0.11A-krieket het Dinsdag, 31 Oktober, teen Pinehurst in Groenpunt gespeel. JvR het die loot gewen en het besluit om eerste te kolf. Ons teken 98 lopies aan na 15 beurte met die verlies van 3 paaltjies. Pinehurst het 2de gekolf en kon slegs 61 lopies aanteken na 15 beurte met die verlies van 9 paaltjies. Daar was ‘n paar pragtige vangskote en die paaltjies het omtrent vinnig geval. JvR wen die wedstryd met 37 lopies. Ben Esterhuyse is as speler van die wedstryd aangewys. Baie geluk, Ben!

Die volgende spelers het baie goed gedoen:

Ben Esterhuyse: 29 lopies
Rafa Lamprecht: 17 lopies nie uit
Jack Dawes: 10 lopies na 3 beurte en 2 paaltjies
Vincent Oosthuizen: 17 lopies na 3 beurte en 1 paaltjie
Phumi Salimani: 11 lopies na 3 beurte en 1 paaltjies
Luke Willows: 2 lopies na 1 beurt vir 2 paaltjies
Rudi Badenhorst: 2 lopies na 1 beurt vir 2 paaltjies.

Ons is baie trots op die manne.