Skrywer: Megan Zondagh

Musiek-ouervergaderings: Kwartaal 2

Die Musiekdepartment wil graag ‘n geleentheid skep vir ouers/voogde om hul kind(ers) se musiekonderwyser/s te ontmoet. Ons wil hierdie tyd gebruik om te gesels oor jou kind se musieklesse en om ook te luister na wat julle graag met ons wil deel. Algemene kwessies soos musiekeksamens, eisteddfods, lestye, oefenroetines, en algemene vordering en verwagtinge, is van die belangrike punte wat ons graag wil bespreek. Ons nooi daarom alle musiekouers uit om enige van jou kind(ers) se musieklesse gedurende Kwartaal 2 by te woon. Kontak asseblief die betrokke musiekonderwyser om die spesifieke lestyd en -datum, wat jóu die beste pas, te bevestig sodat die nodige voorbereiding vir die ontmoeting getref kan word. Die tydsgleuf vir ‘n musiekles is 30 minute, alhoewel ‘n afspraak nie noodwendig die volle tydsduur hoef te beloop nie. Ons sien baie uit daarna om ouers in die musiekdepartement te verwelkom en hoop om almal deur die loop van Kwartaal 2 hier te sien. Ek lys die musiekonderwysers se kontakbesonderhede: Rolene van Zyl rolene@jvrprim.co.za Ben Reynecke ben@jvrprim.co.za Larah Eksteen info@larah.co.za Shannon Cook shannonsjb@gmail.com Paul Richard paulrichard07041986@gmail.com Brent January brentjanuary1305@gmail.com Estelle Slabber eeslabber@gmail.com Helecia Groenewald helecia@gmail.com Pieter Bezuidenhout bezuidenhoutpl@gmail.com Lily van der Merwe...

Lees Verder

Jannies neem deel – Interprovinsiale Toernooi vir Aksienetbal

Anouk en Stella het tydens die vakansie lekker deelgeneem aan die 2025 Interprovinsiale Toernooi vir aksienetbal. Daar was 12 spanne. Anouk het vir die o.12B-span gespeel, wat 4de geëindig het, en Stella vir die o.13A-span, wat 9de geëindig het. Die toernooi het oor vyf dae gestrek, en die meisies het die Western Cape Coastal-distrik verteenwoordig. Daar was ook ’n paar oud-Jannies in die o.14A-span: Emma Snijders en Karu Rademeyer, wat 1ste geëindig het, en Jana Oosthuizen en Hila Herzog in die o.14B-span, wat 3de geëindig...

Lees Verder

Wêreldboekedagkompetisie – Woensdag, 23 April 2025

Beste Ouers, Ons is opgewonde om Wêreldboekedag op Woensdag, 23 April 2025 te vier! Ter viering gaan ons ’n prettige kompetisie hou waar leerders uitgenooi word om skool toe te kom in die uitrusting van hul gunstelingboekkarakter.   Daar sal ’n prys in elke graad wees vir die leerder met die mees kreatiewe uitrusting, so ons moedig almal aan om hul verbeelding te gebruik en pret te hê! Ons sien uit daarna om al die wonderlike karakters op die dag te sien. Vriendelike groete, Juf Marecia...

Lees Verder

Ouer-Kind Oranjerivier Extravaganza – 2026

Die jaarlikse Ouer-Kind Oranjerivier Extravaganza was weereens ‘n reuse sukses. ‘n Groep van 80 sterk JVR-Jannies en ouers het die vierdag-toer met groot entoesiasme aangedurf. As julle hou van kamp en saam met jou kind ’n onvergeetlike avontuur wil aanpak, dan daag ek die Graad 6-ouers van 2024 uit om die datum vir volgende jaar reeds in die dagboek te plaas: 26 – 31 Maart 2026. Let wel dat hierdie jaarlikse toer direk met Felix Unite in Namibië deur die Jannie-ouers gereël word. Ek stel voor dat iemand wat reeds roomys langs die rivier geëet het in vorige jare, die huidige Graad 6-span verteenwoordig vir ’n paar reëlings. Ons deel graag ons ondervinding van hierdie en vorige jare, en ek sal sekerlik weer rasieleier wees vir die 2030-Graad 7’s! As jy jou hand wil opsteek vir volgende jaar se reëlings, kontak my gerus. Rudi Barnard (rudi.barnard@gmail.com / +27 72 555...

Lees Verder

Oud-Jannie kry SA-klere

Graag gee ons erkenning aan een van ons oud-Jannes, naamlik Christiaan Boshoff, wat onlangs sy SA-klere vir “bass”-hengel verwerf het. Die kompetisie het in Witbank onder gure weersomstandighede plaasgevind. Christiaan is tans ‘n matriekleerling by Paul Roos Gimnasium, en ons is saam met sy ouers, Louis en Esna, baie trots op sy merkwaardige...

Lees Verder

Geagte Ouers / Voogde – 11 April 2025

Hiermee ‘n hartlike welkom terug by die skool. Ek glo dat almal die kort, maar welverdiende ruskansie terdeë geniet het en kosbare tyd saam met familie en vriende spandeer het. Ek is baie dankbaar dat almal veilig terug is na die vakansie, veral die gr.7’s en hul ouers/voogde wat aan die jaarlikse Oranjeriviertoer deelgeneem het. Baie dankie aan Rudi Barnard en Louis Boshoff wat aan stuur van die suksesvolle roeiroete gestaan het. Die jaarlikse Ouer/Kind-Oranjerivier Extravaganza was weereens ‘n reuse sukses. ‘n Gemotiveerde JvR-groep (Jannies en hul ouers) wat uit 80 lede bestaan het die 4-dagtoer met groot entoesiasme aangedurf. Sommige van die leerders het maar liggeloop vir die “Entrance Exam” en soos altyd, het die “Sjambok” sy pond vleis geëis met menige kano’s wat sonder ‘n kaptein of ‘enjin’ die stroomversnelling uitgedaag het. Graad 6-leerders en hul ouers maak gerus ‘n plan om volgende jaar aan die onvergeetlike avontuur deel te neem. Die skool het skaars begin en soos ‘n goed ge-oliede masjien is ons skoolaktiwiteite sommer vanaf dag 1 weer goed opdreef met die akademie, wintersport buitemuurse program, musiekklasse en kooroefeninge wat op dag 1 van die nuwe kwartaal met baie opwinding afgeskop het. Sportwedstryde vir rugby, netbal en hokkie skop ook die week af en ons leerders is baie opgewonde om aan wintersportwedstryde deel te neem. April 2025 met al die openbare vakansiedae bied nogal ‘n...

Lees Verder

Studiekursus: Kwartaal 2, 2025

Die studie-ontwikkeling bestaan uit die volgende: 1. Beplanning en doelwitte 2. Leestegnieke 3. Luister om te konsentreer 4. Leer tydens klastyd 5. Verskillende opsommingstegnieke 6. Oefening van tegnieke Die kursus word gratis deur Marietjie de Kock in die Zen Den aangebied. Die kursus begin die 14de April en eindig die week van die 2de Junie. In elke graad is 2 groepe om die leerders wat by verskillende sport betrokke is, te akkommodeer. Leerders woon een van die groepe in hulle graad by. Elke groep bestaan uit 8 leerders. Tye is as volg: GRAAD 4 Groep 1 Maandae 15:45 –...

Lees Verder

Geagte Ouers / Voogde – 28 Maart 2025

Die einde van kwartaal 1 het vir my net te vinnig sy opwagting gemaak met elf bedrywige weke agter die rug. Vandag ontvang elke leerder sy/haar rapport om erkenning te ontvang vir hul harde werk en toewyding die afgelope kwartaal. Ek het elke rapport geteken en so ‘n kort persoonlike boodskappie vir elke leerder geskryf om hul toegewydheid te onderskryf. As skoolhoof kyk ek met trots terug na al die opwindende en suksesvolle aktiwiteite wat gedurende die afgelope kwartaal plaasgevind het. Graag wil ek die personeel hartlik bedank wat so hard die afgelope kwartaal gewerk het en die beginsel van uitnemendheid in alles wat ons aangepak het, toe te pas. Om suksesvol te wees, beteken nie net om soms hard te werk nie, maar eerder om elke dag te verbeter op die vorige dag. Ons skool is werklik geseënd met ‘n dinamiese personeel met omgee-harte en nie skroom om die ekstra myl te loop nie. Laat my ook toe om die Beheerraad onder leiding van Merwe Scholtz te bedank vir al hul onbaatsugtige werk wat hulle verrig om ons trotse skool na nog hoër hoogtes te lei. Baie dankie ook aan Susan Derksen en die OOV-lede vir hulle leeue-aandeel in al die suksesvolle funksies wat aangebied is. Laaste, maar nie die minste nie, ‘n opregte dank aan ons wonderlike ouers/voogde wat ons week-in en week-uit die afgelope kwartaal so...

Lees Verder

Junior Koor: Belangrike Datums 2025

Beste Ouers, Die junior koor is goed op dreef, en ons het selfs al die voorreg gehad om na hulle te luister tydens ‘n saalbyeenkoms vroeër hierdie jaar. Dit was omtrent ‘n fees om hulle te hoor sing! Ek stuur graag vir julle ‘n opsomming van die junior koor se optredes vir die res van die jaar. Plaas dit asseblief in jul kalenders om enige botsings of teleurstellings te vermy. 4 Augustus Tafelberg Koorfees / Hoërskool Jan van Riebeeck 20-24 Oktober Weskus Koorfees / Laerskool Van Riebeeckstrand 31 Oktober GF Kultuurkonsert / Laerskool Jan van Riebeeck 27 November Laerskool JvR Kerskonsert 30 November NGK Tamboerskloof Kerssangdiens Ek en Ben sien uit na ‘n opwindende jaar vol hoogtepunte saam met die junior koor! Vra gerus indien daar onduidelikheid oor iets is. Ons wil graag help. Vriendelike groete, Rolene en...

Lees Verder

Senior Koor: Belangrike Datums 2025

Beste Ouers, Die senior koor het ‘n bedrywige eerste kwartaal agter die rug, en ek glo julle is net so trots op die leerders se optrede by die Mzanzi Conductor’s Convention soos ons! Dit was ‘n belewenis wat ons nie sommer sal vergeet nie. Die tweede kwartaal is rustig wat optredes betref, en daar sal geen ekstra oefenkampe wees nie. Ons gaan nuwe repertorium aanleer en fokus op vaardigheidsontwikkeling. Ons gewone oefentye bly dieselfde, en ons verwag dat leerders dit asseblief getrou bywoon: Dinsdag: 07h30 – 08h30 Donderdag: 07h45 – 08h45 Ons beplan om met die koor in Augustus na George te toer waar ons sal deelneem aan die Cantamus Koorfees. Daar is kostes aan verbonde, waaroor ek meer detail sal gee sodra die tweede kwartaal begin. Baie van die koorlede is nog jonk, en George is vêr – ons is daarom oop daarvoor om ouers op die toer te verwelkom. Neem asseblief die vakansie om hieroor na te dink, en dan kan ons vroeg in die tweede kwartaal gesprekke rondom die beplande toer voortsit. Hier is ‘n opsomming van die koor se optredes vir die res van die jaar. Plaas dit asseblief in jul kalenders om enige botsings of teleurstellings te vermy. 8 Mei Hoërskool Jan van Riebeeck Reunie Musiekkonsert 4 Augustus Tafelberg Koorfees / Hoërskool Jan van Riebeeck 8-10 Augustus Cantamus Koorfees / George Koortoer 23 September...

Lees Verder

Jannies op RSG te hoor

Hannah en Stella de Stadler was onlangs op RSG te hoor. Hulle is studente van Alma Nel se dramaskool en het onlangs as gasstemme op episodes van Kiskenades verskyn. Hier is die skakels na die potgooie: Saterdag 15 Maart, Episode 153: Hannah verskyn in hierdie episode. Saterdag 22 Maart, Episode 154: Stella verskyn in hierdie episode saam met Pieter en Jamie Jordaan. Welgedaan! Julle maak ons baie...

Lees Verder

Ouerbesoeke: 15 & 22 April 2025

Ouerbesoeke vind op 15 & 22 April vanaf 13:30 – 17:30 plaas. Skeduleer asseblief so gou as moontlik ‘n afspraak met jou kind se onderwyser deur gebruik te maak van die onderstaande skakel: MAAK AFSPRAAK HIER Hoe werk dit? Maak die skakel oop en kies die regte graad Rol af na die kalenderafdeling en kies jou kind se onderwyser by die “select staff” opsie Kies die datum (15/22 April) en die tydsgleuf wat jou die beste pas  Rol af en vul alle nodige besonderhede in Kliek op...

Lees Verder

Jan Kas Tye: Kwartaal 2, 2025

Jan Kas sal weer op Maandag, 7 April oopmaak vir kwartaal 2. Tyd: 9:00 – 11:00 Gewone tye sal dan weer vanaf Dinsdag, 8 April gevolg word: Maandae en Woensdae – 07:00 – 08:00 Dinsdae en Donderdae – 13:30 –...

Lees Verder

Kwartaal 2, Week 1-3: Program

Week 1:  8 April: skool heropen en sport (hokkie) begin   9 April: sport oefen (netbal/rugby)   10 April: sport oefen (hokkie)   11 April: hokkietoernooi   12 April: kaperjolle, redenaars en o.10-netbaltoernooie (Durbanville en Table View)   Week 2: 14 April: sport oefen (o.7 – o.9) en netbalproewe vanaf 14:30 by ons skool. Geen netbaloefening vir o.10-o.13 nie. Rugby oefen.   15 April: Gr. 1 – 7-ouerbesoeke vanaf 13:30 – geen sport nie, skool verdaag vroeg (12:45 en 13:00) *maak ‘n afspraak by die bepaalde onderwyser   16 April:  netbalwedstryde / rugby oefen   17 April: Geen sport nie   18 April: PAASVRYDAG (VAKANSIEDAG)   Week 3: 21 April: GESINSDAG (VAKANSIEDAG)   22 April: Gr. 1 – 7-ouerbesoeke vanaf 13:30 – geen sport nie, skool verdaag vroeg (12:45 en 13:00) *maak ‘n afspraak by die bepaalde...

Lees Verder

Pieter Rademeyer: RSG Stemkunstenaar

Pieter Rademeyer het in Februarie die geleentheid gehad om, as deel van die Alma Nel-drama-ateljee-groep, in die RSG-program, Kiskenades, op te tree. Hy het die rol van ’n avontuurlustige seun in dié episode, wat eersdaags uitgesaai word, gespeel.    Pieter het vandeesweek die goeie nuus ontvang dat RSG nou vir hom ’n permanente kontrak aangebied het om verder as ‘stemkunstenaar’-akteur interessante rolle op dié Afrikaanse radiostasie te vertolk.    Jy maak ons baie trots Pieter. Welgedaan!...

Lees Verder

Geagte Ouers / Voogde – 20 Maart 2025

Ons nader die einde van die tweede laaste week van ’n opwindende kwartaal, met ’n welverdiende langnaweek wat as ’n bonus op ons wag. Môre, Vrydag 21 Maart, vier ons Menseregtedag in Suid-Afrika. Dit is hartseer dat so min mense werklik die betekenis van hierdie belangrike dag besef en dit bloot as nog ’n openbare vakansiedag sien. Hierdie dag is juis ingestel ter nagedagtenis aan ’n tragiese gebeurtenis in ons land se geskiedenis – die gebeure van 21 Maart 1960 in Sharpeville. Duisende swart mense het op daardie dag vreedsaam teen die destydse paswette betoog. Die skare is egter deur die polisie uitmekaar gejaag en 69 mense is noodlottig gewond. Sedert 1994 word hierdie dag jaarliks herdenk om hulde te bring aan die slagoffers en om te verseker dat so ’n tragedie nooit weer in ons land herhaal word nie. Ek glo dat die herdenking van hierdie spesiale dag ’n waardevolle bydrae lewer tot ’n samelewing waarin mense met waardigheid, gelykheid, geregtigheid en vrede kan leef. Die afgelope week was besonder besig met verskeie skoolaktiwiteite. Ek gee graag terugvoering hieroor: Ons het op Donderdag, 13 Maart 2025, ons jaarlikse gholfdag by die Milnerton Gholfklub aangebied. Hierdie unieke “links-tipe” gholfbaan is geleë tussen die Atlantiese Oseaan en die Rietvleirivier. Die baan is relatief plat met min bome, maar bied steeds uitdagings vir die gemiddelde gholfspeler – veral toe die Suidooster...

Lees Verder

Intersen Markdag: 27 Maart 2025

Neem asseblief kennis dat Donderdag, 27 Maart 2025, Markdag is. Dit is Intersen se beurt om te verkoop. Tafels bespreek: ???? Karri sal Donderdag oopmaak wanneer die nuusbrief uitgestuur word, sodat tafels bespreek kan word. ???? Dit kos R20 per tafel. ⏳ Karri sluit Woensdag, 26 Maart 2025. Moet dit nie misloop nie!...

Lees Verder

Kaperjolle 2025: Lekkergoedland skenkings

Om Lekkergoedland so lekker as moontlik te maak, het ons verskillende speelgoed nodig. Ons sal dit so baie waardeer as jy van jou speelgoed kan skenk waarmee jy nie meer speel nie.  Jy kan jou speelgoed by mnr. André Lourens se klas...

Lees Verder