Skrywer: Megan Zondagh

Anouk presteer in aksienetbal

Anouk van der Linde, kaptein van die o.13A Western Cape Coastal aksienetbalspan, is gekies om die span aan die einde van Maart in Gauteng te verteenwoordig. Ons wens haar en die span alle sukses toe – hulle gaan die Wes-Kaap met trots...

Lees Verder

Die Boekbende: Nuwe Boekklub!

Ons is opgewonde om aan te kondig dat ’n nuwe boekklub, Die Boekbende, by ons skool begin! Die boekklub vind elke eerste Woensdagoggend van die maand, voor skool vanaf 07:15 tot 07:45 in die mediasentrum plaas.  Leerders in Graad 4–7 wat lief is vir lees en stories, is welkom om aan te sluit. Vir meer inligting kan leerders gerus met...

Lees Verder

Senior Koorkamp: 6 – 7 Februarie

Dit is weer daardie tyd van die jaar en die senior koor se jaarlikse koorkamp is om die draai!  SKEDULE Vrydag, 6 Februarie:  * Middagete voorsien deur die skool: 14h00-14h20 * Oefen: 14h20 – 17h45 * Piekniek op die skoolveld vir alle koorlede en -ouers: 18h00 – 19h00 Saterdag, 7 Februarie: * Oefen: 09h00 – 14h00 * Ons voorsien: * Waatlemoen vir peuselhappie * Boereworsrolle vir middagete * Leerders pak genoeg water en peuselhappies in. * Kampkonsert vir ouers: 14h15 – 14h30 Kom kuier saam by ons senior koorpiekniek op Vrydag, 6 Februarie, vanaf 18h00 – 19h00. Ons nooi ook alle ouers uit om Saterdagmiddag, 7 Februarie, ’n kort kampkonsert in die skoolsaal by te woon. Die koorkamp is verpligtend vir alle senior koorlede. Indien iemand nie die koorkamp kan bywoon nie, moet juf. Rolene asb in kennis gestel word.  Groete, Rolene     ...

Lees Verder

KENNISGEWING VAN TUSSENTYDSE BEHEERRAADSVERKIESING 2026

Beste Ouers/Voogde Twee ouer-lede van die Beheerraad het aan die einde van 2025 van die Beheerraad bedank. Susan van der Walt (Tesourier) het bedank en Marié Cruywagen se jongste kind het graad 7 voltooi. Dus moet die twee vakatures gevul word.  Ons het reeds laasjaar pro-aktief opgetree en die volgende twee persone op die Beheerraad gekoöpteer  en hulle het hulself vanjaar weer verkiesbaar gestel: Oloff Sieberhagen Sybil  Müller (Tesourier). Wie mag ‘n ouer benoem: ‘n Ouer van ‘n leerder van ons skool, wie se naam op die kieserslys van die skool is, mag enige ander ouer van ‘n leerder wat die skool bywoon wie se naam op die keiserslys van die skool is benoem, of sodanige ouer se benoeming sekondeer, deur ‘n voltooide benoemingsvorm teen nie later nie as 04 Februarie 2026 teen 12:00 by die skool af te lewer.  Benoemingsvorms is by ontvangs (Adri) beskikbaar. ‘n Aanlyn verkiesing (VotingCrowd) sal op Maandag, 16  Februarie 2026, vanaf 06:00 – 18:00 gehou word, indien daar meer as die twee bogenoemde kandidate genomineer  word.   Sien asseblief die kennisgewing van die aanlyn tussenverkiesing hier onder.  Meer inligting rakende die tussenverkiesing sal volg. Baie dankie vir jul aandag. Groetnis Naas Beets | Skoolhoof   KENNISGEWING VAN TUSSEN BR VERKIESING...

Lees Verder

Verstaan ADHD: ‘n Gids vir ouers

ADHD word as een van die mees algemene neurodiverse uitdagings beskou. Dit kom in kinders en volwassenes voor en word die meeste van die tyd verkeerd verstaan. Heelwat ouers dink steeds dat ADHD net oor ’n kind se konsentrasie gaan, maar navorsing oor jare heen bewys dat dit baie meer kompleks is.

Sien die volledige gids wat ouers en opvoeders help om ADHD beter te verstaan, vroeër te identifiseer en uiteindelik hoe om ons kinders met selfvertroue en deernis te ondersteun.

Alle dank en eer aan Goldilocks and The Bear Foundation wat hierdie inligting met ons deel.

Lees Verder

Mediasentrum Tye

Die skool se mediasentrum is oop vir die uitneem van boeke tydens tweede pouse op Dinsdae en Donderdae. Die mediasentrum is verder beskikbaar van Maandag tot Woensdag vanaf 14:10 tot 15:15, waar leerders welkom is om te lees, boeke uit te neem, huiswerk te doen of te leer. Leerders mag slegs een boek op ’n slag uitneem. ’n Terugkeerdatum word voorin die boek gestempel en boeke moet op of voor die aangeduide datum terugbesorg word. Indien ’n boek reeds uitgeneem is, kan leerders hul naam op die Boekbesprekingslys plaas om die boek te reserveer sodra dit beskikbaar is. Boekgroete uit die Mediasentrum!...

Lees Verder

Nuwe Onnies 2026

Ons verwelkom hierdie jaar drie nuwe grondslagfase onderwyseresse! Ons het vir hulle die volgende vrae gevra: 1. Het jy voorheen skool gehou? Indien wel, waar? 2. Wat doen jy graag in jou aftyd? 3. Wat is jou gunstelingkos/-dis? 4. As jy met ‘n bekende persoon kan kuier, wie sal dit wees? 5. As jy ‘n superpower gehad het, wat sou dit wees? 6. As jy die Lotto wen… Kom ons kyk ‘n bietjie wat sê...

Lees Verder

Bekendstellingsfunksie Kosbestellings: 22 Januarie 2026

Ons sien uit om saam as ouers, voogde en onderwysers volgende week Donderdagaand, 22 Januarie, te kuier. Oudergewoonte sal Stan van Boulevard 82 se “Food truck” weer na afloop van die inligtingsessie in die saal (rondom 20:00) regstaan met voorafbestelde etes wat op Karri beskikbaar is. Daar sal ook ’n tafel wees om jou dors te les. (Slegs SnapScan en Yoco) Alle kosbestellings moet teen Dinsdag om 13:00 op Karri geplaas word. Geen kos sal sonder voorafbestelling verkoop word nie. Karri-bestellings maak vandag oop. Die ete-opsies: Falafel vegetarieseburger met skyfies – R130 Karringmelkhoenderburger met skyfies – R155 Kaasbeefburger met skyfies – R165 Salm “Poke Bowl” – R175 Die koskaartjies sal by die registeronderwyser in die kind se klas wees deur wie die kosbestelling geplaas is. Dit kan op die aand tydens die klasvergaderings afgehaal...

Lees Verder

STUDIEKURSUS: Kwartaal 1, 2026

Leerders word volgens hulle grade in groepe ingedeel. Die groepe bestaan uit 8–10 leerders per groep en kom een keer per week vir 45 minute bymekaar. Leerders gaan vir 7 weke gratis studie-ontwikkeling ontvang. U kan ’n e-pos aan Marietjie de Kock (marietjie@jvrprim.co.za) stuur om vir u kind ’n plek te bespreek. Die studie-ontwikkeling bestaan uit die volgende: Beplanning vir die kwartaal en doelwitstelling Hersiening van verskillende opsommings Luister- en konsentrasievaardighede Geheue-oefeninge Beantwoording van toetse en eksamens Die kursus begin die week van 26 Januarie. Hier is die tye en datums vir die onderskeie...

Lees Verder

Kwartaal 1 se bedrywighede

Om by ‘n nuwe skool betrokke te raak, verg soms kophou om belangrike inligting nie mis te loop nie. Ons help graag deur hierdie kort opsomming as induksie te gebruik totdat jy vertroud is met die kalender, weeklikse nuusbrief en al die ander doen en late van ons skool. Die doel hiermee is nie om enige ander dokument te vervang nie, maar eerder om onnodige angs en onsekerhede uit die weg te ruim. Sien belangrike datums en kontakbesonderhede hier onder: Inligting rakende bedrywighede aan nuwe ouers...

Lees Verder

Jannie van die week

Ons eer graag Jannies wat iets besonders gedurende die week doen. Besonders is ‘n besondere term vir ‘n besonderse daad. Om hulpvaardig teenoor ‘n maat op te tree wie se arm gebreek is en nie haar tas kan dra nie; om rommel op te tel sonder dat enigiemand vir jou opdrag gee; om vriendelik te wees teenoor iemand wat afsydig en ongeskik is; om respekvol teenoor besoekers op te tree is alles voorbeelde van ‘n Jannie wat die Jannie van die week-toekenning verdien.   Hou asseblief hierdie spasie dop aangesien ons weekliks ‘n Jannie van die week-verteenwoordiger op hierdie ruimte gaan...

Lees Verder