Skrywer: Suzaan Burger

Jan Kas-reëlings

Noudat Jan Kas in volle werking is (fisiese asook aanlyn winkel), kan ons met trots en entoesiasme sê dat almal welkom is om die nuwe klerewinkel te besoek. Kom pas gerus aan om seker te maak dat jy die regte grootte koop. Maak asseblief seker dat jy ingelig is oor die klere (veral die skoene!) wat gedra mag word. Tekkies vir gr. 4-7-leerders sal slegs by sportdrag (LO) gedra word. Dit wil sê dat swart skoolskoene vir dogters en seuns van gr. 4-7 verpligtend sal wees indien jou kind nie kaalvoete of plakkies verkies nie. Sien gerus die skakel na die aanlyn winkel om seker te maak van alle variasies van skool- en sportdrag wat gedra mag word. Indien jy sukkel om op die aanlyn winkel in te teken of meer inligting wil hê, volg gerus hierdie skakel. Jan Kas (aanlyn- en fisiese winkel) sluit vir voorraadopname en vakansie op Donderdag, 7 Desember, en open weer op Maandag, 15 Januarie 2024. Stuur asseblief alle ou skool- en sportdrag skool toe aangesien ons dit alles vir ‘n skool in Namibië sal sluit. Dit kan by Marinda Brink afgelewer word. Ons nuwe skooldrag vertoon pragtig en leerders is soveel gemakliker met die uniform. Ons waardeer jou ondersteuning om ons skool uitmuntend te...

Lees Verder

BARBARA SCHREUDER DANSSKOOL

Barbara Schreuder Dansskool bied aan: “American Academy of Ballet” Performance Awards 2023 Sondag, 12 Nov 2023, by JvR @10:30 vm Kaartjies by die deure te koop Almal welkom! Ons beoordelaar is Laurence Kaplan, direkteur van AAB New York en Iain Mc Donald, bekende danser en lektor van Johannesburg. Kom ondersteun ons dansers asb.! Die werk is pragtig en ons dansers is ons trots. Almal is al so opgewonde en het hard geoefen om hul beste voetjie voor te sit! Ons dansskool se dansers is besonders en talentvol en styg uit in beide die American Academy of Ballet en Moderne genres. Dit is prysenswaardig en deels weens heelwat individuele aandag en dat hulle in hanteerbare groepe op die perseel goeie opleiding ontvang. Die nuwe CSE Modern Assessment 2023 en die Eisteddfod 2023 Moderne en Karakterdanse was goeie blootstelling en ondervinding en ons dansers het baie goed gevaar. Nou dans hulle die pragtige AAB Ballet op Sondag, 12 Nov., en ons is trots om deel the wees van hierdie Internasionale Program. Dis ‘n groot voorreg om ons dansers te kon afrig en motiveer en ‘n groot eer om mnr. Kaplan te ontvang. Die volgende 25 dansers het ingeskryf en neem deel aan die AAB Performance Awards. Voorspoed en volgende jaar hoop ons dat al ons dansers die geleentheid sal aangryp! Gr. 1 Iris Caldeira, Sienna Kruger, Elia Zwane, Mika Ohlhoff en...

Lees Verder

Aanlyn fotobestellings: Buitemuurse foto’s 2023

Bestel foto’s aanlyn teen 24 November. Webtuiste: Lunchbox Photography Wagwoord: JVR2020 Indien jy die afsnydatum vir bestellings mis, kan jy steeds aanlyn bestel. Jy gaan wel net self vir die aflewering moet betaal. Stuur gerus ‘n e-pos indien jy enige vrae het:...

Lees Verder

Krieketuitslae: 26 Oktober 2023

0.13A-krieket het Donderdag, 26 Oktober, teen Kampsbaai gespeel. JvR het die loot gewen en het besluit om eerste te boul. Kampsbaai teken 89 lopies aan. John Gilmer en Ruben Oosthuizen neem elkeen 2 paaltjies. JvR jaag die lopies in 12 boulbeurte af. Conrad Bezuidenhout teken 48* aan. JvR wen met 10 paaltjies. Baie geluk,...

Lees Verder

Geagte Ouers / Voogde – 3 November 2023

November het onverwags sy opwagting gemaak met Oktober wat as gevolg van die rugby- en krieketwêreldbeker net te vinnig verby gesnel het. Ek glo dat na die Springbokke se naelskraap oorwinning in die finaal teen die All Blacks om as wêreldkampioene bekroon te word, moet ons van nou af in Suid-Afrika die maand Oktober na Boktober herdoop. Die Bokke het beslis die vermoë om die land te verenig soos niemand anders kan nie. Hulle bewys weereens dat uitnemendheid in ons land moontlik is en dat ons almal daarna moet streef! Ek dink almal stem saam dat die Bokke se laaste 3 wedstryde om elke keer met net een punt te wen, werk nie vir ‘n stoere bokondersteuner se senuwees nie. Ek glo die rugbywêreld wag al sedert 1995 vir die klassieke finaal tussen die magtige All Blacks en die Springbokke. Die Springbokke het vir seker die moeilikste pad na die finaal gehad, maar tog het hulle volhard om die eerste span in die geskiedenis te word wat die gesogte titel vir ‘n 4de keer te kon inpalm. Merkwaardig is dat hulle die gesogte titel vir 2 jaar agtereenvolgens kon verdedig en die indrukwekkende Webb Ellis-trofee weer terug na Suid-Afrika kon bring. Die Springbokke leer ons almal groot lewenslesse met hul voete plat op die aarde en ‘n nederige kaptein, Siya Kholisi, wat saam met sy span tot die bittereinde...

Lees Verder

Swemgala: 10 November 2023

Volgende Vrydag, 10 November, neem ons by die Deutsche Schule aan ‘n swemgala deel. Die gala begin om 14:30 en sal ongeveer om 16:00 klaar wees. Die leerders sal om 13:45 vanaf die skool vertrek. Sien asb. die volledige program met elke leerder wat swem se...

Lees Verder

Krieketuitslae: 1 November 2023

0.11B krieket het Woensdag, 1 November, teen Turfhall Primary gespeel. JvR het die loot gewen en het besluit om eerste te kolf. JvR 44/4 na 15 beurte Francois 12* Turfhall 46/2 na 9 beurte John Bremridge 7/1 na 3 beurte Francois Boshoff 4/1 na 1 beurt Andries Gouws en Kyle Meissenheimer het ook twee pragtige vangskote gevang. Speler van die wedstryd: Francois Boshoff JvR verloor met 8...

Lees Verder

Krieketuitslae: 31 Oktober 2023

0.11A-krieket het Dinsdag, 31 Oktober, teen Pinehurst in Groenpunt gespeel. JvR het die loot gewen en het besluit om eerste te kolf. Ons teken 98 lopies aan na 15 beurte met die verlies van 3 paaltjies. Pinehurst het 2de gekolf en kon slegs 61 lopies aanteken na 15 beurte met die verlies van 9 paaltjies. Daar was ‘n paar pragtige vangskote en die paaltjies het omtrent vinnig geval. JvR wen die wedstryd met 37 lopies. Ben Esterhuyse is as speler van die wedstryd aangewys. Baie geluk, Ben! Die volgende spelers het baie goed gedoen: Ben Esterhuyse: 29 lopies Rafa Lamprecht: 17 lopies nie uit Jack Dawes: 10 lopies na 3 beurte en 2 paaltjies Vincent Oosthuizen: 17 lopies na 3 beurte en 1 paaltjie Phumi Salimani: 11 lopies na 3 beurte en 1 paaltjies Luke Willows: 2 lopies na 1 beurt vir 2 paaltjies Rudi Badenhorst: 2 lopies na 1 beurt vir 2 paaltjies. Ons is baie trots op die...

Lees Verder

Jan Kas se naam

Hila Hertzog en Ruben Eksteen is verantwoordelik vir ons nuwe JvR-klerewinkel se oulike naam: Jan Kas Baie geluk julle twee en baie dankie vir julle bydrae tot Jan Kas!

Lees Verder

Tennisuitslae: 18 Oktober – 1 November 2023

JvR se tennisseisoen het op ‘n hoë noot afgeskop. Die skool het vanjaar 42 optimistiese en toegewyde leerders wat vir ons skool se span speel. Ons skool is hierdie kwartaal vir twee verskillende ligas ingeskryf waarvan drie spanne in elke liga Laerskool Jan van Riebeeck se naam hoog hou. Die 18de en 25ste Oktober en 1ste November het ons tennisspelers aan verskeie wedstryde deelgeneem. Daar was in totaal elf wedstryde en sewe van die wedstryde is oortuigend gewen. Daar was sommige ‘ralleys’ wat uitdagend was, maar ons leerders het kop gehou en was ‘n voorbeeld van uithouvermoë. Wel gedaan aan elke speler. Ons is trots op julle!...

Lees Verder

Redenaars 2024

Indien leerders in graad 2 – 7 belangstel om aan die redenaarsprogram van 2024 deel te neem, moet hulle ‘n brief by juffrou Andri de Villiers (gr. 6) kry of hierdie skakel volg om dit oop te maak en die strokie onderaan in te vul en skool toe te bring. Alle inligting rakende die redenaarsprogram word in die brief uiteengesit. Daar is reeds briewe hierdie week uitgedeel. Vir enige navrae, stuur gerus ‘n e-pos na:...

Lees Verder

Klas-/graadskuiwe vir 2024

Om akademiese uitmuntendheid te verseker, moet die skool sorg dat die onderwysers by die regte graad en klas ingedeel word. Ons beskou dit as ‘n groei geleentheid om onderwysers volgens hul sterkpunte en vaardighede aan te wend. Sien hier onder die aanpassings vir...

Lees Verder

Geagte Ouers / Voogde – 27 Oktober 2023

Vandag is nie sommer net weer die gewone “#Bok-Vrydag” nie! Vandag gaan ons groot om die Springbokke voluit te ondersteun in hul soeke na roemryke glorie om vir die 4de keer as die Wêreldbeker-wenner uit die stryd teen New Zealand te tree. Die ‘Rassie-plan’ moet eenvoudig net môreaand teen die All Blacks beter uitgevoer word. Die naelskraap oorwinnings met 16 – 15 teenoor die arrogante Engelse asook teen die Franse Hane het menigte bokondersteuners se senuwees behoorlik opgekyl. Die Bokke het teen Engeland weereens nie hul beste spel op die dag gelewer nie, maar hulle het vir 80 minute gespeel en in hulself geglo. Nooit het hulle paniekerig geraak nie en dit terwyl alles op die dag verkeerd geloop het. Die Engelse spelers was die spreekwoordelike kaartmannetjies op die veld en het hard probeer om die Bokke te ontsenu. Die Springbokke het ons veral die afgelope 2 weke beslis ‘n paar belangrike lewenslesse geleer en ek kan kortliks dit soos volg saamvat: Moet nooit moed opgee nie, glo in jouself en bly gefokus! Deursettingsvermoë word beloon. Wees nederig, handhaaf jouself en stel altyd ‘n voorbeeld al loop dinge nie volgens jou verwagtinge nie. Wees aanpasbaar en dankbaar. Ons wag al sedert 1995 vir nog ‘n spesiale finaal teen die All Blacks en dit realiseer môreaand om 21:00 in Parys te Stade de France. Alhoewel Parys bekend staan as die...

Lees Verder

Swemgala: 3 November 2023

Volgende Vrydag, 3 November, bied ons ‘n aflos-swemgala by die skool aan. Dit begin om 15:00 en sal ongeveer om 16:30 klaar wees. Dit is ‘n wonderlike geleentheid waar baie van ons leerders die kans kry om te kan deelneem. Alle swemmers sal Maandag, 30 Oktober, die finale reëlings ontvang. Volg die skakel of kliek op die foto vir die volledige program vir die dag met elke leerder wat swem se naam. Laat weet so spoedig moontlik vir mnr. Hanekom op die Skooler swemgroep of per e-pos indien jou kind(ers) nie kan swem...

Lees Verder

Ouers wat inteken op leerders se e-pos of Teams

Ouers wat op leerders se e-pos of Teams inteken, kan moontlik ‘n kennisgewing van Microsoft af kry wat vra vir meer inligting voordat jy verder kan gaan met die intekenproses. Wanneer jy voortgaan, gaan jy die opsie gegee word om ‘n selfoonnommer aan die rekening te koppel om te gebruik as ‘n “multifactor authentication” metode. Dit gaan egter maak dat jou kind by die skool gaan sukkel om in te teken, omdat ‘n kode dan na jou selfoon gestuur gaan word voordat hy/sy kan inteken. Maak asb. seker dat jy onderaan die blokkie eerder kies “choose another method” en dan die “security questions” opsie kies. Maak ook asb. seker jou kind weet wat die antwoorde is en dit maklik sal kan onthou. Indien jy reeds jou selfoonnommer aan jou kind se rekening gekoppel het, sal hulle wanneer hulle by die skool sukkel om in te teken gehelp word om die “multifactor authentication” te herstel. Indien jy sukkel om verby die blokkie wat jou vir ‘n selfoonnommer vra te kom, stuur gerus ‘n skermgreep met jou kind se naam en van na...

Lees Verder

Jan Kas is oop!

Ons is baie opgewonde om uiteindelik die skool se klerewinkel, Jan Kas, bekend te stel! Neem kennis van die volgende reëlings: Die klerewinkel se tye is as volg: Maandae: 07:00 – 08:00 Dinsdae: 13:30 – 14:30 Woensdae: 07:00 – 08:00 Donderdae: 13:30 – 14:30 Die klerewinkel sal nie buite hierdie ure oopmaak nie, ook nie op spesiale versoek nie. Respekteer asb. hierdie tye. Jy kan ook items op ons aanlyn winkel bestel: Aanlyn Klerewinkel: Jan Kas Om die items in jou “mandjie” te koop, moet jy inteken. Ons het reeds alle ouers geregistreer. Teken in met dieselfde wagwoord as jou myJvR en JvR Kiek wagwoord. Jy kan ook die “wagwoord verloor” opsie kies om ‘n nuwe wagwoord op te stel. Neem kennis dat jou myJvR en JvR Kiek wagwoord nie ook sal verander indien jy jou Jan Kas-wagwoord verander nie. Jy sal slegs kan bestel indien daar voorraad is. Indien ‘n item uit voorraad is, kan jy die opsie kies om ‘n kennisgewing te kry sodra die item weer in voorraad is. Bestellings sal binne 2-3 dae aan jou kind gegee word. Sodra jou kind die bestelling gekry het, sal jy ‘n e-poskennisgewing ontvang om te sê dat dit afgelewer is. Indien jy iets wil omruil wat jy bestel het, moet jy dit asb. binne 7 dae doen of ten minste met Jan Kas kontak maak indien jy nie...

Lees Verder

Krieketuitslae: 25 Oktober 2023

o.11A-krieket het Woensdag, 25 Oktober, teen Herzlia Highlands gespeel. Herzlia het die loot gewen en besluit om eerste te kolf. JvR het hulle uitgekry vir 55 na 15 beurte. Ons het die lopies vinnig afgeslaan na 8 beurte en wen die wedstryd met 9 paaltjies. Baie geluk aan Vincent Oosthuizen wat as speler van die wedstryd aangewys is. Die volgende spelers het baie goed gevaar: Vincent Oosthuizen: 8 lopies na 3 beurte en 3 paaltjies Luke Willows: 11 lopies na 3 beurte en 1 paaltjie Nicholas Marais – 10 lopies na 3 beurte en 3 paaltjies Rafa Lamprecht – 17 nie uit nie. Rafa het ook twee pragtige sesse geslaan. Ons is baie trots op die...

Lees Verder

Kooroptredes Nov. & Des. 2023

Ons volgende twee optredes is die Kerssangdienste. Neem kennis dat ALBEI kore optree. Hou asb. die datums oop: Sondagaand, 26 November, 19:00 – Tamboerskloof, NG Kerk Sondagaand, 3 Desember, 19:00 – Drieankerbaai, NG Kerk Koorlede sal albei aande WIT dra en nie skoolklere...

Lees Verder