Skrywer: Megan Zondagh

Boekverkope – 19 & 20 Augustus 2026

Exclusive Books bring hul boekverkope na ons skool op 19 en 20 Augustus! ✨ Boeke beskikbaar vanaf slegs R50 – daar is iets vir elke jong leser. Moenie hierdie geleentheid misloop om jou boekrak uit te brei en ‘n nuwe gunstelingboek te ontdek nie. 🗓️ Teken 19 en 20 Augustus nou op jou kalender...

Lees Verder

JvR skitter by Sun City Tennistoernooi

Van 19–24 Julie het ons 1ste Tennisspan (seuns en dogters) die voorreg gehad om aan die gesogte Sun City Tennistoernooi deel te neem. Altesaam 18 van Suid-Afrika se voorste skole (17 dogters- en 18 seunsspanne) het in die dogters- en seunsafdelings meegeding, wat vir ons spelers die geleentheid gebied het om hul vaardighede teen die bestes te toets. Gedurende die week het ons spelers elke dag wedstryde teen sterk skole soos Courtrai, Trinity House, Hennops, Elarduspark en Randhart gespeel. Elke wedstryd het nuwe uitdagings gebied en waardevolle ervaring opgelewer. Ons spelers het hulself met trots gemeet aan van die sterkste tennisskole in die land. Ons is ongelooflik trots op ons uitslae: Meisies: 3de plek Seuns: 6de plek Hierdie uitslae weerspieël nie net talent nie, maar ook ure se oefening, deursettingsvermoë en spanwerk. Ons spelers het met trots die JvR-klere gedra en uitstekende sportmangees op en langs die baan getoon. ‘n Hartlike dankie aan ons afrigters, ouers en ondersteuners wat hierdie toer moontlik gemaak het. Julle aanmoediging, ondersteuning en opoffering het ‘n groot bydrae gelewer tot die sukses van ons spelers. Baie geluk aan elke speler wat Laerskool Jan van Riebeeck met trots verteenwoordig het. Julle prestasies is ‘n bewys dat sukses nie net gemeet word aan die finale uitslag nie, maar ook aan die karakter, dissipline en vasberadenheid wat julle deur die week uitgeleef het. Die hele JvR-gemeenskap is ongelooflik trots op...

Lees Verder

Geagte Ouers / Voogde – 31 Julie 2026

Die kwartaal het skaars afgeskop en die eerste twee weke is agter die rug. Graag spog ek met ons o.13A-tennisspanne (seuns en dogters) wat vanaf 20 – 24 Junie aan die prestige Sun City-tennistoernooi deelgeneem het. Ons dogterspan het vanjaar hul titel gaan verdedig en hul baie goed van hul taak gekwyt deur bronsmedaljes te verower. Ons seuns het ook gewys dat hulle nie onderskat moet word nie deur ‘n sesde plek te behaal. Daar het vanjaar 18 seuns- en 17 dogterspanne aan die prestige-tennistoernooi deelgeneem en ek glo dat julle sal saam stem dat dit merkwaardig is dat ons as ‘n ‘klein skooltjie’ op nasionale vlak teen heelwat groter skole kompeterend kan wees. Baie geluk aan ons dogters en seuns wat ons so trots gemaak het en in die proses het hulle ook as ware ambassadeurs vir ons skool by Sun City opgetree. Baie dankie aan juf. Suné en mnr. Rashard wat onderskeidelik die dogter- en seunspanne suksesvol bestuur en vergesel het. Laat my ook toe om Yurich Daniels (buite-tennisafrigter) hartlik te bedank vir sy instrumentele rol oor die afgelope klompie jare om tennis by ons skool te ontwikkel. Baie dankie ook aan al ons ouers wat die ouerafsprake op 27 en 28 Julie by jul kind(ers) se onderskeie onderwysers bygewoon het. Baie dankie dat julle tyd gemaak het om die akademiese vordering van jou kind(ers) met hul...

Lees Verder

Opwip Koffiewinkel en Tweedehandse Winkel by Monte Rosa

Op Vrydag, 21 Augustus 2026, bied Monte Rosa ‘n Opwip Koffiewinkel en Tweedehandse Winkel aan. Hierdie spesiale geleentheid het ten doel om fondse in te samel ter ondersteuning van die waardevolle werk wat by Monte Rosa gedoen word. Dit bied ook ‘n wonderlike geleentheid om as gemeenskap saam te kuier, nuwe verhoudings te bou en meer bewus te raak van die verskil wat Monte Rosa in soveel mense se lewens maak. Kom geniet ‘n lekker koppie koffie, loer deur die tweedehandse items en ondersteun ‘n besonderse saak. Julle ondersteuning sal opreg waardeer...

Lees Verder

BASJAN Ondersteunerskussing op UITVERKOPING!

Moenie die geleentheid misloop nie! Kry jou BASJAN Ondersteunerskussing nou teen die spesiale uitverkopingsprys van slegs R220. Perfek vir die pawiljoen, sportveld of enige plek waar jy ons Jannies kom ondersteun. 💙 Slegs R220 🏉 Koop nou voor die naweek se groot sport! ⚠️ Beperkte voorraad beskikbaar – wees vinnig! 🛒 BESTEL...

Lees Verder

Fondsinsameling vir ons Terreinwerkers

Dit is met gemengde gevoelens dat ons aankondig dat vier van ons geliefde terreinwerkers, aan die einde van die jaar, by ons skool klaarmaak. Christopher, Elliam, Matthews en Patrick gaan, wanneer die skool vir Desember-vakansie sluit, terugkeer huis toe.  Hulle is almal al meer as 16 jaar lank by die skool en is in murg-en-been Jan van Riebeeckers.  Hulle is vir ons ontsettend kosbaar en het daagliks gehelp om ons skool veilig en skoon te hou.  Hulle was en is altyd bereid om die spreekwoordelike ekstra myl te loop om te verseker dat alles wat ons aanpak, hetsy dit akademiese verryking, kultuurgeleenthede, sportdae of sosiale funksies is, vlot verloop.    Hierdie vier terreinwerkers het hulself daagliks by die hartklop en ritme van ons skool ingeleef en het met toewyding die skoolgemeenskap gedien. Hulle is geliefd onder leerders, personeel, ouers en selfs mense wie om en naby die skool woon en werk. Ons is hulle oneindig dankbaar vir alles wat hulle vir die skool gedoen en beteken het. Ons gaan hulle baie mis.    Gedurende hulle tyd by die skool het hulle hard gewerk om hul families op verskeie maniere te ondersteun. Elkeen het al vir hulself ‘n huis tuis gebou en maak vir ‘n geruime tyd planne om te kan hervestig en herenig met hul families. Die tyd het nou aangebreek waar dit sin maak om die volgende stap...

Lees Verder

Geagte Ouers / Voogde – 24 Julie 2026

Dit is my groot voorreg om ons leerders, ouers/voogde en personeel die week hartlik terug by die skool na ’n welverdiende wintervakansie te verwelkom. Ek glo dat almal die drie weke van lekker rus behoorlik gebruik het om die spreekwoordelike battery sommer ten volle te herlaai en dat julle slaggereed is vir nog ’n besige kwartaal propvol opwindende aktiwiteite. Daar is verder heelwat sport- en kultuurgeleenthede (Konsert & Eisteddfod) om na uit te sien, veral die jaarlikse interskole wat vanjaar vir die eerste keer teen Laerskool Welgemoed vanaf 15 tot 16 Augustus tuis plaasvind, asook die tweejaarlikse konsert vanaf 14–17 September.   Die Suid-Kaap-sporttoer wat vanaf 22–26 Junie 2026 plaasgevind het, was weereens ’n reuse sukses en die Gr. 6- & 7-leerders wat die toer meegemaak het, praat nog steeds met lof oor die wonderlike ervaring, veral om teen ander skole buite ons onmiddellike area te speel, asook die interessante besienswaardighede wat hulle besoek het. Ons het vanjaar weer eens nie toegelaat dat die leerders hulle selfone saam op toer neem nie. Hulle het dus saans na die sportwedstryde bordspeletjies gespeel en lekker met mekaar gesels. Dit is juis die samesyn, sosialisering en kameraadskap wat die leerders vir ’n baie lang tyd gaan onthou en koester. Weer eens baie dankie aan die personeel (mnre. Leon, André, Keenen en juff. Ischké, Shahneé, Sharon, Suné en afrigter Patrick) wat die leerders...

Lees Verder

Sangafdeling van die Kaapse Afrikaanse Eisteddfod

Ons wens die volgende leerders hartelik geluk met hul uitstekende prestasies by die Kaapse Afrikaanse Eisteddfod wat in Mei plaasgevind het:   Hoogste Lof   Alida Loubser Pieter Rademeyer x3 Christina du Toit Coreen Scholtz x3 Antjie Samuel x3   Lof   Alida Loubser Kitty Partner Dirkie van Eeden Noa Rademan   Ons wens ook vir Coreen Scholtz (Sang, Graad 6) en Pieter Rademeyer (Sang, Graad 7 en Afrikaanse Lirieke) baie geluk met die toekenning van onderskeidelik een en twee silwer medaljes vir hul puik...

Lees Verder

2025 Prysuitdeling Trofees Terugbring

Ons herinner graag alle ouers wie se kinders tydens die 2025 Prysuitdeling ‘n trofee ontvang het, om die trofee teen 31 Augustus 2026 na juf. Marecia terug te stuur. Neem asseblief kennis dat dit die ouers se verantwoordelikheid is om die leerder se naam op die trofee se plaatjie te laat graveer voordat dit teruggestuur word. Baie dankie vir die samewerking om te verseker dat die trofees betyds is vir vanjaar se...

Lees Verder

Aiyana presteer in Akrobatiese Solo-dans

Aiyana Alfredo (Gr.7M) het op 27 Junie die Wes-Kaap verteenwoordig by die Akrobatiese Solo-dans Sport Assosiasie se Nasionale Kampioenskappe in Johannesburg.  Sy het ’n telling van 8.85 uit 10 vir haar vertoning behaal, ons wens haar geluk en is baie trots op haar...

Lees Verder