Koffie-en-Beskuit Konsert: Dinsdag, 8 September
Ons volgende oggendkonsert vind Dinsdagoggend, 8 September, in die NASORG plaas. Die volgende leerders tree op: Floris Müller – klavier Jude Murray – kitaar Natalie Lawson – saksofoon Benjie Ntloko en Aiden Cronje – klarinetduet Clara Wiese – sang Clara Wiese en Lua Groenewald – sangduet Alida Loubser – sang Joris le Roux – klavier Liliana Hartman – klavier Hier is enkele algemene reëlings rondom die verrigtinge: * Deelnemende leerders meld stiptelik om 07h30 in die Nasorg met hul instrument aan. Juf. Bea en/of mnr. Ben sal daar wees om hulle te ontvang en te help om instrumente te stem. * Elke deelnemende leerder bring een of twee maatjies saam om die konsert by die woon. * Ouers is welkom om te kom luister – bring gerus koffie saam! * Gebruik asb die deur by die Nasorg om in te kom – die senior koor oefen in die saal, en ons wil hulle nie steur nie. Tyd: 08h00 – 08h30 Plek: Nasorg...
Lees Verder