Kwartaal 3: Welwillendheid
Hierdie kwartaal is ons fokus om diere te help! Wat: Bring kat- en hondekos skool toe. Wanneer: 28 Julie – 7 September 2026 Waar: By jou registerklas
Lees VerderHierdie kwartaal is ons fokus om diere te help! Wat: Bring kat- en hondekos skool toe. Wanneer: 28 Julie – 7 September 2026 Waar: By jou registerklas
Lees VerderCoreen Scholtz (Graad 6) slaag die Trinity College London Graad 3 klaviereksamen met onderskeiding, 89%. Dit is ‘n uitstekende prestasie, en ons is baie trots op haar. Welgedaan, Coreen!
Lees VerderHier volg die week se netbaluitslae:
Lees VerderWoensdag, 2 September: Koorkonsert saam met die Jiřičky Jeugkoor en kore van Hoër- en Laerskool Jan Van Riebeeck Plek: NGK Tamboerskloof Tyd: 18h00 Koor meld vroeër aan. Meer besonderhede word op die Junior Koor WA-groep gedeel. Dinsdag, 8 September: Kaapse Afrikaanse Eisteddfod Die junior koor neem aan die *Kaapse Afrikaanse Eisteddfod* deel. Tyd: 16h00 Venue: Laerskool Simon van der Stel. Alle leerders ry met busvervoer na Simon van der Stel. Ouers kan leerders na afloop van die Eisteddfod by Simon van der Stel optel. Daar sal ook ‘n bus wees om leerders weer terug skool toe te bring na afloop van hul optrede. Ons deel nader aan die tyd meer spesifieke reëlings op die Junior Koor WA-groep. Kontak gerus vir Juf Rolene of Juf Bea met indien daar enige bekommernisse is....
Lees VerderStudiekursus kwartaal...
Lees VerderEisteddfod...
Lees VerderHier volg meer inligting oor die volgende markdag:
Lees VerderDaniel Lawson en Pieter-Steph Bothma het die afgelope naweek uitstekend gevaar by die Kaapse Ope Skaakkampioenskappe. Albei het in die o.10-kategorie deelgeneem, waar Daniel ’n eerste plek en Pieter-Steph ’n derde plek behaal het. Daniel is boonop as die kampioen in sy ouderdomsgroep gekroon. Baie geluk met hierdie puik prestasies! Ons is ongelooflik trots op...
Lees VerderHier volg die week se netbaluitslae:
Lees VerderOns moderne dansgroep het onlangs tydens ’n saalbyeenkoms by Laerskool JvR opgetree. Die optrede het gedien as voorbereiding vir die Junie Kaapstad Eisteddfod en het ook uittreksels uit verskeie musiekblyspele ingesluit. Baie geluk aan al die dansers wat met selfvertroue en entoesiasme hul talent ten toon gestel het. Ons wens hulle alles van die beste toe vir die komende Eisteddfod. Junior groep: Zoey Fischer, Emily Botha, Amelie du Toit, Lara Cloete, Abigail Maritz, Arabella Nagel, Charlie de Klerk, Reine Bothma, Mila Otto, Ferdie Titley, Heike Louw, Cara Scholtz, Ariella Meinking, Ada Uys, Emma-Jane Wilke, Emily Theron, Cornelia Opperman en Mila Maree. Senior groep: Ciera February, Mika van der Walt, Christa-Bella Swart, Hanna Louw, Anabel Brink, Ella Nel, Heidi van Heerden en Solange...
Lees VerderTwee oudleerders van Laerskool JvR, Karlien van der Walt en Kerala Allewell, is op pad na die AAB Summer School in New York saam met hul dansonderwyseres, Barbie Schreuder. Karlien en Kerala se dansloopbane strek reeds vanaf Graad 1 tot Graad 10, en albei is in die genres Modern en AAB Ballet opgelei. Hul uitstekende prestasies by die Kaapstad Eisteddfod, CSA-assesserings en AAB Ballet-eksamens oor die jare getuig van hul toewyding en harde werk. Nadat hulle in 2025 weer ’n borgskap ontvang het, het hulle die geleentheid aangegryp om die AAB Summer School in 2026 by te woon. By Purchase College in New York sal hulle klasse bywoon en saam met internasionale dansers deur wêreldklas-afrigters afgerig word. Ons wens hulle alle voorspoed toe met hierdie besonderse geleentheid en is ongelooflik trots op hul prestasies. Break a...
Lees VerderOns versoek vriendelik dat alle boeke wat tans uitgeneem is, asseblief gedurende hierdie week aan die Mediasentrum terugbesorg word. As gevolg van voorraadopname wat voor die Junie-skoolvakansie afgehandel moet word, sal leerders ongelukkig nie vir die res van hierdie kwartaal boeke mag uitneem nie. Ons waardeer almal se samewerking en sien daarna uit om volgende kwartaal weer die boekrakke vir ons leerders oop te stel. Leerders sal dan weer soos normaal boeke kan uitneem en nuwe leesavonture ontdek. Boekgroete Juf....
Lees Verder3 Augustus: Tafelberg Koorfees (Hoërskool Jan van Riebeeck) 1) Tyd: 18h00 2) Koorlede arriveer reeds 16h00 vir die massa kooroefening en werkswinkel saam met Mnr Pieter Bezuidenhout. 3) Kaartjies is R50 per persoon – sien die skakel op die WA-groep. 16 Augustus: Tygerberg Children’s Choir: In Harmony (Kaapstadse Stadsaal) 1) Tyd: 15h00 2) Koorlede arriveer stiptelik om 12h30 by die stadsaal sodat hulle gereed is om 12h30 met die massa kooroefening en klanktoets te begin. 3) Kaartjieverkop is reeds oop en die skakel is op die koor WA-groep. 2 September: Koorkonsert saam met Jiřičiky Jeugkoor (Tsjeggië), Hoërskool Jan van Riebbeeck en Laerskool Jan van Riebeeck Junior en Senior kore (LJvR Skoolsaal) 1) Besonderhede oor hierdie konsert sal later bevestig word. Teken hierdie belangrike datums aan, asseblief. Dit is opwindende geleenthede om na uit te sien, en dit is altyd lekker om met ’n volledige koor op te tree! Hou die Senior Koor WA-groep dop vir meer inligting rakende die onderskeie konserte. Kontak gerus vir Juf Rolene indien daar enige vrae...
Lees VerderHier volg die week se rugbyuitslae:
Lees VerderHier volg die week se skaakuitslae:
Lees VerderHier volg die week se netbaluitslae:
Lees VerderHier volg die week se hokkie-uitslae:
Lees VerderDit is vir ons baie lekker om aan te kondig dat me. Felicity Beerwinkel, wat tans by die skool se nasorg werk en reeds sedert 2016 by die vakansiesorg betrokke is, die vakansiesorg van nou af gaan bestuur. Die vakansiesorg was vir die afgelope paar jaar in Loraine van Vuuren se bekwame hande. Die vakansiemaats sal haar baie mis, maar ons weet dat die vakansiesorg, soos voorheen, sommer baie goed bestuur sal word. Datums: Maandag, 29 Junie, tot Maandag, 20 Julie. Tye en koste: Halfdag: 07:30 – 13:00 vir R100; en voldag: 07:30 – 17:00 vir R200. Kos: Maats bring hul eie kos. Daar is wel elke dag bak-en-brou en ’n kreatiewe aktiwiteit. Spanlede: Hierdie bekende gesigte neem net so oor by Loraine van Vuuren. As jy wil inskryf, VOLTOOI HIERDIE VORM en WhatsApp dit teen Vrydag, 19 Junie 2026, terug aan Felicity met die datums wat jou kind/ers vakansiesorg gaan bywoon, na 073 856 6577....
Lees Verder