Ons skool se kreatiewe platforms het onlangs bietjie verander. In die verlede het ons elke kwartaal ‘n gedrukte koerant uitgegee en ons foto’s op Die Kiek gedeel. Nou is alles op een plek saamgebring!

Die Suidooster is ons skoolblog waar ons gereeld foto’s, video’s en artikels plaas wat ‘n samevatting gee van alles wat by die skool gebeur. Behalwe nuus vanuit die skool, kry leerders ook die geleentheid om hul eie artikels te skryf en te deel. Só kan jy maklik op hoogte bly van die nuutste nuus, prestasies en gebeure.

👉 Kliek hier om Die Suidooster te besoek: Die Suidooster – Ls Jan van Riebeeck