Skrywer: Megan Zondagh
Skryfbehoeftes vir 2027
Sien asseblief die skryfbehoeftes wat jou kind in 2027 gaan nodig hê hier onder: Graad 1-3 Graad 4 Graad 5 Graad 6 Graad 7
Lees VerderSkaakuitslae van 16 Oktober 2026
Ons skaakspan het verlede Vrydag uitstekend teen Kampsbaai gevaar. 20 leerders het altesaam deelgeneem, en ons span het die wedstryd oortuigend met 16–4 gewen. Baie geluk aan elke speler met hierdie puik prestasie. Julle toewyding, konsentrasie en sportmangees maak ons...
Lees VerderJan Kas se Eksamenwinkelure
Neem asseblief kennis dat Jan Kas gedurende die eksamentyd die volgende winkelure vanaf 11 November tot 26 November sal volg: Maandag & Woensdag: 07:00 – 08:00 Dinsdag & Donderdag: 12:30 – 13:30 Vrydag: Gesluit Jan Kas sluit op 26 November vir voorraadopname en sal eers weer in Januarie 2027 oopmaak. Maak dus asseblief seker dat jou kind alles het wat hy/sy vir die laaste paar weke van skool en sport sal nodig hê. Geen bestellings of aankope sal vanaf 26 November meer gemaak kan word nie. Hou asseblief die nuusbrief dop vir die bevestigde heropeningsdatums en winkelure vir die nuwe jaar. Ons wens almal ‘n voorspoedige eksamentyd...
Lees VerderGeagte Ouers / Voogde – 23 Oktober 2026
Dit is verstommend hoe vinnig die weke teen die einde van die jaar verby snel, met die derde week van die laaste kwartaal wat vandag tot ‘n einde kom. Daar het reeds heelwat sportwedstryde en -byeenkomste die afgelope twee weke plaasgevind. Graag deel ek die volgende puik somersportuitslae en wens die volgende leerders geluk met hul pragtige sportprestasies: Atletiek: Op Vrydag, 16 Oktober, het ons aan die Laerskool De Hoop Prestige Atletiekbyeenkoms te Somerset-Wes deelgeneem en ons atlete het soos volg puik gevaar: Louis Hofmeyer (o.11) behaal ‘n 1ste plek in verspring (ontvang goue medalje); Christiaan Roux (o.9) behaal twee 2de plekke vir 60 m en 100 m (ontvang twee silwer medaljes); Stef Nel (o.12) behaal ‘n 2de plek in hoogspring (ontvang silwer medalje); Ilan van den Berg (o.10) wen brons vir die 300 m; Jacques du Toit (o.13) wen brons vir die 300 m; en Ilan van den Berg, Nicolaas Boshoff, Stef Nel en Jacques du Toit behaal ‘n 3de plek vir die 300 m-wisselaflos (almal ontvang bronsmedaljes). Verder sluit ons die aand op ‘n hoogtepunt af met ‘n puik vertoning deur ons dogters – Leah Jacobsz, Anna Rabie, Elise Theron en Octavia Ackermann wen goud in die wisselaflos. Die item bestaan uit ‘n 600 m, 300 m, 200 m en 100 m. In totaal het ons 8 medaljes tydens die byeenkoms verower (2 x goud; 3 x...
Lees VerderKatoen-uniformreplikas nou beskikbaar!
Goeie nuus! Die katoen-uniformreplikas is nou weer beskikbaar om direk deur die skool op Karri te bestel. Bestellings sluit op Woensdag, 28 Oktober 2026. Katoenbestellings word slegs twee keer per jaar geplaas – in Oktober (voor die nuwe jaar se somerkwartale) en Februarie (voor die winterkwartale). Bestel dus asseblief genoeg om tot die volgende bestelgeleentheid te hou. Belangrike inligting: Beskikbare items: Kortmou-gholfhemde en kortbroeke. Langmou-gholfhemde sal in Februarie, voor die winterkwartale, bestel kan word. Aanpas is noodsaaklik: Leerders moet die klere vooraf aanpas, aangesien die groottes van Jan Kas se gewone uniforms verskil. Aanpasmonsters: Beskikbaar by Jan Kas gedurende hul gewone openingsure: https://laerskooljanvanriebeeck.co.za/category/klerebank/ GEEN omruilings of terugsendings: Die klere word spesifiek volgens die bestellings vervaardig. Vir enige navrae, kontak asseblief vir Lian Lombard by...
Lees VerderOuer Sport-en-Pretdag 2026
Ons sien uit na ons opwindende Ouer Sport-en-Pretdag op Saterdag, 21 November! Ouers word hartlik uitgenooi om spanne vir tennis, netbal, raakrugby, hokkie, skaak of swem in te skryf. Ons benodig ook helpers en borge om van hierdie dag ‘n groot sukses te maak! Raadpleeg die plakkaat hieronder vir meer inligting en inskrywingskakels. Kom neem deel en geniet ‘n heerlike dag saam met ons JvR-familie! Ouersport en Pretdag Plakkaat...
Lees VerderSkool verdaag vroeër: Vrydag, 06 November 2026
Soos almal weet, kom van ons geliefde terreinwerkers, naamlik Christopher, Elliam, Matthews en Patrick, se werkskontrakte binnekort tot ’n einde. Hulle laaste dag by die skool is Vrydag, 6 November 2026. Let asseblief op dat ons personeel ’n spesiale afskeidsfunksie vir hulle daardie middag hou en dat die skool gevolglik vroeër verdaag. Die skool sal om 13:00 vir graad 1–3 en om 13:15 vir graad 4–7 verdaag. Laaste kans om ‘n donasie te maak Hierdie vier werkers het hulself daagliks by die hartklop en ritme van ons skool ingeleef en het met toewyding die skoolgemeenskap gedien. Ons is hartseer om hulle totsiens te heet en is rêrig baie dankbaar vir alles wat hulle vir die skool gedoen en beteken het. Hoewel daar reeds ’n geleentheid vir ouers was om ’n vrywillige donasie tot hul hervestigingskoste te maak, het van ons ouers die Karri-insameling gemis. Ons gaan dus ’n tweede Karri-insameling oopmaak vir ouers vir wie die saak na aan die hart lê en wat nog graag ’n geleentheid wil hê om ’n bydrae te lewer. Hierdie Karri-insameling sal vanaf 23 Oktober tot 2 November 2026 oop...
Lees VerderGeagte Ouers / Voogde – 16 Oktober 2026
Die tweede week van die laaste kwartaal het goed afgeskop en het ’n opwindende matrieksaal ingesluit. Op Dinsdag, 13 Oktober, het ons jaarlikse en gewilde matrieksaal plaasgevind. Dit is al ‘n jarelange tradisie dat ons jaarliks al die matrikulante wat by ons graad 7 voltooi het, uitnooi na ’n spesiale matrieksaal. Dus het ons vanjaar weer al die 2026-matrikulante wat in 2021 graad 7 by ons voltooi het, uitgenooi om die spesiale geleentheid saam met hul ouers, ons leerders en personeel by te woon om vir hulle sterkte vir die komende matriekeksamen toe te wens. Ons nooi nie net die matrikulante van Hoërskool Jan van Riebeeck wat by ons in die laerskool was nie, maar alle matrikulante wat in graad 7 by ons voltooi het. Matrieksaal is altyd ‘n hoogtepunt, maar vanjaar se matrieksaal is vir my spesiaal, aangesien die matrikulante in 2021 in graad sewe was, en dit ook in dieselfde jaar wat ek as skoolhoof by Laerskool Jan van Riebeeck aangestel is. Verder was 2021 ook ‘n spesiale jaar vir ons skool, aangesien die skool sy honderdste bestaansjaar gevier het. Ons was baie bevoorreg dat die 2021-hoofdogter en -hoofseun, Heloïse Strauss en Danny Newton, asook Luca Zulch (2026-hoofleier by Hoërskool Jan van Riebeeck), Fredrich Erasmus (2026-hoofseun by Hoërskool Jan van Riebeeck) en Taniel Weber (2026-hoofseun by Rondebosch Seunskool) uitstekende en inspirerende toesprake gelewer het. Ek is so...
Lees VerderUitstekende balletprestasies by Royal Academy of Dance-eksamens
Baie geluk aan ons Jannies wat onlangs uitstekende uitslae in hul Royal Academy of Dance (RAD)-balleteksamens deur die Cape Ballet Centre in Gardens behaal het. Die RAD is een van die wêreld se voorste balleteksamenrade, en hierdie prestasies getuig van die leerders se toewyding, dissipline en harde werk deur die jaar. Ons is ongelooflik trots op hul prestasies en wil hulle ook gelukwens met die wyse waarop hulle hul skoolverpligtinge en balletopleiding suksesvol balanseer. RAD Vlak 2: Deidre Louw – Onderskeiding (Goue medalje) Octavia Ackermann – Onderskeiding (Goue medalje) Anna Leach – Onderskeiding (Goue medalje) RAD Vlak 3: Inge Engelbrecht – Onderskeiding (Goue medalje) Kitty Partner – Hoë meriete (Silwer medalje) Eliana Greef – Onderskeiding (Goue medalje) Karen James – Onderskeiding (Goue medalje) Sophia Price – Onderskeiding (Goue medalje) Baie geluk aan elkeen van julle! Ons wens julle alle voorspoed toe met jul toekomstige balletprestasies!...
Lees VerderBella blink uit by SA Gimnastiekkampioenskappe
Bella Malan het op 27 September tydens die skoolvakansie aan die SA Gimnastiekkampioenskappe deelgeneem en uitstekend gevaar. Sy het in haar groep onder die top 10 op die sprong (vault) geëindig met ’n telling van 8,75. Hoewel sy nie uiteindelik ’n plek onder die algehele top 10 kon behaal nie, is dit steeds ’n besondere prestasie op nasionale vlak. Baie geluk, Bella! Ons is ongelooflik trots op...
Lees VerderDiabetesbewusmakingsdag: Vrydag, 13 November 2026
Op Vrydag, 13 November, om 10:30 hou ons ’n spesiale diabetesbewusmakingsgeleentheid in die skoolsaal. Leerders word aangemoedig om blou sivvies te dra ter ondersteuning van diabetesbewusmaking. Ons vra ’n bydrae van R10 per leerder, wat deur Karri betaal kan word. Kom ons staan saam en wys ons ondersteuning vir almal wat deur diabetes geraak...
Lees VerderNoa en Lizzy Presteer in Gimnastiek
Noa Rademan en Lizzy Snyders van Ignite Gymnastics Club het op 26 Oktober 2026 die Wes-Kaap by die Nasionale Gimnastiekkampioenskappe verteenwoordig. Uit 115 gimnaste het albei uitstekend gevaar en plekke onder die top 10 behaal. Noa het ’n indrukwekkende 8ste plek in Suid-Afrika op die balk behaal, terwyl Lizzy 10de in Suid-Afrika op die sprong geëindig het. Albei meisies het ook in die boonste helfte van die Vlak 4, 11-jaar-kategorie geëindig. Baie geluk, Noa en Lizzy, met hierdie besondere prestasie. Ons is baie trots op...
Lees VerderBestel van Konsertfoto’s en -video’s
Bestellings vir ons konsertfoto’s en -video’s op Karri sluit Maandag, 12 Oktober, om 17:00. Alle besonderhede oor die foto’s en video’s is op Karri beskikbaar. BELANGRIK: Geen laat bestellings sal aanvaar of hanteer word nie. Maak dus asseblief seker dat jy jou bestelling betyds...
Lees VerderPodium Pret Redenaars
Die finale ronde van Podiumpret het Donderdag, 24 September, aanlyn plaasgevind. Henry Jordaan in graad 5 en Antjie Samuel in graad 6 het deelgeneem. Daar was hierdie jaar meer as ‘n 1000 deelnemers! Uitslae: Henry het ‘n 10de posisie vir sy graad behaal en 3de plek vir die kategorie (Afrikaans 1e Taal Redenaars Onervare) Antjie het twee 1ste plekke behaal – Graad en kategorie (Afrikaans 1e Taal Redenaars Ervare) Baie geluk aan hierdie twee sprekers!! Ons is baie trots op...
Lees VerderGeagte Ouers / Voogde – 09 Oktober 2026
Dit is vir my ’n wonderlike voorreg om al ons leerders, ouers/voogde en personeel die afgelope week ná ’n heerlike Oktober-vakansie terug by die skool te verwelkom. Ek hoop almal het die kort vakansie terdeë geniet. Verder glo ek almal se spreekwoordelike batterye is herlaai en slaggereed om die laaste kwartaal van die jaar met hope energie en entoesiasme aan te durf. Kwartaal vier is vanjaar slegs tien weke lank met heelwat opwindende skoolaktiwiteite wat gaan plaasvind. Op Dinsdag, 06 Oktober, het ons Jannies en personeel met groot opwinding terug skool toe gekeer. Die eerste dag van die nuwe kwartaal word tradisioneel met ’n saalbyeenkoms begin waartydens ek almal amptelik ná die heerlike vakansie kon terug verwelkom. Mnr. Keenen het die saalbyeenkoms met ’n puik boodskap oor dankbaarheid geopen. Hierdie maand vier ons ook Onderwysers en mnr. Keenen het veral gefokus op die Internasionale Onderwysersdag wat op 05 Oktober wêreldwyd gevier is. Hy het onder andere die leerders versoek om ook dankbaar vir hul toegewyde onderwysers te wees wat so ’n belangrike rol in hul lewe speel. Graag wil ek by sy boodskap aansluit en my persoonlike dankbaarheid as skoolhoof teenoor elke onderwyser en nie-onderwyser (administratief, terrein, nasorg en sekuriteit) by Laerskool Jan van Riebeeck uitspreek. Ons is werklik geseënd met toegewyde personeel wat werklik omgee deur ons leerders se beste belange op die hart te dra. Dus versoek...
Lees Verder