaal om te verseker dat ons Jannies hul volle potensiaal bereik. Dit was ‘n besige kwartaal vol sportaktiwiteite en lekker geleenthede soos die kleiduifskiet, kaperjolle en die suksesvolle veiling. Indien jy refleksie rakende die afgelope kwartaal sou wou neem, staan daar...

Lees Verder

Trotse Jan van Riebeeck-span

Die Hoër- en Laerskool Jan van Riebeeck word hierdie jaar omtrent bederf met ‘n eerste. Adrian en Mieke Huysamen verteenwoordig hul gesin deur hierdie jaar elkeen ‘n hoofleierrol in hul onderskeie skole te vertolk. Adrian, die Hoofseun vir 2023 (HS JvR), en sy sussie, Mieke, as Hoofdogter vir 2023 (LS JvR). Hoe kosbaar is dit nie vir ons Jan van Riebeeck-span om dit saam met die Huysamen-gesin te vier...

Lees Verder

Geagte Ouers / Voogde – 15 Junie 2023

So kom die 2de laaste week van die kwartaal asook die eksamen tot ‘n einde. Ek glo dat heelwat ouers/voogde saam met hul kinders ‘n sug van verligting gegee het toe die laaste vak op Woensdag, 14 Junie, geskryf is. Die antwoordstelle is amper klaar gemerk, deeglike moderering geskied en punte word verwerk sodat ons op Vrydag, 23 Junie, die dag wat die skole sluit, vir elke leerder sy/haar rapport kan gee. Graag wil ek spesifiek die leerders bedank en gelukwens met hul deeglike voorbereiding vir die eksamen asook die besonderse werketiek wat hulle dwarsdeur die jaar handhaaf. Hartlike dank aan ons ouers/voogde wat hul kinders so mooi en lojaal die afgelope twee weke tydens die eksamen/assessering ondersteun het om net hul beste te doen. Vanaf Maandag, 05 Junie, het die interim buitemuurse sportprogram in skooltyd, net na die aflê van die daaglikse eksamens plaasgevind. Die doel om nog steeds met sportoefeninge gedurende die eksamentyd voort te gaan, was tweeledig: eerstens geniet die leerders dit terdeë om direk na ‘n lang eksamensessie uit die klas te kom, die vars lug te geniet en aktief te wees wat sommer ook help met hul algemene geestelike welsyn. Tweedens help die program om hulle fiks te hou asook om hul spelpeil langer te handhaaf veral met ‘n welverdiende 3 weke-vakansie wat voorlê. Daar is die afgelope kwartaal so hard gewerk om fiksheidsvlakke...

Lees Verder

Landloopterugvoer: 9 Junie 2023

Verlede week het al die atlete wat aan Vrydag se wedloop sou deelneem, onttrek a.g.v. verkoues en griep wat die rondtes gedoen het. Twee brawe leerders het besluit om voort te gaan en het hul eerste landloopwedloop bygewoon. Anouk en Leah Jacobsz het baie mooi gehardloop en alhoewel ons nog nie die amptelike uitslae ontvang het nie, lyk dit of Leah dalk 8ste gekom het. Dis ‘n fantastiese prestasie en ons is sommer baie trots op haar en Anouk. Indien nog ouers landloopkommunikasie wil ontvang om te weet wanneer daar wedlope en oefeninge is, stuur gerus ‘n boodskap oop die Skooler Algemeen kontakgroep of ‘n e-pos aan...

Lees Verder

Markdag: 22 Junie 2023

Markdag vind Donderdag, 22 Junie, plaas. Dit is die grondslagfase se beurt vir verkope. Tafelbesprekings sluit Dinsdag om 13:00. Geen kontant word aanvaar vir die bespreek van tafels nie, betalings kan slegs op die Karri-toep gemaak word. Markdag sal van 11:30 – 12:15 geskied. Geen klappers of lewende hawe mag verkoop word...

Lees Verder

Geagte Ouers / Voogde

Week 9 het afgeskop met die graad 4 – 6-leerders wat ook met die Junie-eksamens begin het. Die grondslagfase leerders is reeds besig met hul tweede en finale week van formele assesserings. Baie dankie aan al die ouers/voogde en onderwysers wat so mooi help om die stresvlakke en spanning tydens die eksamen in toom te hou sodat dit nie die oorhand kry nie. Ons woon en leef in ‘n land waar ons daagliks bewustelik en onbewustelik stres en angs as gevolg van beurtkrag, misdaad, verkeer, korrupsie en uitdagende ekonomiese tye ervaar. Ons kinders word ongelukkig hieraan blootgestel en daarom is dit belangrik dat ons kollektief seker maak dat ons kinders nie addisionele angs en stres ervaar nie. Vanaf Maandag, 05 Junie, het die buitemuurse sportprogram in skooltyd net na die aflê van die daaglikse eksamens plaasgevind. Die doel daarvan om nog steeds met sportoefeninge gedurende die eksamentyd voort te gaan is tweeledig: eerstens geniet die leerders dit terdeë om direk na ‘n lang eksamensessie uit die klas te kom, die vars lug te geniet en aktief te wees wat sommer ook help met hul algemene geestelike welsyn. Tweedens help die program om hulle fiks te hou asook om hul spelpeil langer te handhaaf, veral met ‘n 3 weke vakansie wat voorlê. Daar is die afgelope kwartaal so hard gewerk om fiksheidsvlakke te verbeter en effektiewe spelpatrone te implementeer en...

Lees Verder

Landloop: Terugvoer en Uitslae 26 Mei & 2 Junie

Vrydag, 26 Mei, het die landloop atlete aan ‘n wedloop te Kampsbaai deelgeneem. Dankie aan juf. Helene Slabbert wat die leerders vergesel het! Hiermee die uitslae: Jasper Wolff (o.8) – 22ste Lukas Loubser (o.8) – 21ste Gia Kruger (o.8) – 17de Ben Louw (o.9) – 36ste Ella van der Walt (o.10) – 17de Verlede Vrydag, 2 Junie, het ons ons eie pret landloopwedloop op die Tafelbergpad gehou. Dit was ‘n heerlike draf teen ons mooie Tafelberg met klein watervalle. Die volgende leerders het gehardloop: Petronella Gouws, Ella Fischer, Anouk Jacobsz, Anna Leach, Ilan van den Berg, Alexander Styan, Lua Groenewald, Lukas Loubser, Luc Durand, Gia Kruger, Ben Louw, Leah Jacobsz, Maia du Toit, Hanna Thom, Cato Terblanche, Samuel Groenewald, Nell du Toit, Marais Groenewald en Sophia Terblanche. Baie dankie aan almal wat deelgeneem het en ouers wat saamgedraf / aangemoedig het! Ons maak weer so! Indien daar leerders is wat graag by Landloop wil aansluit, stuur gerus ‘n boodskap aan suzaan@jvrprim.co.za of op Skooler se Algemeen kontakgroep sodat julle ook Landloop boodskappe...

Lees Verder