Soos almal weet, kom van ons geliefde terreinwerkers, naamlik Christopher, Elliam, Matthews en Patrick, se werkskontrakte binnekort tot ’n einde. Hulle laaste dag by die skool is Vrydag, 6 November 2026. Let asseblief op dat ons personeel ’n spesiale afskeidsfunksie vir hulle daardie middag hou en dat die skool gevolglik vroeër verdaag. Die skool sal om 13:00 vir graad 1–3 en om 13:15 vir graad 4–7 verdaag.

Laaste kans om ‘n donasie te maak

Hierdie vier werkers het hulself daagliks by die hartklop en ritme van ons skool ingeleef en het met toewyding die skoolgemeenskap gedien. Ons is hartseer om hulle totsiens te heet en is rêrig baie dankbaar vir alles wat hulle vir die skool gedoen en beteken het. Hoewel daar reeds ’n geleentheid vir ouers was om ’n vrywillige donasie tot hul hervestigingskoste te maak, het van ons ouers die Karri-insameling gemis. Ons gaan dus ’n tweede Karri-insameling oopmaak vir ouers vir wie die saak na aan die hart lê en wat nog graag ’n geleentheid wil hê om ’n bydrae te lewer. Hierdie Karri-insameling sal vanaf 23 Oktober tot 2 November 2026 oop wees.