Goeie nuus! Die katoen-uniformreplikas is nou weer beskikbaar om direk deur die skool op Karri te bestel.
Bestellings sluit op Woensdag, 28 Oktober 2026.
Katoenbestellings word slegs twee keer per jaar geplaas – in Oktober (voor die nuwe jaar se somerkwartale) en Februarie (voor die winterkwartale). Bestel dus asseblief genoeg om tot die volgende bestelgeleentheid te hou.
Belangrike inligting:
-
Beskikbare items: Kortmou-gholfhemde en kortbroeke. Langmou-gholfhemde sal in Februarie, voor die winterkwartale, bestel kan word.
-
Aanpas is noodsaaklik: Leerders moet die klere vooraf aanpas, aangesien die groottes van Jan Kas se gewone uniforms verskil.
-
Aanpasmonsters: Beskikbaar by Jan Kas gedurende hul gewone openingsure: https://laerskooljanvanriebeeck.co.za/category/klerebank/
-
GEEN omruilings of terugsendings: Die klere word spesifiek volgens die bestellings vervaardig.
Vir enige navrae, kontak asseblief vir Lian Lombard by 0799339925