Skrywer: Megan Zondagh

Wêreld Robotika Olimpiade – 3de plek in Suid-Afrika!

Op 11 September het drie van ons leerders die skool met groot trots by die World Robot Olympiad (WRO) Nasionale Kompetisie verteenwoordig. Hierdie kompetisie het by die Heartfelt Arena in Pretoria plaasgevind. Ons span het in die Heritage Explorer Lite-kategorie deelgeneem, waar hulle hul robotika-, programmerings- en probleemoplossingsvaardighede teen van die beste jong robotika-spanne in die land kon toets. Om hul plek by die nasionale kompetisie te verdien, moes die span eers uit 160 deelnemende spanne kwalifiseer, ’n besondere prestasie opsigself. By die nasionale kompetisie het hulle hul vaardighede, kreatiwiteit en deursettingsvermoë ten toon gestel en ’n ongelooflike 3de plek in Suid-Afrika behaal. Ons is besonders trots op Kohl Kushner, Rafa Lamprecht en Liam du Plessis. Al drie in graad 7. Hulle harde werk, spanwerk, kreatiwiteit en vasberadenheid het hulle tot onder die top 30 spanne in die land geneem en uiteindelik ’n welverdiende 3de plek nasionaal besorg. Hierdie prestasie is ’n wonderlike voorbeeld van wat moontlik is wanneer leerders met passie, nuuskierigheid en deursettingsvermoë werk. Baie geluk met hierdie fantastiese prestasie, julle het LS JvR se naam hoog...

Lees Verder

SKOOLGELD- EN BEGROTINGSVERGADERING VIR 2027

Om aan die WKOD en nasionale regulasies te voldoen, moet Laerskool Jan van Riebeeck ons ouers/voogde 30 dae kennis gee van die jaarlikse skoolgeld- en begrotingsvergadering. Neem asseblief kennis dat dit op Maandag, 02 November 2026, om 18:00 in die saal sal plaasvind. Die nuwe BELA-wetgewing vereis ‘n kworum van 10% van ons ouerkorps wat die vergadering moet bywoon. Die gedetailleerde begrotingsvoorstelle sal vir besigtiging vanaf Maandag, 12 Oktober 2026, daagliks tussen 10:00 en 14:00 by die finansiële kantoor beskikbaar wees. Indien jy belangstel om die 2027-begroting te kom besigtig, maak asseblief gebruik van die hoofingang te Kloofstraat. Ons sien uit om julle by die vergadering te verwelkom. Begrotingsvergadering 2 Nov - 30 dae...

Lees Verder

Geagte Ouers / Voogde – 23 September 2026

Hiermee sluit ek ‘n opwindende kwartaal drie af as ‘n baie dankbare en trotse skoolhoof met ‘n ongelooflike kwartaal propvol kosbare hoogtepunte agter die rug. Die magiese skoolkonsert was beslis vir my die hoogtepunt van die kwartaal waartydens al ons leerders deelgeneem het! Die kwaliteit van die produksie, die kostuums met soveel detail en die standaard wat ons stel om ‘n suksesvolle konsert aan te bied, is weereens ‘n bewys van die fokus en strewe na uitnemendheid wat ons by die skool wil handhaaf. Ons het op Maandag, 21 September, vir die eerste keer ‘n kultuursaal gehou om erkenning aan ons kultuur-, kuns- en musiekleerders te gee vir hul puik prestasies tydens die onlangse Kaapse Afrikaanse Eisteddfod, Jan Arté, Trinity- en Unisa-musiekeksamens. Daar is tydens die spesiale saal meer as 200 sertifikate aan 110 leerders uitgedeel wat weereens ‘n bewys van die groei en ontwikkeling is wat die afgelope twee jaar t.o.v. musiek, kuns en kultuur plaasgevind het. Ons leerders is so talentvol en hul veelsydigheid is bewonderenswaardig! Welgedaan aan al ons kultuur-, kuns- en musiekleerders met jul merkwaardige prestasie – julle maak ons so trots! Ons beker van dankbaarheid loop spreekwoordelik oor as ons terugkyk oor wat die skool die afgelope kwartaal vermag het. Dit sluit onder andere die volgende in: die weeklange magiese skoolkonsert; die junior koor wat vir die eerste keer by die Kaapse Afrikaanse Eisteddfod...

Lees Verder

Mila Malan blink uit in die CPL Shield-liga

Die afgelope naweek het Mila aan die CPL (Cape Premier League) in die Shield-liga deelgeneem. Die CPL bring spelers van regoor die Wes-Kaap bymekaar, met ses ligaspanne wat oor die naweek teen mekaar meeding en vyf wedstryde speel. Mila se span, die Royals, het die liga gewen en die trofee ontvang! 🏆 Dit was ’n fantastiese ondervinding met baie sterk spelers en strawwe teenstand. Ons is werklik trots op Mila en haar...

Lees Verder

Markdag: Gr.1-3 – 22 September 2026

Dit is hierdie keer die Grondslagfase se beurt vir markdag! Karri is reeds oop en tafels is beskikbaar vir bespreking. Maak seker om jou tafel betyds te bespreek – Karri sluit Dinsdagoggend om 08:30. 📅 Verkope: Dinsdag, 22 September om 10:00–10:45 ⏰ Verkopers kan vanaf 09:30 opstel. Kom ondersteun ons Grondslagfase-leerders en geniet die oggend saam met...

Lees Verder

Vakansiesorg: September 2026

✨ VAKANSIE-HANDJIES SE VAKANSIEPRET! ✨ Beste Ouers, Die vakansie is amper hier! Ons is besig om voorbereiding te tref, asook speletjies en kreatiewe aktiwiteite vir ons vakansieleerders te beplan 🎨 📅 DATUMS: Vr, 25 Sept – Ma, 5 Okt 2026 🌈 VAKANSIE-HANDJIES IS OOP: ✨ Vr, 25 Sept ✨ Ma, 28 Sept – Vr, 2 Okt ✨ Ma, 5 Okt Om seker te maak dat ons genoeg hande en aktiwiteite vir almal gereed sal hê, benodig ons so gou as moontlik die volgende belangrike informasie: 1. Die Naam & Van van leerders wat die vakansiesorg gaan bywoon; 2. Watter dae/datums die leerder by ons gaan kom kuier. 💌 RSVP – STUUR ASB DIE VOLGENDE PER WHATSAPP AAN FELICITY: 073 856 6577 👧 Naam & Van: ____ 📅 Datums:____ Hoe meer inligting ons het, hoe meer voorbereid kan ons wees om dit ‘n onvergeetlike vakansiekuier vir almal te maak. Ons kan nie wag om die vakansie saam met al ons vakansiesterre kreatiewe dinge te doen en pret te hê nie! ⭐️ Groete, Die Vakansie-Handjiesspan...

Lees Verder

Geagte Ouers / Voogde – 18 September 2026

Die afgelope week was die fokus op ons opwindende skoolkonsert wat elke twee jaar aangebied word. Hierdie was weereens nie die gewone en vervelige skoolkonsert wat die meeste mense in die algemeen by ’n skoolkonsert verwag nie! Dit was ’n skouspel, uitstekend beplan en puik uitgevoer! Dit het vanjaar op Maandag, 14 September, afgeskop en die saal was elke aand propvol ouers, voogde, familie en grootouers! Die opwinding het reeds vanaf Maandagoggend tydens die kleedrepetisie behoorlik momentum begin kry en dit het eenvoudig vanaf die eerste aand se puik opvoering tot die magiese grand finale op Donderdagaand, 17 September, opgebou. Ons leerders het baie toegewyd saam met hul onderwysers die afgelope weke baie hard geoefen om seker te maak dat ons dieselfde standaard as die vorige konsert in 2024 kon handhaaf. Die teks van ons spogkonsert, naamlik ‘Musical Diner’, is deur juf. Naomi (gr. 2) geskryf. Die detail en die kwaliteit van die spogkostuums was asemrowend. Die musiek wat elke graad se dansies komplementeer en die puik optrede van die hoofkarakters voer jou maklik weg na ’n magiese musikale wêreld deur die ‘jukebox’ waar ons ’n huldeblyk aan die bekendste musiekblyspelle oor ’n klompie dekades bring. Ek glo julle sal stemsaam dat die spesifieke liedjies tot baie goeie herinneringe van veral die tagtigerjare opgeroep het. Graag wil ek al ons ouers wat so hard gewerk het om die spogkostuums te...

Lees Verder

Geagte Ouers / Voogde – 11 September 2026

Vandag presies 25 jaar gelede was die wêreld in skok gedompel met die grusame aanvalle van 11 September waar duisende onskuldige mense gesterf het. In die volksmond staan dit nog vandag as 9/11 bekend. Ek weet dat daar heelwat samesweringsteorieë oor die voorval nog steeds die rondte doen, maar dit was ‘n gekoördineerde reeks selfmoordaanvalle wat in 2001 deur die Islamitiese terroriste-organisasie al-Kaïda teen die Verenigde State uitgevoer is. Altesaam 19 terroriste het vier passasiersvliegtuie gekaap en twee daarvan het in een van die Tweelingtorings-geboue (”Twin Towers”) van die Wêreldhandelsentrum in New York-stad vasgevlieg. Die derde vliegtuig het teen die Pentagon – die hoofkwartier van die Amerikaanse Departement van Verdediging in Arlington County, Virginië – gebots. Die vierde vliegtuig het gelukkig in ‘n landelike area in Pennsilvanië neergestort, maar daar was onskuldige mense aan boord. Mag die wêreld nooit weer so ‘n traumatiese gebeurtenis ervaar nie. Die rede dat hierdie insident my altyd sal bybly, is dat ek twee weke na die 9/11-insident met redelike angs en onsekerheid op ‘n vliegtuig vanaf Kaapstad na Berlyn (Duitsland) geklim het vir opleiding wat deur die WKOD geïnisieer was. Ek dink baie mense het vir ‘n geruime tyd na afloop van 9/11 verkies om eerder nie te vlieg nie. Ek hoop en vertrou dat almal die heerlike sonskynweer van die afgelope tyd geniet, veral na die stormwinde wat op baie plekke groot...

Lees Verder

Skaakuitslae: 5 & 6 September 2026

Baie geluk aan ons skaakspan met hul uitstekende prestasies! Tydens die skaakkompetisie op 5 en 6 September het ons o.9-span ’n uitstekende 5de plek in die Wes-Kaap behaal, terwyl die o.11 span ’n 12de plek in die Wes-Kaap behaal het. Ons is baie trots op ons skaakspelers en hul harde werk, fokus en...

Lees Verder

Bella Malan verwerf WP-kleure in gimnastiek

Baie geluk aan Bella Malan (Graad 6) wat onlangs haar WP-kleure in gimnastiek (WAG) verwerf het! Bella sal die Wes-Kaap by die 2026 Nasionale Gimnastiekkampioenskappe in Pretoria verteenwoordig, wat van 24 tot 27 September 2026 plaasvind. Ons is ongelooflik trots op Bella en wens haar alle sterkte toe met hierdie besondere...

Lees Verder

Junior Koor Oudisies

Die Junior Koor verwelkom nuwe lede om aan die begin van kwartaal 4 by die junior koor aan te sluit! Daar lê opwindende geleenthede in kwartaal 4 vir die Junior Koor voor, soos ’n “Choir Mingle” saam met St Cyprian’s en die Kerskonsert wat jaarliks ’n hoogtepunt op ons kalender is.   Juf Bea doen oudisies vanaf Maandag, 14 September, tot Vrydag, 18 September. Ons sal deur die loop van die week by die klasse om gaan en belangstellende leerders uitnooi vir die oudisie!   Kontak gerus vir juf Bea met enige verdere vrae....

Lees Verder

Emma as Speler van Toernooi aangewys!

Baie geluk aan Emma Snijders (huidige graad 9-leerder) wat tydens die Marius Schoeman-netbaltoernooi aangewys is as die o.15 Speler van die Toernooi! Emma se passie, toewyding en liefde vir die spel is ’n ware inspirasie. Ons is ongelooflik trots op jou en hierdie besondere prestasie, Emma! Baie geluk – ons is trots op...

Lees Verder

Ella Fischer blink uit in rotsklim

Baie geluk aan Ella met haar uitstekende prestasie in hierdie jaar se Wes-Kaap- en Gauteng-streekskampioenskappe vir rotsklim! Ella het ’n silwermedalje in Bouldering tydens die Gauteng-kampioenskappe verower en daarna goud in Bouldering tydens die Wes-Kaap-kampioenskappe behaal. Ella is as die Wes-Kaap-kampioen in haar ouderdomsgroep bekroon! Ons is ongelooflik trots op jou, Ella! Baie geluk met hierdie besonderse...

Lees Verder

BARBARA SCHREUDER DANSSKOOL

Uitslae van assessering – Sondag, 30 Augustus 2026 Baie geluk aan al ons dansers met hul pragtige uitslae tydens die assessering op Sondag, 30 Augustus! 🌟 Die dansers het besonders mooi gelyk in hul leotards, rompies en kleurvolle danskostuums en het hulself met groot selfvertroue van hul beste kant gewys. Graad 1–3 Die volgende dansers het elk ’n pragtige sertifikaat en verslag met opbouende kommentaar ontvang: Emily Botha Amelie Johnson Charlie de Klerk Ferdi Titley Heike Louw Ada Uys Emilie Theron Emma-Jane Wilke Mila Maree Cornelia Opperman Graad 5–11 Die volgende dansers het sertifikate en opbouende kommentaar ontvang, met gradering op versoek: Christa-Bella Swart – A+ Mika van der Walt – A+ Hanna Louw – B++ Anabel Brink – A Heidi van Heerden – A+ Ella Nel – B Solange Stevens – A+ Kerala Allewel – A+ Karlien van der Walt – A+ Lara Basson – A+ Die beoordelaar was baie beïndruk met ons dansers se mooi gepunte voete, pragtige gesigsuitdrukkings en meelewing. Sy het ook die hoë standaard en gehalte van die choreografie beklemtoon en aangedui dat die dansers baie talentvol is en oor groot potensiaal beskik. Gereelde klasbywoning en die bywoning van repetisies is belangrik om hierdie potensiaal ten volle te ontwikkel. Dit is ook belangrik dat dansers hul liggame soepel en sterk hou. Die beoordelaar was veral beïndruk met die dansers se pragtige spronge (jetés) en...

Lees Verder

JUNIOR KOOR: Kaapse Afrikaanse Eisteddfod

Die Junior Koor neem volgende week vir die eerste keer aan die Kaapse Afrikaanse Eisteddfod se Koorsang afdeling deel. Ons kan nie wag nie!   Hier volg die reëlings:   Datum: Dinsdag, 8 September Plek: Laerskool Simon van der Stel Vervoer:  * Die bus vertrek stiptelik om 14h30 vanaf die agterste parkeerarea van die skool. Wees reeds 14h15 daar, asb. * Die koor neem 16h00 deel, en ons kom direk daarna terug skool toe. * Ons behoort op die laatste weer 17h15 terug by die skool te wees. Ons sal ’n WA op die Junior Koor WA-groep stuur sodra ons by Simon van der Stel vertrek. Kleredrag: Skoolsweetpak (top met die oranje strepies), skoolhemp, wit tekkies en sokkies. Kos: Pak gerus gesonde peuselhappies en water in vir die busrit.   Kontak vir juf Rolene met enige...

Lees Verder

Orkeswerkswinkel saam met Somerset House

Ons stryk- en houtblaasensembles gaan Saterdag, 12 September, aan ’n orkeswerkswinkel saam met leerders van Somerset House deelneem. Daar sal ook van ons senior musiekleerders by marimbagroepe vir die oggend inskakel. Dit beloof om ’n heerlike oggend van saam musiek maak te wees!    Hier volg meer spesifieke reëlings:   09h30 – 10h15: Sessie 1 10h30 – 11h15: Sessie 2  12h00 – 13h00: Konsert   Datum: Saterdag, 12 September Tyd: 09h30 – 13h00 Plek: Somerset House Preparatory School   Ouers, familie, en vriende is BAIE welkom om die konsert by te woon, 12h00 – 13h00.    Daar sal busvervoer wees. Die bus vertrek stiptelik om 08h15 vanaf die skool en sal na afloop van die konsert weer terug kom skool toe.   Kontak gerus vir juf. Rolene met enige verdere vrae....

Lees Verder

Koffie-en-Beskuit Konsert: Dinsdag, 8 September

Ons volgende oggendkonsert vind Dinsdagoggend, 8 September, in die NASORG plaas.    Die volgende leerders tree op:   Floris Müller – klavier Jude Murray – kitaar Natalie Lawson – saksofoon Benjie Ntloko en Aiden Cronje – klarinetduet Clara Wiese – sang Clara Wiese en Lua Groenewald – sangduet Alida Loubser – sang Joris le Roux – klavier Liliana Hartman – klavier   Hier is enkele algemene reëlings rondom die verrigtinge:   * Deelnemende leerders meld stiptelik om 07h30 in die Nasorg met hul instrument aan. Juf. Bea en/of mnr. Ben sal daar wees om hulle te ontvang en te help om instrumente te stem.  * Elke deelnemende leerder bring een of twee maatjies saam om die konsert by die woon.  * Ouers is welkom om te kom luister – bring gerus koffie saam! * Gebruik asb die deur by die Nasorg om in te kom – die senior koor oefen in die saal, en ons wil hulle nie steur nie.   Tyd: 08h00 – 08h30 Plek: Nasorg...

Lees Verder

STOP ALLES EN LEES! 08 September 2026

Op Internasionale Geletterdheidsdag (Dinsdag, 08 September) sit ons alles vir ’n rukkie opsy en maak tyd vir die wonderlike wêreld van boeke! 📖✨ Leerders word aangemoedig om hul gunstelingboek skool toe te bring en gedurende die dag ’n spesiale leestyd te geniet. Kom ons maak saam tyd om te lees, te droom en nuwe wêrelde te ontdek!...

Lees Verder