Ouers wat op leerders se e-pos of Teams inteken, kan moontlik ‘n kennisgewing van Microsoft af kry wat vra vir meer inligting voordat jy verder kan gaan met die intekenproses. Wanneer jy voortgaan, gaan jy die opsie gegee word om ‘n selfoonnommer aan die rekening te koppel om te gebruik as ‘n “multifactor authentication” metode. Dit gaan egter maak dat jou kind by die skool gaan sukkel om in te teken, omdat ‘n kode dan na jou selfoon gestuur gaan word voordat hy/sy kan inteken.

Maak asb. seker dat jy onderaan die blokkie eerder kies “choose another method” en dan die “security questions” opsie kies. Maak ook asb. seker jou kind weet wat die antwoorde is en dit maklik sal kan onthou.

Indien jy reeds jou selfoonnommer aan jou kind se rekening gekoppel het, sal hulle wanneer hulle by die skool sukkel om in te teken gehelp word om die “multifactor authentication” te herstel.

Indien jy sukkel om verby die blokkie wat jou vir ‘n selfoonnommer vra te kom, stuur gerus ‘n skermgreep met jou kind se naam en van na suzaan@jvrprim.co.za.