Noa Rademan en Lizzy Snyders van Ignite Gymnastics Club het op 26 Oktober 2026 die Wes-Kaap by die Nasionale Gimnastiekkampioenskappe verteenwoordig.
Uit 115 gimnaste het albei uitstekend gevaar en plekke onder die top 10 behaal. Noa het ’n indrukwekkende 8ste plek in Suid-Afrika op die balk behaal, terwyl Lizzy 10de in Suid-Afrika op die sprong geëindig het. Albei meisies het ook in die boonste helfte van die Vlak 4, 11-jaar-kategorie geëindig.
Baie geluk, Noa en Lizzy, met hierdie besondere prestasie. Ons is baie trots op julle!
