Bella Malan het op 27 September tydens die skoolvakansie aan die SA Gimnastiekkampioenskappe deelgeneem en uitstekend gevaar.
Sy het in haar groep onder die top 10 op die sprong (vault) geëindig met ’n telling van 8,75. Hoewel sy nie uiteindelik ’n plek onder die algehele top 10 kon behaal nie, is dit steeds ’n besondere prestasie op nasionale vlak.
Baie geluk, Bella! Ons is ongelooflik trots op jou!
