o.11A-krieket het Woensdag, 25 Oktober, teen Herzlia Highlands gespeel. Herzlia het die loot gewen en besluit om eerste te kolf. JvR het hulle uitgekry vir 55 na 15 beurte. Ons het die lopies vinnig afgeslaan na 8 beurte en wen die wedstryd met 9 paaltjies. Baie geluk aan Vincent Oosthuizen wat as speler van die wedstryd aangewys is. Die volgende spelers het baie goed gevaar:

Vincent Oosthuizen: 8 lopies na 3 beurte en 3 paaltjies
Luke Willows: 11 lopies na 3 beurte en 1 paaltjie
Nicholas Marais – 10 lopies na 3 beurte en 3 paaltjies
Rafa Lamprecht – 17 nie uit nie. Rafa het ook twee pragtige sesse geslaan.

Ons is baie trots op die manne!