Skrywer: Megan Zondagh

Jiřičky Jeugkoor van Praag deel ‘n verhoog met JvR Kore

Ons nooi almal hartlik uit na ‘n besonderse koorkonsert op Woensdag, 2 September, waar ons Junior- en Senior Koor die verhoog met die Jiřičky Jeugkoor van Praag (Tsjeggië) en die Hoërskool Jan van Riebeeck koor deel. Die konsert vind om 18:00 by die NG Kerk Tamboerskloof plaas. Toegang is gratis, en dit beloof om ‘n aand van uitsonderlike koormusiek en internasionale samewerking te wees. Kom ondersteun ons Jannies en geniet hierdie unieke musikale ervaring saam met...

Lees Verder

Elliott Coetzee skitter op die yshokkiebaan

Gedurende die wintervakansie het Elliott Coetzee die Westelike Provinsie by die interprovinsiale yshokkietoernooi in Pretoria verteenwoordig. Sy het vir drie verskillende spanne gespeel en uitstekend gevaar. Elliott het ’n goue medalje saam met die o.12A-span, ’n silwermedalje saam met die o.18-meisiespan en ’n bronsmedalje saam met die o.14B-span verower. Baie geluk, Elliott, met hierdie besonderse prestasie! Foto’s: Krediet aan die fotograaf /SAIHF IPT Photos Facebook-blad...

Lees Verder

Geagte Ouers / Voogde – 21 Augustus 2026

Vandag vier ons Bok Vrydag, met die helfte van kwartaal 3 wat vandag iets van die verlede is, wat ’n mens weereens laat besef dat tyd beslis nie stilstaan nie. Ons nader ook die einde van die wintersportseisoen met ’n opwindende interskole vanjaar teen Laerskool Welgemoed, wat oor die naweek van 28 en 29 Augustus by ons gaan plaasvind. Graag deel ek van ons puik sportuitslae wat die vorige naweek plaasgevind het: Netbal: Die topskole se distrikuitspeeltoernooi het op Saterdag, 15 Augustus, by Laerskool Kenridge plaasgevind, en ons is baie trots op die volgende uitslae: o.13A behaal tweede plek en wen silwermedaljes. o.11A wen brons. o.10A wen brons. Baie geluk aan ons spelers en afrigters met die puik prestasies. Rugby: Op Saterdag, 15 Augustus, wen ons o.13A-span 17–12 in ’n titaniese stryd tuis teen Laerskool Dirkie Uys. Die rede hoekom ek dié spesifieke wedstryd uitsonder, is weens die feit dat ons eerste rugbyspan vanjaar ’n baie moeilike seisoen ervaar met sterk teenstanders van groter skole. Op Saterdag het hulle gewys waartoe hulle wel in staat is deur in hulself te glo, as ’n span saam te speel terwyl elkeen sy kant gebring het. Daar was baie emosie ná afloop van die wedstryd – die seuns en afrigters was in ekstase oor die puik oorwinning! Die trane het behoorlik geloop, want hulle het die afgelope tyd so hard gewerk om...

Lees Verder

CSA Cape Studio Assessment – 30 Augustus 2026

Barbara Schreuder Dansskool nooi almal hartlik uit om ons talentvolle dansers te kom ondersteun tydens die CSA Cape Studio Assessment op Sondag, 30 Augustus 2026 by JvR Laerskool. Dansers sal ongeveer ses moderne en kontemporêre danse en bewegingsreekse uitvoer wat spesiaal vir hul ouderdom en vlak gechoreografeer is. Hierdie informele geleentheid bied ouers, familie en vriende die geleentheid om die dansers se harde werk en pragtige optredes te geniet. Program A: 10:00 Program B: 14:15 Parkering is agter die skool beskikbaar. Toegang: Volwassenes: R70 Skoolgaande kinders: R40 Betaling kan kontant by die deur of via EFT na die FNB Studio-rekening geskied. Aan die einde van die assessering ontvang alle dansers ‘n sertifikaat en ‘n verslag met opbouende kommentaar. Dansers van Graad 4 tot 11 kan ook, op versoek, ‘n amptelike gradering ontvang. Vir meer inligting, kontak Barbie by 072 454...

Lees Verder

Senior Koor tree op by In Harmony saam met die Tygerberg Kinderkoor

Die Senior Koor tree eerskomende Sondag, 16 Augusuts, in die Kaapstadse Stadsaal saam met die Tygerberg Kinderkoor en kore van Laerskool Durbanville, Laerskool Panorama en Laerskool Pinehurst op. Dit is ’n glansgeleentheid waarna die koor baie uitsien!   Ons nooi die Jannie-gemeenskap uit om die koor te ondersteun – sien die skakel vir kaartjieverkope: https://www.facebook.com/share/p/1CrCw8A6k6/...

Lees Verder

JanArte Kunstefees: Ons leerders neem deel en presteer!

Baie geluk aan al die Jannies wat aan die JanArte Kunstefees deelgeneem het. Ons is baie trots op julle. Instrumentaal: Solo’s Izak Steyn (klavier) Goud+ Emma-Jane Wilke (viool) Goud+ Joan van Vreden (saksofoon) Goud Matthias Barkhuizen (klarinet) Goud+ Aiden Cronje (klarinet) Goud Olivia Blackmore (saksofoon) Silwer Henry Jordaan (tjello) Diploma Louis Hofmeyer (klavier) Goud+ Pierre du Toit (klavier) Diploma | Diploma | Diploma Antjie Samuel (klavier) Diploma | Diploma Anna Leach (viool) Goud+ Peter More (viool) Goud | Goud+ Frannie Samuel (klavier) Diploma | Diploma Ella van der Walt (klavier) Goud+ | Diploma Hanna Thom (klavier) Goud+ | Goud+ Natalie Lawson (klavier) Silwer Lukas Venter (klavier) Diploma Jacob Venter (viool) Silwer Elsie Janse van Rensburg (klavier) Goud+ Michaela Lawson (klavier) Goud Olivia Blackmore (klavier) Goud Natalie Lawson (saksofoon) Goud Lukas Venter (saksofoon) Goud+ Deon de Kock (saksofoon) Diploma Micah Nikiforos (saksofoon) Goud+ Jamie Jordaan (klarinet) Goud+ Benjie Ntloko (klarinet) Diploma Ben Ward (trom) Goud+ Jack Theron (trom) Diploma | Diploma Dane Botha (elektriese kitaar) Diploma Alexander Styan (elektriese kitaar) Diploma Pieter Rademeyer (elektriese kitaar) Diploma Instrumentaal: Ensembles Jacques du Toit en Luka Lonte (klavierduet) Goud+ Olivia Blackmore en Joan van Vreden (saksofoonduet) Goud Bentjie Ntloko, Aiden Cronje, Matthias Barkhuizen (klarinettrio) Goud+ Natalie Lawson, Lukas Venter, Micah Nikiforos (saksofoontrio) Diploma Coreen Scholtz, Jacob Venter, Anna Leach (viooltrio) Goud Houtblaasensemble Diploma Dané Walker, Jenna Erasmus, Jamie Jordaan, Benjie Ntloko, Lukas van...

Lees Verder

Geagte Ouers / Voogde – 14 Augustus 2026

Ek hoop en vertrou dat julle ook die afgelope langnaweek terdeë saam met jul gesinne, familie en/of vriende geniet het. Verlede Vrydag, 07 Augustus, het agt van ons Jannies vir die eerste keer aan die ‘World Robot Olympiad’ te Curro Durbanville deelgeneem. Daar was 18 spanne in hul kategorie ingeskryf en graag wil ons die onderstaande spanne hartlik gelukwens met hul deelname en prestasie: Span 1: Kohl Kushner, Rafa Lamprecht en Liam du Plessis – baie geluk met die puik algemene 2de plek en silwermedalje! Span 2: Maia du Toit, Bella Malan en Leah Jacobzs. Span 3: Gert van der Linde en Samuel Smit. Ons is ongelooflik trots op al ons Robotika-leerders en graag wil ek van die geleentheid gebruik maak om juf. Suné hartlik geluk te wens met alles wat sy in terme van kodering en robotika by ons skool alreeds in ’n kort tydjie vermag het. Op Dinsdag, 11 Augustus, is die saalboodskap deur ons 2026 Hoofdogter en Hoofseun, Mila Malan en Dane Botha, gelewer. Dit was ook hul eerste amptelike optrede as die nuwe hoofseun en -dogter en het hulle hul puik van hul taak gekwyt. Hul inspirerende boodskap het gehandel oor die belangrikheid van spanwerk in die skoolomgewing en hoe ons as leerders en personeel mekaar te alle tye moet ondersteun en help deur dik en dun, maak nie saak hoe moeilik dit partykeer is...

Lees Verder

JanArte Eisteddfod: Visuele Kunste

Baie geluk aan die volgende leerders met hulle uitstekende uitslae by Hoërskool Jan van Riebeeck se kunstefees.  Graad 1-3  Eben Janse van Rensburg — DIP (Diploma)  Lina Munday — DIP (Diploma)  Minkie Rosslee — G (Goud)  Graad 4-5  Elisa van den Berg — DIP, G+ (Goud Plus)  Hanna Louw — G (Goud)  Henry Jordaan — G (Goud)  Kitty Partner — G+ (Goud Plus)  Louis Hofmeyer — DIP (Diploma)  Neill Ferreira — DIP (Diploma)  Sienna Kruger — G (Goud)  Graad 6-7  Anna Rabie — G+ (Goud Plus)  Anya Martiz — DIP (Diploma)  Ben Ward — G (Goud)  Cato Terblanche — G (Goud)  Chris Hoffman — G (Goud)  Coreen Scholtz — G (Goud)  Coreen Scholtz — G+ (Goud Plus)  Dane Walker — DIP (Diploma)  Ella van der Walt — G (Goud)  Ghia Pereira — S (Silwer)  Heleen de Kock — S (Silwer)  Jamie Jordaan — G+ (Goud Plus)  Jamie Jordaan — G+ (Goud Plus)  Jana Nel — S (Silwer)  Karl von Lieres — G (Goud)  Karla Louw — G (Goud)  Klara Jansen van Vuuren — S (Silwer)  Mia Loubscher — S (Silwer)  Mila Malan — G+ (Goud Plus)  Morgan Smit — G (Goud)  Nina Burger — S (Silwer)  Nina Ferreira — G (Goud)  Peet Swart — S (Silwer)  Peter More — G (Goud)  Peter More — S (Silwer)  Quinn du Toit — S (Silwer)  Sophia Jooste — S (Silwer)  Opsomming  DIP (Diploma): 7  G+ (Goud Plus): 7  G (Goud): 16  S...

Lees Verder

Onderwyseresse op kraamverlof

Soos baie van ons ouers weet, is ons Jannie-gemeenskap besig om te groei…  daar is tans ‘n hele paar van ons onderwyseresse swanger! Dit ‘n baie opwindende tyd om ‘n nuwe baba in jou gesin te verwelkom en ons is saam met hulle dankbaar vir die groot seën.  Hiermee dan ‘n lys van onderwysers wie binnekort op kraamverlof gaan en die planne wat ons of reeds gemaak het, of besig is om te maak, om hulle af te los: Juffrou Magdhelé Jansen (Gr 2-intern) gaan in September op kraamverlof en juffrou Cheree Roelofse los in haar plek af. Juffrou Michelle Compion (Gr 3-onderwyseres) gaan in Oktober op kraamverlof en juffrou Herculine Becker (huidige graad 1-intern) los tot die einde van die jaar in haar klas, af.  Ons het volle vetroue in juffrou Becker en wens haar sterkte toe. Juffrou Becker verlaat ons ongelukkig aan die einde van die jaar wanneer sy trou en Namibië toe trek, so ons soek nog iemand vir die eerste paar weke van die nuwe jaar.  Sodra ons weet wie ons volgende jaar vir die eerste paar weke in graad 3 gaan help, sal ons dit aan ouers kommunikeer. Juffrou Marianne Conradie (Gr 4-onderwyseres) gaan in November op kraamverlof.  Juffrou Charlene van Rooyen, wie hierdie jaar formeel aftree by ons skool, gaan ons tydelik uithelp volgende jaar en in juffrou Conradie se plek instaan.  Ons...

Lees Verder

Skaak: Topskole uitdunne

Die o.9, o.11 en o.13 spanne het die afgelope naweek te Laerskool Surrey aan die Skaak Topskole uitdunne deelgeneem.    Die o.9 en o.11 spanne het goue medaljes en kampioenbekers verwerf. Hulle gaan deur na die volgende rondte waar die beste span van elke streek kompeteer. Die o.13 span het ‘n 4de plek behaal uit die 140 skole in die groep wat die geleentheid kry om aan Topskole deel te neem. Die volgende rondte is waar die streke kompeteer.    Dit was ook fantasties om te sien hoe die Hoërskoolspelers ons leerders kom bemoedig en saam met hulle skaak speel. Jan Karsten het geblinddoek teen Daniel Lawson gespeel, wat regtig indrukwekkend was om te...

Lees Verder

SAMF Wiskunde-olimpiade

Baie geluk aan die volgende leerders wat sertifikate ontvang vir die tweede rondte van SAMF Wiskunde-olimpiade (AMESA)! Leerders sal hul sertifikate ontvang sodra die skool dit ontvang. Baie geluk aan Jamie Jordaan en Reuben Janse van Rensburg, in graad 7, wat kwalifiseer om 10 September aan die finale rondte deel te neem. Meer inligting sal nader aan die tyd gedeel word. Ons is baie trots op hierdie leerders! 😊 Gr.4 Alexander Styan – Silver Anya Greef – Brons Wrench Silvis – Brons   Gr.5 Nina Ferreira – Brons Henry Jordaan – Brons Jasper Wolff – Brons Luc Durand – Brons   Gr.6 Antjie Samuel – Silver Lukas Venter – Silver Dirk de Jager – Brons Stef Nel – Brons Jacob Venter – Brons   Gr.7 Jamie Jordaan – Goud Reuben Janse Van Rensburg – Goud Chris Derksen – Silver Ella van der Walt – Brons Anya Maritz –...

Lees Verder

Skoolkonsert: Kaartjieverkope nou oop!

Die wagtyd is verby! Kaartjies vir ons 2026-skoolkonsert is nou beskikbaar. Ouers word aangemoedig om hul kaartjies vroegtydig te bespreek om teleurstelling te voorkom. Skoolkonsert – 14, 15 en 16 September: https://jvr.info/konsert2026 GALA-aand Skoolkonsert – 17 September: https://jvr.info/konsertgal2026 Ons sien daarna uit om saam met ons Jannie-gemeenskap ’n onvergeetlike konsert te beleef!...

Lees Verder

Die Suidooster: Bly op hoogte van alles wat by die skool gebeur!

Ons skool se kreatiewe platforms het onlangs bietjie verander. In die verlede het ons elke kwartaal ‘n gedrukte koerant uitgegee en ons foto’s op Die Kiek gedeel. Nou is alles op een plek! Die Suidooster is ons skoolblog waar ons gereeld foto’s, video’s en artikels plaas wat ‘n samevatting gee van alles wat by die skool gebeur. Behalwe nuus vanuit die skool, kry leerders ook die geleentheid om hul eie artikels te skryf en te deel. Só kan jy maklik op hoogte bly van die nuutste nuus, prestasies en gebeure. 👉 Kliek hier om Die Suidooster te besoek: Die Suidooster – Ls Jan van...

Lees Verder