Skrywer: Megan Zondagh

Kaapstadse Opera bied CARMEN aan!

Die Kaapstadse Opera bied Georges Bizet se wêreldberoemde opera Carmen in die Kunstekaap-operahuis aan. Op 28 en 30 Mei is daar spesiale verkorte vertonings teen slegs R80. Maak gerus van hierdie wonderlike geleentheid gebruik om jou kind aan die wonder van opera bekend te stel!   Datum en Tyd:    * 28 Mei @ 11h00   * 30 Mei @ 14h00   Koste: R80 Kaartjies: Webtickets –...

Lees Verder

Kleredrag: leerders

As gevolg van die koue- en natweerstoestande het ons besluit om ‘n reënbaadjie as deel van ons skooldrag te ondersoek. Ons sal laat weet sodra ons gereed is om hierdie baadjie in Jan Kas te verkoop. Die skool se wapen sal hierop aangebring word om eenvormigheid in ons skooldrag te verseker. Die soft shell-baadjie sal steeds deel van die skooldrag vorm. In die interimperiode mag leerders donkerblou reënbaadjies dra om hulle droog en warm te hou. Moet asseblief nie nou onnodig ‘n baadjie gaan koop nie. Ons sal binnekort kennis gee van die verwikkeling. Ons tree vanaf hierdie kwartaal streng op om ons kleredragbeleid te eerbiedig. Hierdeur verseker ons eenvormigheid en gesonde dissipline. Ons besef dit sal ‘n tydperk neem om netjies en korrek aan te trek daarom gesels die personeel weekliks met die leerders tydens saalbyeenkomste. Ons waardeer die samewerking om te sorg dat ons mooi skooldrag met trots gedra word. Sien die kleredragbeleid by die skakel hier onder:...

Lees Verder

Netbal WP-proewe: 9 Mei 2026

Ons is ongelooflik trots op die volgende netbalspelers wat deur is na die finale rondte WP-proewe. o.11 Mika van der Walt Lizzy Snyders o.12 Ellen van Heerden o.13 Jana Nel Cato Terblanche Dané Walker Anabella Boshoff Anouk van der Linde Solange Stevens Mia-Lynn Podesta Ghia Pereira Hierdie dogters neem Saterdag, 9 Mei, aan die finale rondte deel. Ons wens hulle baie sterkte...

Lees Verder

Koffie-en-Beskuit Konsert: Dinsdag, 12 Mei 2026

Ons volgende oggendkonsert vind Dinsdagoggend, 12 Mei, in die NASORG plaas.    Die volgende leerders tree op:   Natalie Lawson – Saksofoon Benjie Ntloko – Klarinet Doen de Kock – Saksofoon Micah Nikiforos – Saksofoon Celeste de Wet – Klavier Izak Steyn – Klavier Niku le Roux – Klavier   Daar word ook kunswerke van hierdie leerders in die Nasorg uitgestal, waarna julle gerus voor óf na die konsert kan kyk.   Hier is enkele algemene reëlings rondom die verrigtinge:   * Deelnemende leerders meld stiptelik 07h45 in die Nasorg aan met hul instrument. Juf Bea en/of Mnr Ben sal daar wees om hulle te ontvang en te help om instrumente te stem.  * Elke deelnemende leerder bring een of twee maatjies saam om die konsert by die woon. Ons het ongelukkig nie spasie om meer leerders te akkommodeer nie. * Ouers is welkom om te kom luister – bring gerus koffie saam! * Gebruik asb die deur by die Nasorg om in te kom – die senior koor oefen in die saal, en ons wil hulle nie steur nie.   Tyd: 08h00 – 08h30 Plek:...

Lees Verder

Sophia Presteer op die Netbalbaan

Paarl Gim (onoorwonne) word weer gekroon as die Wildeklawer-wenners. Slegs die beste skole in die land word na hierdie toernooi genooi. Sophia Liebenberg (oud-Jannie) word aangewys as beste binnebaanspeler van die hele toernooi. Ons is ongelooflik trots op haar.  ...

Lees Verder

Peter and the Wolf vertoning deur Kaapstadse Philharmoniese Orkes by St Cyprian’s

Die JvR-skoolgemeenskap word vriendelik deur St Cyprian’s uitgenooi om die vertoning van Peter and the Wolf op 9 Mei by te woon. Die vertelling word deur die bekende akteur, Rob van Vuuren, gedoen en beloof om ’n wonderlike ervaring vir kinders te wees! Die vertoning is ten bate van hul koor wat in Julie na Spanje en Frankryk toer.  Plek: St Cyprian’s School Datum: Saterdag, 9 Mei Tyd: 1) 10h00 – 10h45  2) 11h00 – 11h45 Kaartjies: Beskikbaar op Quicket. Hier is die...

Lees Verder

Boekverkope in die Mediasentrum!

📚 Ons nooi alle leerders en ouers hartlik uit na ons boekverkope wat van Maandag, 4 Mei, tot Woensdag, 6 Mei, in die Mediasentrum plaasvind. Daar sal ’n wye verskeidenheid opwindende boeke beskikbaar wees – iets vir elke leser! 📖✨ Kontant én kaart word aanvaar. 💳 Moenie hierdie geleentheid misloop om jou boekrak aan te vul en jou liefde vir lees verder aan te wakker nie! 📚💛...

Lees Verder

Gestaak: Old School Ondersteunersdrag

Ons wil graag alle ouers en ondersteuners bedank vir die belangstelling in die Old School ondersteunerstruie. Ongelukkig het ons nie die minimum aantal bestellings ontvang wat nodig is om voort te gaan met die vervaardiging en bestelling daarvan nie, daarom kan ons nie op hierdie stadium met die projek voortgaan nie. Ons waardeer elkeen wat die inisiatief ondersteun en belangstelling getoon het. Baie dankie vir jou begrip en ondersteuning....

Lees Verder

Wêreldboekedag sukses!

Wêreldboekedag was ’n groot sukses! Dit was ’n vreugde om al die verskillende Jaco Jacobs-boekkarakters te sien en die ongelooflike moeite wat leerders met hul kostuums gedoen het. Baie dankie aan al die leerders, ouers en onderwysers wat bygedra het om hierdie dag so spesiaal en suksesvol te...

Lees Verder