JvR se tennisseisoen het op ‘n hoë noot afgeskop. Die skool het vanjaar 42 optimistiese en toegewyde leerders wat vir ons skool se span speel. Ons skool is hierdie kwartaal vir twee verskillende ligas ingeskryf waarvan drie spanne in elke liga Laerskool Jan van Riebeeck se naam hoog hou. Die 18de en 25ste Oktober en 1ste November het ons tennisspelers aan verskeie wedstryde deelgeneem. Daar was in totaal elf wedstryde en sewe van die wedstryde is oortuigend gewen. Daar was sommige ‘ralleys’ wat uitdagend was, maar ons leerders het kop gehou en was ‘n voorbeeld van uithouvermoë. Wel gedaan aan elke speler. Ons is trots op julle!