Skrywer: Megan Zondagh

Skaakuitslae van 25-28 Augustus

Op Dinsdag, 25 Augustus, het ons skaakspanne teen Courtrai meegeding. Ons leerders het goed gevaar en die volgende uitslae behaal: o.9 A-span: Wen 5½–½ o.9 B-span: Wen 4–2 o.11 A-span: Verloor 2–4 o.11 B-span: Wen 5–1 o.13 A-span: Gelykop 3–3 o.13 B-span: Gelykop 3–3 Die o.11- en o.13-spanne het teen Courtrai se gekombineerde A- en B-spanne meegeding. Interskole teen Welgemoed Op Vrydag, 28 Augustus, het ons skaakspanne tydens Interskole teen Welgemoed meegeding. Die o.9 span het uitstekend gevaar met ’n indrukwekkende 7–0 oorwinning. o.9: Wen 7–0 o.11: Verloor ½–6½ o.13: Verloor ½–6½ Baie geluk aan al ons Jannies wat met trots en goeie sportmangees aan die wedstryde deelgeneem het!...

Lees Verder

Geagte Ouers / Voogde – 04 September 2026

Die seisoene is besig om te draai en Septembermaand het die afgelope week haar welkome verskyning gemaak. Dit beteken ook dat daar meer sonnige dae na die lang winter op pad is. Die lentegeure van vars bloeisel is alreeds in die lug. Die lente is ‘n ontwakende seisoen en vir my is dit wonderlik om te sien hoe mense, diere en insekte die ontploffing van lentegeure aangryp om die koue van winter af te skud – almal is meer vrolik! Ek weet ook dat Moeder Natuur beslis nie haastig is om die lenteseisoen en warmer dae sonder enige teenstand aan die Moederstad te oorhandig nie. Lentedag word tradisioneel oral in Suid-Afrika op 01 September gevier, maar hier in die Moederstad kan die permanente lenteweer ons heel moontlik op ‘n latere stadium beskore wees. Ek weet dat ons almal sonnige dae sal verwelkom, maar Kaapstad en omgewing soek beslis nog reënweer aangesien ‘n groen droogte veral die Swartland en Overberg in die gesig staar. Ons leerders het vrolik gelyk met hul lentedrag en dit het beslis almal se dag opgehelder. Baie geluk aan die tweeling Hannah en Sarah in Graad 4 wat op 01 September verjaar het met die mooiste blommerangskikkingkolwyntjie. Ek was bevoorreg om een van die ‘kunswerke’ te ontvang. Die afgelope naweek het ons ook amptelik van ons wintersportseisoen met ‘n interskole-naweek tuis teen Laerskool Welgemoed op ‘n...

Lees Verder

Jamie Jordaan presteer by die Horizon-wiskundekompetisie

Jamie Jordaan het ’n ongelooflike vierde plek tydens vanjaar se Horizon-wiskundekompetisie behaal. Die kompetisie vind in die Wes-Kaap, Gauteng en KwaZulu-Natal plaas, met meer as 100 000 leerders wat daaraan deelneem. In die Wes-Kaap het 281 skole vir die kompetisie ingeskryf, met net meer as 27 000 leerders wat deelgeneem het. Dit maak Jamie se prestasie des te meer merkwaardig. Jamie, baie geluk! Ons is uiters trots op jou puik...

Lees Verder

Geagte Ouers / Voogde – 28 Augustus 2026

Die Interskole-koors loop behoorlik hoog en ons as personeel is saam met die leerders baie opgewonde om vanjaar vir die eerste keer Interskole teen Laerskool Welgemoed tuis aan te bied. Sien gerus ons spesiale Interskole-video wat die personeel saamgestel het. Graag wil ek Laerskool Welgemoed, hul skoolhoof, mnr. Johan Engelbrecht, personeel, afrigters, leerders en ouers hartlik in die Moederstad verwelkom. Hierdie is beslis vir beide uitnemende skole ’n spesiale geleentheid om met mekaar sake uit te spook. Geniet en vier saam met ons ’n genotvolle Interskole waar goeie spel en sportmangees op die onderskeie moet seevier. Ons vang die afgelope week behoorlik gees en ons leerders het saam met hul ouers baie moeite gedoen om daagliks volgens die volgende ‘gees-temas’ aan te trek: Dinsdag, 25 Augustus: Dra van ’n pruik of kopstuk met skoolklere. Woensdag, 26 Augustus: Trek aan soos ‘n gewonde Blessie. Donderdag, 27 Augustus:  Wees ‘n BRUL-JANt ‘’Look-alike’’. Groot was die opwinding op Woensdagmiddag, 26 Augustus, toe die Interskole amptelik met ’n kodering- en robotika-uitdaging afgeskop het. Dit was ook ’n eerste vir beide skole en bied nie-sportleerders onder andere ook ’n geleentheid om aan Interskole deel te neem deur van spanwerk, probleemoplossing en kritiese denke gebruik te maak. Heelwat ouers van beide skole het die opwindende geleentheid bygewoon. Die Jannies was eenvoudig net te sterk vir Welgemoed se koderings- en robotikaspan en het met die louere...

Lees Verder

Interskole Geesweek: 25–28 Augustus 2026

Volgende week hou ons Geesweek ter voorbereiding vir Interskole! Leerders mag volgens die daaglikse temas aantrek en hul Jannie-gees behoorlik wys. Neem asseblief kennis dat leerders Maandag en Vrydag hul gewone skooldrag moet dra. Daar sal elke dag ’n prys wees vir die beste Grondslagfase- en Intersenfase-leerder. Bring hope gees saam en kom ons maak hierdie Interskole een om te onthou!...

Lees Verder

Snoepie: Kosbestellings via Karri

Neem asseblief kennis dat alle snoepie-kosbestellings voortaan slegs deur die Karri-toep geplaas moet word. Om die bestelproses glad en doeltreffend te laat verloop, sal geen laat bestellings of versoeke meer aanvaar word nie. Onthou ook dat geen kos die snoepie mag verlaat voordat dit betaal is nie. Leerders wat op die dag self ‘n broodjie wil koop, is welkom om dit met kontant of ‘n bankkaart by die snoepie te betaal. Indien jy probleme met bestellings op Karri ervaar, kontak vir Megan op WhatsApp by  082 794 8430. Dankie vir u...

Lees Verder